LitNet blogs – terug na die tekenbord

LitNet se blogs laat my tans dink aan die eerste drie reëls van Lit se “Miserable”:

You make me come.
You make me complete.
You make me completely miserable.

Die vergelyking is vanselfsprekend. Vir diegene sonder ‘n blog lyk ‘n LitNet-blog dalk aanloklik – dis immers ‘n geleentheid vir “normale outjies” (soos Die Gestorwe Soldaat dit stel) om ‘n “bietjie skouers te skuur met die meningsvormers waarmee ons elke naweek in Rapport verveel en vermaak word”. Jy, Joan Hambidge en daai anonieme omie wat kwaad is vir die kerk kan nou ‘n webtuiste deel. Inderdaad revolusionêr. Tik hier, kliek daar en siedaar: ‘n orgasme des aansiens. (Die insentief om te blog is natuurlik ook nie te versmaai nie – kontantpryse van R1000, R500 en R300 word aangebied vir blogs met die meeste trefslae.)

Gaan dit hou? Met die opstelling wat LitNet tans gebruik, nee. Ek raai LitNet bloggers gaan “completely miserable” à la Lit raak. Die maandelikse R1000 sal nie vreeslik lank werk as insentief nie (hoe meer mense begin blog, hoe kleiner raak die kans immers dat jy die prysgeld losslaan), die opwelling van visueel identiese blogs gaan veroorsaak dat internetgebruikers vinnig belangstelling gaan verloor en die minimale funksionaliteit van die News24-platform gaan bloggers vinnig begin irriteer.

LitNet het regte verkry om News24 se blogplatform te gebruik. In ‘n neutedop beteken dit dat jy nie eintlik data by LitNet stoor nie, maar op News24 se bedieners. Jou data is nie joune nie. ‘n News24 blog bied nie veel meer funksionaliteit as ‘n .plan nie – daar is geen manier om die blog se uitleg te verander nie, blogrolls is beperk tot ander News24 blogs, jou blogspasie word gebruik as advertensiespasie waarvoor jy geen remunerasie ontvang nie, text widgets is buite die kwessie, permalinks is skoonveld, jy kan nie kommentaar (die lewensbloed van ‘n blog) los as jy nie by News24 geregistreer is nie en niks wat jy geskryf het, is uitwisbaar nie. Galg toe met jou as jy ‘n spelfout maak. As jy LitNet se weergawe gebruik, mag jy boonop nie anoniem blog sonder toestemming nie.

In ‘n neutedop – LitNet bied gebruikers blogs wat lyk soos Zimbabwe en presteer soos ‘n lobotomie.

Dis nie ‘n baie volhoubare konsep nie. Die vervelige uitleg gaan lesers op die lange duur wegdryf. As die prysgeld eers begin kwyn, gaan daar nie meer ‘n insentief wees om te blog nie (of, in die geval van die verskeie bloggers met reeds bestaande blogs, ‘n ekstra blog te onderhou nie). Die minimale funksionaliteit behoort bloggers so te frustreer dat hulle na ‘n tyd tog na iets beters sal verhuis. Is dit regtig nodig om eers ingeteken op News24 te wees voor jy enige kommentaar kan los? Maak dit sin om jou gedagtes gratis aan te bied sodat iemand anders geld daaruit kan kry?

Lit se liriek behoort teen die tyd nou al so hard in jou agterkop te weergalm, dat jy dit met ‘n piksteel daar wil uitvoeter. ‘n Sisteem wat saai en opeengehoop lyk, frustrerend min funksies bied en gebruikers inperk eerder as vryheid gee, grawe vanuit die staanspoor vir homself ‘n graf. Dit laat gebruikers “completely miserable”. As jy eers súlke gebruikersvoorwaardes wil voorskryf vir die internet, dan moet jy nie kla as sake op die lange duur platval nie:

Skakels na die webblaaie van ander persone is slegs toelaatbaar vir inligtingsdoeleindes. Dit is jou plig om seker te maak dat jou skakel voldoen aan die webblad waarheen die skakel wys se gebruiksvoorwaardes.

Dis. Die. Internet. Skakels. Is. Goed.

