Is daar werklik ‘n verskil tussen Benny Hinn en sy span wat nagenoeg ‘n duisend Suid-Afrikaners uit hulle geld gekul het, die diewe wat gisteroggend vroeg by my en die skatlam se karre ingebreek het en ek wat gecrackte sagteware gebruik? Mag ek kwaad raak omdat ek nou nie meer pirated musiek in my kar kan luister nie?
Ugh.











July 21, 2008 at 12:20 pm |
July 21, 2008 at 12:24 pm |
O, en natuurlik dink ek Hinns Miracle Crusade is die enigste wat geld gemaak het. Ek is jammer, maar ek kan nie glo daar is mense STUPID genoeg om sulke crap te glo nie?
July 21, 2008 at 12:29 pm |
yup, die CD-R is myne.
ek wou ook van my stoel afval toe ek die eerste keer lees hinn was in suid-afrika en suid-afrikaners wou vir hom geld gee. maar nou ja, reality is stranger than fiction, seg hulle mos.
July 21, 2008 at 12:34 pm |
Party mense gaan ook met oogklappe deur die lewe jong en glo alles! Op die ou einde is daar seker nie ‘n verskil nie en ons is almal op een of andermanier skuldig daaraan. ALMAL het al pirates besit of daarna geluister en gekyk en die deler is so goed soos die steler
July 21, 2008 at 12:38 pm |
KIR, ALMAL? Ek sal nie sommer so veralgemeen nie. Of miskien … ja, nou laat jy dink – my ipod het musiek op wat nie aan my behoort nie – damn!
Johan, hinn vra darem vir die geld. Is dit steel as mense hom vrywilliglik gee
July 21, 2008 at 1:21 pm |
Daar is defnitief ‘n verskil…ek dink die boewe het ten miste nog ‘n gewete (indien nie, het hulle jou dalk by jou kar ingewag, geskiet en die motor gevat)…Hinn steel wel lewe deur mense wat swaarkry se subsistence – hul geld – te vat.
Geen gewete. Geen verskoning. Bliksem.
(sien ook http://duskant.wordpress.com/2008/07/20/angus-se-aartappels-en-benny-se-biljoene/ )
July 21, 2008 at 1:31 pm |
juis. hulle het die skatlam se cd’s mooi netjies langs die kar gelos. boggers.
emil – dis nie noodwendig steel nie. ek dink hinn grens aan bedrog. (dit was terloops nie hy nie, maar ‘n medepastoor op sy span wat die mense aangehits het om te gee.)
July 21, 2008 at 2:24 pm |
Yip, bedrog beslis. En as hy kwansuis nie die situasie sou goed keur nie, moes hy seker sy pastoor weerspreek het. Ek dink soms stilswye grens aan aanvaarding?
July 21, 2008 at 3:17 pm |
Ek dink Hinn is baie erger. Hy sleep die beeld van Christenskap deur die modder. Dis mense soos hy waarteen die Bybel baie duidelik waarsku.
July 21, 2008 at 3:34 pm |
In my boekies bly die deler ook net so goed soos die steler. Dit is ‘n sad situasie as mense ander se geloof, en in hierdie geval ook stupidity, misbruik.
July 21, 2008 at 3:46 pm |
Om sonder toestemming te vat wat nie joune is nie is diefstal .
Behalwe vir die regte meisie , wat mos mens se hart kan steel , sonder om te vra .
Daar is dus uitsonderings op enige reel , ook as dit kom by steel .
July 21, 2008 at 10:06 pm |
Volgens die wet is Hinn wettig, en jy en die boewe onwettig… maar soos ek oor en oor vir die studente sê, wet en etiek is nie gelyk nie…
Etiek is natuurlik moeiliker, Hinn lieg, die boewe vat jou goed, maar is daar iets soos intelektuele eiendom?
July 22, 2008 at 9:16 am |
@ izak & cobus. Nogal waar. Die dief steel, want dit is vat sonder toestemming. Uitbuiting van ‘n situasie en ander se stupidity is dan seker maar net slim? Maar die wiel draai!
July 22, 2008 at 9:22 am |
Johan as jy musiek kan “copy” dan is dit seker in order as ek ‘n tesis of werkstuk van jou gebruik en indien as my eie.
