In “Ich Will” (ek wil) speel Rammstein die rol van bankrowers wat deur die media opgehemel word. Die video (’n puik stukkie kinematografie) toon aan hoe hulle ‘n bank binnestorm, gewelddadig beset en dan na buite gaan voor Christian “Flake” Lorenz (keyboardspeler) selfmoord pleeg en die bank in sy peetjie blaas met ‘n eksotiese bom wat aan sy borskas vasgebind is. Buite word hulle nie net gekonfronteer met ‘n massa polisiemanne nie, maar staar hulle ook, nogal kordaat, ‘n see van kameras en mikrofone in die gesig.
“This,” meen Richard Kruspe (kitaarspeler) “shows…the attention through the robbery…that you became the “darling” of the media – through manipulation of course – because all the media wants is to show those pictures, this is kinda absurd, decadent, fucked up in the end…that you’ll be rewarded…”
Ek dink dis op ‘n siek manier waar van Suid-Afrika ook. Neem die Lotz-sage: was dit regtig nodig vir koerante om daagliks elke miniskule detail daarvan te volg? Was die enigste werklike nuus nie maar die uitspraak van die regter nie? Daar is 101 items in Die Burger se argiewe met die tag “Fred van der Vyver” – 90 hiervan is nuusberigte. Wat op aarde was die punt daarvan? Maak dit nie veel meer sin om bloot drie artikels te publiseer nie? Lotz is vermoor. Fred is aangekla. Fred is onskuldig bewys. Klaar.
Nee. Dis winsgewend om 90 berigte oor Fred van der Vyfer te skryf. Dis ook winsgewend om berigte oor rooftogte en moord en verkragtings te skryf. Maar is dit eties? Is dit die reg om misdaad te gebruik om sirkulasiesyfers deur die dak te laat skiet? (Kom ons wees nou maar eerlik – enigiets meer as ‘n paar feitelike artikels is sensasiemasturbasie.)
Kyk gerus ‘n bietjie na Rammstein. (As jy nie die musiek kan waardeer nie, loer ten minste na die beeldmateriaal – dis net so goed vervaardig.) Watter parallelle is daar met Suid-Afrika?











May 16, 2008 at 2:21 pm
Briljante video.
May 16, 2008 at 2:29 pm
Ek hou nogal van daai video! En lekker musiek ook…
May 16, 2008 at 3:06 pm
Johan: Nie geweet jy is Rammstein “fan” nie. Eerste ker van hulle gehoor toe ek in Oostenryk gebly het. 1996.
Slegte nuus en “sleaze” verkoop die koerant. Daar is min koerante wat regtig kwaliteit berigte kan publiseer. Selfde probleem hier in Europa.
May 16, 2008 at 3:30 pm
Nice video!
Ja, nuus moet maar ge-sensasie word om die koerante te verkoop. Nogal sad eintlik. So alla Natural Born Killers!
May 16, 2008 at 6:14 pm
Wat sê dit van die koerant lesers? Alles word deesdae opgedis as een of ander weergawe van “Reality TV”, werklike inhoud en feite is maar min.
Mal oor Rammstein.
May 17, 2008 at 1:40 am
yup, ek’s nogal ‘n aanhanger. rammstein is briljant.
May 17, 2008 at 9:05 am
Jy’s seker reg, maar ek verslind die nuus (goed en sleg en daar is baie goeie nuus ook) so ek is maar te dankbaar vir die media.
Ek is ‘n groot Rummstein aanhanger. “We’re all living in AMERICA!!!”
May 17, 2008 at 1:05 pm
Rammstein is absoluut tops. Mutter, Feuer Frei, Du Hasst, Sonne … daar is net te veel om te noem. Het hulle in Berlyn gekyk – ‘n selektiewe groepie ondersteuners – ons was ‘n 100 mense – absoluut ongelooflik koning. Daar is ‘n video van mense wat so op-en-af voor die verhoog spring en as jy pause ….
Sensasie verkoop – ons leef in ‘n era waar die joernalis afgesterf het en die ponieskrywer heers. Kyk maar die kwaliteit van die beriggewing in die Burger, Rapport ens. Van die joernaliste kan nie eens ordentlik Afrikaans skryf nie – skryf soos Johan se studente dit met ‘n “a” – skokkend
May 17, 2008 at 5:49 pm
‘n Produk verkoop net as daar ‘n aanvraag daarvoor is. Dus skep ons, die spreekwoordelik man op straat, die aanvraag na daardie sensasie. As ons dit nie gelees het nie, sou dit nie verkoop het nie en sou die koerante nie al hoe meer daarvan geplaas het nie. Dis die ewige sirkel.
Dis amper soos met Afrikaanse musiek. ‘My bokkie se sokkie’ verkoop beter as ‘Lisa se klavier’. So wat doen die kunstenaars? Hulle kapituleer, want hulle moet ook eet en huur betaal, dus begin hulle bokkie-sokkie musiek maak vir die massas om te koop, en skeep hulle eintlik hul ware talent af.
So moenie vir die joernaliste en koerantredakteurs kwaad wees nie, hulle antwoord net op ons roepstem
May 17, 2008 at 9:59 pm
Laat ons nie vergeet van “Man gegen Man” nie.
May 17, 2008 at 11:59 pm
Crazy musiekvideo daai…
May 18, 2008 at 12:11 am
Sonkind – Ek stem saam (wou dit ook hierbo skryf, maar het eers daarten besluit). Die ding is, die media het ‘n verantwoordelikheid teenoor landsburgers om nié hulleself te begin ponie nie. (Pun intended).
Of verwag ek te veel?
May 18, 2008 at 12:32 pm
Sjo sjo…intens video…
Wel, een vergelyking wat ek kan maak is dat misdaad half ge-glorify word as ek dit so kan stel….die man is in boeie vasgemaak, maar hy ontvang ‘n prys. Dit laat my dink aan Zuma so half en half…
Een verskil (ek moet dit net uitlig, jammer) is dat hulle polisie actually DAAR is en nie OPPAD is nie…dit was net vir my iets anders.
Die media oordryf ongelooflik baie. Daar is elke dag roof, moord, verkargting, dood, ens. Dis al so ‘n gewoonte dat ons begin vra..”Wie is vandag dood?” Die media het nie iets beters om oor te skryf nie. Ek vat byvoorbeeld ons eie plaaslike koerantjie. Daar is ‘n handjievol van die skole se prestasies en die res gaan alles oor moord en ongelukke. Een uit 5 keer sal daar ietsie interessant wees soos ‘n oom of tannie wat 90 haal.
Punt is, die wêreld weet nie meer wat is egte berigte nie. Hulle ken nie meer die feitlike leesstof wat daar in ‘n koerant moet wees nie. Alles word ge-glamour (ek vra nederig om verskoning vir my gemengde taal vandag). Soos Paris Hilton.
In die video staan een van hulle op ‘n dak met ‘n target geverf op sy bors. Dit simboliseer (vir my) die kans om ‘n stop te sit aan die bedreiging, wat dit ook al mag wees, maar tog doen niemand nie…
May 19, 2008 at 9:28 am
Rammstein blêr heeldag hier in die huis, die seuns mal daaroor, sodoende het ek ook ‘n Rammstein aanhanger geword.
May 19, 2008 at 5:26 pm
Sonkind het dit presies omskryf. Interessante video.