Dit alles gesê is dit vir my ‘n riem onder die hart dat LitNet blogging onder Afrikaanssprekendes probeer bevorder. In beginsel dink ek die idee is goed – veral omdat daar die reeds genoemde simbiose kan ontstaan tussen diegene wat tradisioneel in die gevestigde media publiseer en die’s wat hulle gedagtes hoofsaaklik op die internet plaas.

LitNet: skrik asseblief wakker. Kry WordPress, Movable Type of Joomla en slaan iets beter aanmekaar. Julle idee is prysenswaardig, maar julle uitvoering daarvan grens aan burlesk. Dis ‘n klap in die gesig van enigiemand wat al geblog het en ‘n belediging vir Afrikaners se intelligensie in die breë. Doen ons almal ‘n guns en gaan voort met hierdie projek, maar (en dis ‘n baie groot maar) keer asseblief eers terug na die tekenbord. Julle het dit dringend nodig.

24 Responses to “LitNet blogs – terug na die tekenbord”

  1. Die Gestorwe Soldaat Says:

    AMEN!

  2. PienkZuit Says:

    Dis ‘n baie SA manier van besigheid doen: Hoe meer beheer jy het, hoe meer geld kan jy daaruit maak (of so dink hulle). Dis ‘n (verwronge) idee wat Telkom, Vodacom, Multichoice (ok, hulle is ook Naspers), en selfs Icasa ook het. Tegnologie vat altyd so ‘n jaar of 2 langer om by ons uit te kom, want die groot spelers wat in beheer is wil eers kyk hoe dit uitwerk in die buiteland om uit te figure hoe om die meeste geld uit SA verbruikers te maak voor hulle dit hier (swak) implementeer.

  3. demoerin Says:

    Nog ‘n Amen van my. Fokkit, soos jy sê, daar is geen eie identiteit nie, alles lyk dieselle, met hierdie flippen irriterende advertesies oral op die page. Nee man, hulle moes eerder met iemand anders hande gevat het. Die idee is goed, uitvoering is kak.

  4. Wipneus! Says:

    Ek stem saam jou.

  5. Die Wolf Says:

    Die Litnet blogs laat my dink aan ‘n mes wat stomp is. Jy kan dit gebruik, maar dit werk nie lekker nie en gaan die k@k uit jou irriteer.

  6. riaanoosthuysen Says:

    Goeie inskrywing wat jy hier gedoen het Johan. Dalk skrik hulle nog wakker.

  7. Dellie Says:

    Goeie possie. Ek hou te veel van my individualiteit om deel te word van daai kliek! :wink:

  8. Johan Swarts Says:

    Pienk Zuit – Presies. Die ironie van die saak is dat dit oor die algemeen beter sal gaan as beide die kopers en die tegnologie vrye teuels gegee sal word. (Dink ek, in elk geval… )

    Die Wolf – An apt description. En nes Heidegger se hamer kom ‘n mens eers agter wat dit is wanneer dit nie meer wil werk nie ;)

    riaanoosthuysen, Dellie – Dankie :-) Dit gaan nie vir my soseer oor ‘n kliek nie. Soos jy tereg onlangs geskryf het, klieks vorm in elk geval maar orals. Ek het nie ‘n issue met LitNet nie en wil graag hê hulle moet blogs aan Afrikaanses bied – maar dan gaan hulle mooi moet dink wat presies hulle wil doen. Daar is reeds een of twee gratis Suid-Afrikaanse blogservers (Iblog en Blat – dalk is daar ander, ek weet nie), so as hulle net NOG ‘n Suid-Afrikaanse diens wil bied, faal hulle tans liederlik. As hulle dit uitsluitlik Afrikaans wil maak (dalk die enigste manier hoe hierdie storie kan werk), sal hulle dit om vadersnaam meer funksioneel moet maak en minder in News24 se gat opkruip.

    Hulle het duidelik nie behoorlik of enigsins marknavorsing gedoen nie.

  9. Konfytbekkie Says:

    AAAAAAAAAAAAAAAAAAAH!!!!!

    Ek was nounet op Litnet se page. My kop is sommer seer…. Al daai flitsende advertensies. En eentonige blogs. *sug*

    Nou waar moet ek my blog begin???

