Onbelese engele om ons

Die Vatikaan het die verfilming van Angels and Demons (’n Dan Brown-roman) in die Vatikaanstad verbied op grond van die bewering dat die roman ‘n belediging vir God is. Meen aartsbiskop Velasio De Paolis:

It would be unacceptable to transform churches into film sets so that his blasphemous novels can be made into films in the name of business. [Brown's work] wounds common religious feelings.

Alles goed en wel – dis hulle goeie reg om enige aktiwiteit binne hulle stadsmure af te keur en te verbied. Dis egter jammer vader Marco Fibbi het hierby gevoeg: “Normally we read the script but this time it was not necessary. The name Dan Brown was enough.”

Sy kommentaar herinner aan die Deon Maas en The Golden Compass debakels, waartydens sommige Suid-Afrikaners mekaar via e-pos en SMS versoek het om onderskeidelik Rapport en Ster-Kinekor te boikot. In beide gevalle het die meeste senders duidelik nie die betrokke teks(te) in die spervuur self onder oë gehad nie, want sou hulle dit doen, sou dit vinnig blyk dat die waarskuwings nie korrelleer met die inhoud van die rubriek of die film nie. Dit was ‘n klassieke geval van heksejagte gegrond op niks.

Het koerantlesers en teatergangers geleer uit hulle foute, of gaan ons in 2009 weer sulke boodskappe sien?

(Bronne: The Times, Catholic News Agency)

31 Responses to “Onbelese engele om ons”

  1. kaalvoetinireen Says:

    Ek het nou net die berig self op die net gelees….Natuurlik sal hulle dit nie toelaat na die hele storie oor Da Vinci’s Code nie. Ek wonder net altyd hoekom mense altyd moet soek na iets om ‘n issue van te maak. Ai, die drama…Ek wens tog hulle verander van plan want die storie was vir my baie beter as Da Vinci’s code.

  2. Rustig Says:

    Wat verwag mens nou van die Vatikaan. Hulle het so baie geraamtes in die kas dat dit maar sukkel om die deur toe te hou. ‘n Nes van adders en ander duiwels.
    Ek het ook meer gehou van Angels and Demons.

  3. aventer Says:

    As jy die duiwel gaan soek dan sal jy hom beslis kry.

    Ons het ‘n juffrou op laerskool gehad wat die eens gewilde pokemons in haar klas verbied het. Sou sy ene raaksien, het sy hom versnipper oor sy gereken het die goed is duiwels. Hoekom? Dis ‘n stuk plastiek. (Ironies genoeg het sy in my gr7 jaar Duiwelskloof toe getrek…)

    Wat van die Harry Potter reeks? JK Rowling is ‘n ongelooflike skryfster. Haar boeke is goed. Dis fiksie en dis waar dit stop. Ja jy kry altyd die uitsonderings dat ‘n paar mense nou gaan kyk of hulle ook op besems kan vlieg, maar maak dit die boeke ‘n ding van die duiwel?

    Ek’t nou nog nie self een van die bogenoemde films gekyk nie. Maar dit gaan maar absoluut oor jou eie opinie. As jy voel hierdie ding is nie reg na jou geaardheid nie gaan en kan niemand jou dwing om dit te kyk nie.

    Dis tyd dat mense moet ophou om te vooroordeel. Dit lok net onnodige bakleiery uit.

  4. demoerin Says:

    Stem, gaan jy hard genoeg soek, gaan jy dit waarna jy soek vind. Die trick is “open minded”. Om iets te waardeer vir die storie, direksie, cinematography of wat ookal. Met ‘n oop gemoed kan jy mos dan nou self besluit. Ek het nie iemand nodig wat dei besluit vir my maak nie! Waar wat rustig sê, die kerke het soveel geraamtes in hulle kaste, daar is nie genoeg tyd op die aarde oor vir al die verduidelikings nie.