July 22, 2008 at 9:29 am |
As jy die oorspronklike cd besit sien ek dit nie as steel indien jy dit kopieer vir eie gebruik nie. Deur dit vir iemand anders te kopieer is dit miskenning van die kunstenaar se intelektuele regte. Dit is = diefstal.
July 22, 2008 at 9:33 am |
Rustig- hoe gaan die ou gesegde nou weer? As jy uit een bron afskryf dan is dit plagiaat, maar twee of meer bronne noem mens navorsing.
July 22, 2008 at 10:16 am |
Ek wonner net wanneer gaan daai muisie die kaas steel?
Die arme ding…!
July 22, 2008 at 12:05 pm |
Is daar iets soos supreme morele standaarde? Daar is universele morele standaarde. Ek’s bang om te sê ek stem saam met Izak, maar dit is ongelukkig ook my gut-feeling. Daar is uitsonderings op enige reël. Die probleem hierme is sodra ons ons morele standaarde onderhandel ‘we compromise our values’.
Jy’t my nou laat dink. Is dit ok om musiek op jou ipod te hê? Dis tog gecopy en ek is erg teen enige pirated copies hetsy CD of DVD of sagteware. Dit is seker ok as dit van my oorspronklike CD’s af gecopy is. Of is dit? Of raak dit nou belaglik? Dis als jou skuld.
July 22, 2008 at 12:07 pm |
[...] 22, 2008 Intellektuele eiendom Posted by Pienk Zuit under Uncategorized Johan Swarts vra of hy eintlik net so skuldig is soos die diewe wat sy CD-speler uit sy motor gesteel het, omdat hy [...]
July 22, 2008 at 12:11 pm |
Mense, mense, mense! Skending van kopiereg is NIE diefstal nie. Net soos ‘n spoedoortreding nie = diefstal nie. Dit is ‘n oortreding van die kopiereg-wet (en dit verskil ook hemelsbreed van plagiaat!). Kry ten minste die basiese feite reg. Lees meer hier/a.
iTunes het nie ‘n musiekwinkel in SA nie, so daar is feitlik geen “wettige” manier om jou iPod te gebruik nie. Maar tog verkoop die goed soos soetkoek. Dis tog absurd dat duisende mense nou krimenele moet wees vir iets wat niemand verkeerd vind nie? Dan moet die wet tog seker verkeerd wees, en nie nie duisende mense nie?
July 22, 2008 at 12:12 pm |
Ai tog, die verdomde vermiste “”
July 22, 2008 at 12:26 pm |
Ek het net MP3’s in my kar, juis as iemand my goed steel. Die MP3’s in my kar kom van ‘n CD wat aan iemand in my gesin behoort. Ek weier om te betaal vir pirated goods. En ek sal erken dat my MP3’s gepirated is.
Die dag as elke dief in die land onderneem om my CD’s te los wat in my kar is, daardie dag gooi ek al my MP3’s weg.
July 22, 2008 at 12:38 pm |
ik weet niet hoe het daar is, maar in nederland is het niet illegaal om muziek (mp3) te downloaden
)
maar uploaden is wél illegaal
ik denk dat zulke dingen alleen in nederland kunnen? (vergelijk ons gedoogbeleid: je mag wel softdrugs kopen en gebruiken, maar de winkel die ze verkoopt mag ze niet inkopen)
July 22, 2008 at 2:49 pm |
Blixer: Navorsing klink so na werk. Ek sal maar die eerste opsie vat.
July 22, 2008 at 2:52 pm |
Zuit: As ek dit nie mis het is iTunes nou onlangs beskikbaar in SA. Ierwers gelees. Google net iTunes South Africa.
Jammer Johan. Na vandag weet die hele Suid Afrika dat Johan pirate CD’s maak.
July 22, 2008 at 3:29 pm |
Rustig, op my MP3’s staan steeds die name van die band of kunstenaar, so ek gee steeds erkenning. Erkenning is belangrik, maar ek wonder of daar enigsins ‘n konsep soos intellektuele eiendom kan bestaan…
July 22, 2008 at 4:21 pm |
Ek dink tog daar is. Ons leef in tyd waar mense idiees skep in ‘n virtuele wêreld.