  10. Johan Swarts Says:

    WordPress. As jy ernstig is, kyk of jy sommer SUN webspace kan kry – dit behoort nie moeilik te wees vir ‘n student van jou kaliber nie :p Koop ‘n domain vir ‘n paar rand per jaar en siedaar ;)

  11. maeree Says:

    jammer, ek was nog nooit by ‘n litnet blog nie. was een keer, lank lank gelede, by litnet.
    mag ek dan maar, in my onkunde, hard en blymoedig “amen” skree op die sin “Dis. Die. Internet. Skakels. Is. Goed.” en vir pink zuit sê “preach brother, preach”.
    en as my eie beskeie opinie byvoeg dat die idee van intellektuele eiendom absurd is.

  12. boerinballingskap Says:

    Ek hoop die LitNet-goeroes lees hierdie inskrywing EN nee dit ter harte!

  13. Wessel van Rensburg (AKA mhambi) Says:

    Stem heeltemal saam. Die news 24 platform is agterlik.

  14. Wessel van Rensburg (AKA mhambi) Says:

    Wat hulle nodig het is WordPress MU, om ‘n website te bou soos Cif. WordPress bring ook BuddyPress uit binnekort was sosiale plug-ins by WordPress voeg.

    Check op my ander blog ‘n artikel oor BuddyPress.

  15. Rustig Says:

    Ek stem saam met Johan. Kry jou eie domain en host. Is glad nie so duur en ingewikkeld soos dit lyk nie. LitNet se blog lyk maar bietjie vaal.

  16. Da Mario Says:

    Briljant gestel… :? ??????????? :D

  17. konfytbekkie Says:

    Twat!

    Jy gaan my moet Blogging 101 gee… Maar ons chat later bietjie daaroor…

    Tot dan.. Viva Gormendizer. Laat LitNet tog seblief bietjie lees wat hier gegriffel word…

  18. Johan Swarts Says:

    Twat!

    Hmm…sure, enige tyd. Dis terselftertyd makliker en moeiliker as wat jy dink.

    Ek hoop self iemand by LitNet lees hierdie inskrywing. Melt (Myburgh) het al hier gecomment op ‘n vorige een oor LitNet, so ek raai ek is darem nie heeltemal onsigbaar nie.

  19. izak Says:

    jongeheerjohan. vir ooms soos ekke wat niks anders gewoond is of dalk ooit wil wees nie, is ou Litnet se blogging tans heel aanvaarbaar -> waar almal so +/- eenders soos innie Army op parade moet staan om te kyk wie eerste omkap – dis dalk wat RSA tans bietjie nodig het om eers ordelik te kan begin met sulke nuwe nasie – vreemde veskynsels soos openbare blogging. Tyd sal leer en almal sal maar saam groei met die toepaslikheid van noodwendige verandering .

  20. Johan Swarts Says:

    Baie dankie vir verfrissende anderse en kommentaar :-)

    Ek dink nie noodwendig eenvoud is sleg nie, maar daar is vir my ‘n verskil tussen eenvoud en lompheid. LitNet het ‘n lomp sisteem daar beet op hierdie oomblik.

  21. Emil Says:

    Hoor hoor!

  22. izak Says:

    miskien is ons so gewoond aan sukkel (lees : eenvoudig versukkeld) dat ons skuldig of verwese voel as dinge te maklik gaan. Soos Murphy se ” as alles volgens plan verloop het jy in alle waarskynlikheid iets misgekyk” ?

  23. Johan Swarts Says:

    Hmm…moontlik. Ek wil wel byvoeg dat WordPress – tans die mees gebruikte CMS (content management system) van sy soort – sterk klem lê op eenvoud én met indrukwekkende funksionaliteit spog. News24 se platform het so min funksies dat dit ‘n mens juis laat sukkel om enigiets meer as teks in te voer en ‘n publish knoppie te click.

    Dis vir my ‘n geval van ‘n motorhandelaar wat ‘n donkiekar aan ‘n motor-entoesias probeer verkwansel. Die eenvoud van die donkiekar maak dit nie (in die motorentoesias se oë) beter nie.

  24. Die wortel van die kwaad « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] wortel van die kwaad LitNet blogs (nog steeds geskoei op grotmantegnologie) was onlangs die slagoffer van trefslagbedrog. Meen Melt [...]

Leave a Reply