  5. Bertus! Says:

    Hmn, ek wonder . . . Niemand kan tog alles lees nie. Ek hou byvoorbeeld nie van Protocols of the Elders of Zion of van Mein Kampf nie, selfs al het ek dit nog nie gelees nie. Maak dit my narrow minded?
    En dan moet ek noem dat ek die eerste 3/4 van Da Vinci Code gelees het (ek kon net nie verder nie), en dit was genoeg om my te laat weet ek hou ook nie van Angels and Demons nie.
    Dalk is ek ‘n closet Katoliek?

  6. aventer Says:

    @Bertus

    dalk val Dan Brown net nie in jou smaak klas nie…niks fout daarmee nie

  7. demoerin Says:

    Stem met aventer. Persoonlike ingeligde besluit. Ek sal die besluit maak, niemand anders hoef dit vir my te maak nie dankie!

  8. Johan Swarts Says:

    Bertus! – Interessante punt wat jy daar beethet. Dis nogal waar – ek het self nie so daaraan gedink nie. Maar jy’t ons effens gefuik, soos demoerin uitgelig het: ‘n mens kan inderdaad nie alle boeke lees nie, maar dis baie maklik om na te gaan of kettingbriewe vals is of nie.

    Ek dink die klem val op ingeligte besluit.

  9. Blixer Says:

    Mein kampf is ook nie eers geskik vir toiletpapier nie.

  10. Emil Says:

    Mein Kampf is racist and anti-semitic dribble! Niemand hoef dit te lees nie. Die geskiedenis het gewys dat ek dit nou nie eers in hierdie longdrop gaan gebruik nie – of nee wag, ek kan dit ingooi om te bepaal hoed diep dit is.

  11. Niekie Says:

    Dan Brown is wonderlike beach leesstof. Ek het Angels and Demons en Deception Point ook meer geniet as Da Vinci Code. Die Katolieke sou dalk beter gedoen het deur dit nie so ernstig opgeneem het nie en dit te vat vir die genre wat dit is – “conspiracy fiction”.

  12. Pienk Zuit Says:

    Wees vandag deel van ‘n amptelike Guinness Wêreldrekord!

  13. demoerin Says:

    Stem Niekie, met klem op fiction…maar as iemand so ‘n bohaai oor iets wil maak laat dit my weer aan die annerkant dink hulle is bang nog van die geraamptes bliksem uit die kas uit?

  14. Rustig Says:

    Moet julle ongelukkig teleurstel! Mein Kampf en Das Kapital gelees onder die komberse toe nog op skool was. Maak dit my ‘n Kommunistiese Nazi?

  15. Neil Kroese Says:

    @ rustig & Emil

    Mein Kampf kon ek nog nie verby bl 121 kom nie, en ek is spyt daaroor want ek voel dis belangrik dat ‘n mense alle opinies lees om jou eie te temper. Das Kapital en “Manifest der Kommunistischen Partei” is egter beide steeds relevante publikasies vandag…..no harm in taking a page or two from it….

  16. demoerin Says:

    @ rustig, depends on die ingeligte besluite wat jy daarna gemaak het? hehehe. Ek het ok Mein Kampf deurgeworstel en kon toe die ingeligte besluit neem dat ek dink dit is ‘n pot bollie.

  17. Jacques De Viljee Says:

    The Da Vinci Code was vir my fine. Maar met die lees van Angels and Demons het ek regtig gevoel: “Woah, hierdie is godslasterlik.” Die feit dat die skrywer die priester as “a man of God” beskryf en hy dan op die ou eind die moordenaar is, het my regtig laat voel die skrywer treiter Christenskap.

  18. Rustig Says:

    Alles behalwe “godlasterlik”. Die Katolieke Kerk het baie om onverskoning te vra. Alles wat hulle gedoen het was in die Naam van God. Dit is godlasterlik! Hier in Ierland het het die priesters omtrent die kinders gemolesteer. Al wat die Vatikaan gedoen het is om die priesters vinnig te verwyder na die Vatikaan. As ons nie dink soos die Pous nie is ons “heretics”.
    Dan Brown se boeke is in elk geval net fiksie.

