Wederom (“To the batmobile!”)

…0

Dis dalk moeilik om te glo, maar ek neem met ‘n swaar hart afskeid van hierdie blog. Oor meer as twee jaar het dit so deel geraak van my daaglikse roetine dat ek myself nouliks daarsonder kan voorstel. Na meer as vierhonderd inskrywings, oor die vierduisend comments en 86,567 trefslae (min, maar tog so baie) verskuif hierdie blog amptelik na http://www.gormendizer.co.za. As jy dit iewers geboekmerk het, verander asseblief die boekmerk. As jy dit op jou blogroll het, pas dit groot asseblief aan. (As jy reeds via e-pos ingeteken is op hierdie blog, moet jou egter nie bekommer nie – dié funksionaliteit word oor twee dae outomaties aangepas.)

Vir die wat omgee, ‘n bietjie statistiek vanaf my WordPress.com Stats-bladsy:

Blog Stats

Total views: 86,567 Busiest day: 382 — Tuesday, May 27, 2008

Totals

Posts: 430 Comments: 4,914 Categories: 61 Tags: 523

Spam

Akismet has protected your site from 27,668 spam comments.

Ter afsluiting, ‘n spesiale boodskap aan Johan Swarts se bl0g:

Bra, daar is seker nie veel meer om te sê nie, maar: ek gaan jou mis. Soos die kitare in my skooljare was jy vir my ‘n bron van inspirasie sowel as prokrastinasie (daai, terloops, was ons laaste nuutskepping). Ek gaan die manier hoe jy soms ‘n stukkie van my ego was, mis. Dankie vir die vriendskapsbande wat ek via jou kon smee, die gedagtes wat ek op jou kon skryf, die debatte wat ek op jou kon voer en die lesse wat ek deur jou kon leer. Sluimer goed, my vriend. Ek gaan jou mis. En as ‘n sporadiese GoogleBot dalk van tyd tot tyd oor jou loop, weet dit: vir my bly jy spesiaal. Wederom.

Julle dink seker nou ek het al my Angel-Saksiese albasters verloor. Desnieteenstaande – voorwaarts:

http://www.gormendizer.co.za

http://www.gormendizer.co.za

2 Responses to “Wederom (“To the batmobile!”)”

  1. johannes coetzee Says:

    Johan

    Komplimente…. dit was die mees fantastiese “soft landing” met die mins traumatiese trektog in die IT bedryf wat ek nog ooit beleef het!

    My ervaring van die IT bedryf was totdusver net eenvoudig die teenoorgestelde….!

    Dis betaal of trek
    en hou jou bek
    trek en betaal
    (so kliënt onsensitief as moontlik)
    is die wet van transvaal

    jy het my beslis as “kliënt” behou
    nie dat ek enige “markwaarde” het nie

    Sterkte met die “exodus”…
    mag jy die “beloofde land” vinniger bereik as die pioniers van transvaal

    Jys beslis meer as ‘n blogger…!

  2. rosalindfranklin Says:

    Gaan je wel, ek sal jou steeds kom besoek en my blogroll aanpas.

Leave a Reply