Die paneel op die horison

Dis opwindend om na my eie webspasie te migreer, maar ek moet bieg – ek sluk swaar aan die gedagte om hierdie blog agter te laat. My grootste referrer tot op hede is byvoorbeeld niemand anders as die WordPress Dashboard nie, waar 1,076 verwysings al vandaan gekom het. Ek gaan dié klas verkeer van die WordPress.com gemeenskap nogal mis. (Moenie my verkeerd verstaan nie – ek gaan nêrens heen nie. Ek verhuis net na ‘n plek waar minder mense weet by watter venster hulle moet inkyk om my te kan vind.) Dit beteken ek sal mense van vooraf bewus moet maak van my blog en Google weer mooi moet touwys kry.

12 Responses to “Die paneel op die horison”

  1. johannes coetzee Says:

    Sterkte met die skuif…!
    Sal beslis gaan kuier..!

  2. Pikkelik Says:

    Sterkte aan daaikant ook. Ek twyfel geensins dat jy ‘n moewiese sukses daarvan sal maak nie….

  3. Cobus Says:

    ek sekondeer vir pikkel :)

  4. Johan Swarts Says:

    :-)

  5. Wipneus! Says:

    Sterkte Johan

  6. BB Says:

    Ek link van my personal website na my wordpress-blog toe, maar as jy die volledige ‘ding’ daar kan ‘doen’ – why not?? Moet nou net nie hier toemaak en oppak en ons sonder aanwysings aan Google se genade oorlaat nie!!

  7. riaanoosthuysen Says:

    Ek wou my tog verbeel iemand het onlangs iets geskryf van die groot trek. Hoe ookal sy, sterkte met die trek en kennis maak deur die vensters. Hou die vensters skoon dan sien hulle jou gouer raak

  8. Rustig Says:

    Sterkte! Oor ‘n jaar gaan jy terug kyk en wonder heokom het jy dit nie eerder gedoen nie. Laat weet wanneer ons die link moet verander.

  9. Dellie Says:

    Sal nogsteeds gaan loer. Sterkte met die groot trek! :wink:

  10. Johan Swarts Says:

    dankie, julle :-)

  11. Emil Says:

    Gee ons maar net die link, ons update graag blorolls – dan kom daar weer verkeer :wink:

    Trek is op die lys van stressors 3de, na die dood van ‘n geliefde en finansies. Sterkte!

  12. netjane Says:

    Sterkte met die trek – “keep passing the open windows”.

Leave a Reply