  19. Blixer Says:

    Die huidige pous was mos hoeka deel van die Hitler Youth!

  20. Rustig Says:

    Bingo Blixer! Jy moet hoor die slim stories wat hy verkoop. Die wêreld moet verstaan dat hy het nie veel van keuse gehad nie. Swakste verskoning wat ek al gehoor het. Die Katolieke kerk was ook maar lekker Nazi gesind gewees en was ook verantwoordelik vir groot aantal Jode se dood.

  21. Johan Swarts Says:

    The plot thickens…

  22. demoerin Says:

    Sjoe, klomp wyse mense wat hier uithang! Daar is deur die eeue soveel crap in die naam van die Kerk aangevang. Crusades, Inquisition ens ens. Nie eers te praat van die Priesters en die seuntjies ensovoorts nie. Kak voorbeeld wat hulle stel as jy my vra!

  23. Rustig Says:

    Demoerin ek dink daar moet duidelik onderskeid getref word tussen die Katolieke Kerk en Protestante Kerke. Nie dat laas genoemde onskuldig is nie. Daar is baie bloed vergiet in deur die Katolieke Kerk. Spanish Inquisition. Hulle was van die eerstes in Wes Europa om die Jode te verplig om ken teken te dra sodat hulle uitgeken kon word in Spanje en swaar beboet as hulle dit nie gedoen het nie.
    Hier moet ek liewer weg bly Johan, dit is nou ‘n kerk wat my bloeddruk opjaag.

  24. Bertus! Says:

    Ek wil graag bevestig dat The Da Vinci Code inderdaad nie in my smaak geval het nie.

  25. demoerin Says:

    Miskien kry die Protestante kerke dit net reg om dit beter te versteek? Stilswye, en tot ‘n mate van aanmoediging ten tyde van apartheids-era dink ek bv. nou aan. Seker daar moet nog voorbeelde wees.

  26. Blixer Says:

    Nogal insiggewende stukkie statistiek wat my oog getref het hier in Ierland- tot baie onlangs was orale kontrasepsie slegs op voorskrif beskikbaar en dan ook net vir baie spesifieke indikasies waar swangerskap die dood van die vrou sou veroorsaak. Dankie Roomse Katolieke kerk. Hier het ons dus eintlik ‘n geisoleerde gemeenskap wat orale kontrasepsie aanbetref en die insidensie van borskanker is baie laer as in bv. die VK. Soortgelyke populasies andersins…

  27. Rustig Says:

    Blixer: Hier was ook ‘n insident jare terug toe kondome onwettig was. ‘N Doktor het dit vir pasient gegee. Arme man was hof toe gesleep. So paar jaar terug is daar rolprent gemaak oor die Magdelene Laundries. Katolieke Kerk was glad nie beindruk met dit nie.

  28. Blixer Says:

    Inderdaad Rustig. Gisteraand op RTE1 was daar ‘n program oor die gebruik van seks op televisie in Ierland. Wow! Ek het gedink die NP was verkramp gewees! Die woord ‘pregnant’ was taboe!

  29. Rustig Says:

    Vandag is die Iere seker die mees losbandigste nasie in die EU. Jammer mense maar ek het nie vreeslik baie tyd vir die Katolieke Kerk nie.

  30. rosalindfranklin Says:

    Ek dink mens kan nie ‘n opinie van negatief/postief he oor iets wat jy nie self gelees/gesien het nie. Bly dan neutraal. Maar om te se dis “duiwels” of “nonsens” of “verkeerd” sonder om ingelig te wees slaan jy jou naam so ‘n bietjie met ‘n plank.

  31. demoerin Says:

    Stem Rosa, dit is my redenasie. Ek is oud en groot genoeg om my eie besluite te maak. Miskien moet hulle eers die balke uit hulle oë uithaal voor hulle ingeligte menings kan kwytraak!

Leave a Reply