En sê nou hulle het regtig niks gedoen nie?

Op die dag van ses bied ek hiermee ‘n nederige verskoning aan my tesis. Jammer, tesis. Ek weet ek moes iewers in die J.S Gericke-biblioteek aan jou gewerk het, maar omdat ek ‘n passie vir hierdie studentedorpie het, moes ek die naweek eers ‘n Panasonic DVX-100 gaan huur en bereidwillige studente afneem. Dit is immers amper studenteraadverkiesing. En ek weet, tesis – ook jy dink die SR doen in elk geval maar niks nie, maar ek het ‘n vreemde spesmaas ons mag dalk verkeerd wees (al is dit net ‘n titseltjie):

Sorrie, MA Afrikaans en Nederlands.


4 Responses to “En sê nou hulle het regtig niks gedoen nie?”

  1. demoerin Says:

    Wel gedaan! Geen intervarsity sal ‘n groot ramp wees! :lol:

  2. fixator Says:

    Mmm. ek sien dat SR nogsteeds niks beteken nie..waarom dan aldie bohaai elke jaar?

  3. Johan Swarts Says:

    demoerin – intervarsity is die wiel waarom die wêreld wentel ;)

    fixator – ek dink jy verwag dalk te veel om mee t e begin. wat dink jy doen die SR?

  4. DGS Says:

    Great stuff! Ek het ook al by die stadion opgedaag en dan gaan daar boggerol aan nie. Maar dit was nie die SR se skuld nie – ek het vrywillig gesluk… en gesluk… en gesluk…. en toe lank gaan rus…

Leave a Reply