En jy’s my gek…

Helshoogte by Night

Ek is ‘n 23-jarige MA-student wat Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch studeer. My tesis fokus op Afrikaanse blogs. Benewens my ongelooflike vernuf met die elektriese kitaar en my bonatuurlike vermoë om spitsvondighede kwyt te raak, is ek ‘n aangename, down to earth ou wat soms kodewisseling in sy sinne besig. In my vrye tyd skryf ek gedigte en redeneer ek met charismatiese kerkgangers oor die sin van die lewe. By tye trek ek skoene aan. Ek woon in die manskoshuis Helshoogte, skiet films en dink nie meer Jesus was ‘n Eskimo nie.

(Foto: Stephan Marais)