4

July 31, 2008

5

July 30, 2008

En sê nou hulle het regtig niks gedoen nie?

July 29, 2008

Op die dag van ses bied ek hiermee ‘n nederige verskoning aan my tesis. Jammer, tesis. Ek weet ek moes iewers in die J.S Gericke-biblioteek aan jou gewerk het, maar omdat ek ‘n passie vir hierdie studentedorpie het, moes ek die naweek eers ‘n Panasonic DVX-100 gaan huur en bereidwillige studente afneem. Dit is immers amper studenteraadverkiesing. En ek weet, tesis – ook jy dink die SR doen in elk geval maar niks nie, maar ek het ‘n vreemde spesmaas ons mag dalk verkeerd wees (al is dit net ‘n titseltjie):

Sorrie, MA Afrikaans en Nederlands.


6

July 29, 2008

7

July 28, 2008

8

July 27, 2008

9

July 26, 2008

10

July 25, 2008

Annivurrrsary

July 23, 2008


Benny Hinn en die pienk Rand

July 22, 2008

Goed, ek weet die kop van hierdie inskrywing is effens misleidend. Dit gaan eintlik nie oor homoseksualiteit nie. Duskant vra of Lina Spies en andere vir Hinn en sy makkers gaan aanvat oor hulle “mirakels” en die kredietkaartlesers in die liturgiese ruimte tydens hulle besoek aan Suid-Afrika. Dit het my laat dink aan iets waaroor ek destyds al wou geskryf het, maar toe nooit by uitgekom het nie.

Sien, Benny Hinn (dit rym) is ‘n vertoonkunstenaar. Hy skep by mense die sogenaamde suspension of disbelief waarin hy inderdaad ‘n wonderwerker is. Let op die volgende:

Benny se hare is grys (dalk selfs gekleur? Daar’s darem nog baie swart op sy kop). Hy dra wit. Hy glimlag. Hy lyk ietwat soos iets uit die kinderbybel. In gehoorlede se onderbewuste behoort hy assosiasies van ‘n goedige, innemende man op te roep – iemand wat hulle belange op die hart dra en hulle nimmer as te nooit wil skade berokken nie. Dit, saam met die vrou aan die linkerkant wat haar neus ten dakbalke werp, skep die illusie dat Benny tog die wonderwerker is wat die gehoor hoop hy is.

Beskou nou die volgende:

Met swart hare, ‘n pienk hemp en niemand se saamgeperste hande voor hom nie, lyk Benny skielik nie meer so wys nie. Nou kan hy enigiets wees. ‘n Gas by ‘n troue wat met die bruidegom skerts. ‘n Motiveringspreker. ‘n Komediant. ‘n Ekonoom wat die waarde van die pienk Rand bespreek. Met ‘n bietjie verbeelding kan hy die president van Kazakstan wees. Of ‘n yoyo-onderwyser:

Hy was nooit heilig om mee te begin nie.

Daar is ‘n rede hoekom mense vir hierdie ou se vertonings val. Hy’s oortuigend. Hy trek reg aan, hy praat reg, hy glimlag reg, hy beduie reg. Al was hy alleen in ‘n klein kamertjie met net twee stowwerige kussings, sou hy dit dalk nog steeds regkry om geld uit mense te wring.

Wolf in skaapsklere, hy.