‘Al ooit daardie oomblik beleef wanneer dit baie laat is, jy werk het wat doodeenvoudig moét klaar en jou bestaan rondom Marmitetoebroodjies en ‘n halfgedrinkte Amstel in jou yskas sentreer? Ek het dit sopas bereik.
Soort van.
Soos ‘n mens nou maar maak as jy keelvol is van studente wat Afrikaans met ‘n kleinletter spel (I kid you not), haal ek mooitjies die Marmite uit, draai dit oop en word toe begroet deur die allervieslikste kleur. Ligbruin. Die Marmite is ligbruin. Skok! Griesel! Gruwel! Kan Marmite dan suur raak?
Toe sien ek vir die eerste keer die “Cheese” op die etiket raak.
Ek het kaasgegeurde Marmite ontdek. Dié tyd van die aand voel ‘n mens ‘n bietjie soos Livingstone wat oor ‘n waterval struikel as jy dit regkry…











May 15, 2008 at 2:47 am |
What will they think of next?
Wat van ‘n “informercial”?
“Kaas gegeurde Marmite het my lewe verander…”
May 15, 2008 at 4:51 am |
Persoonlik dink ek dis simpel…
maar ek kan dit nog nie uitskop voor ek dit nie probeer het nie né?
Ag wel…never be scared to try new things…waar’s my inkopie lys…?
May 15, 2008 at 6:13 am |
Ek’s saam met Aventer op hierdie een. Kan nie glo hulle het (my) Marmite so besmet nie. (Dis tyd vir skeer Johan
so tussen die vraestelle merk deur).
May 15, 2008 at 8:23 am |
Het dit ook perongeluk een dag raakgekoop. Nogal lekker met so ‘n fyn biltongtjie op ‘n toastie!
May 15, 2008 at 8:45 am |
ooh, ek moet dit probeer…
May 15, 2008 at 9:03 am |
Hahaha – nee jong, gee my die oorspronklike. In ‘n parodie op William Feris, “[Original Marmite] is a bedrock of the country store and rural tradition. It is more than a snack. It is a cultural artifact” !!
So, Johan, anders as die kleur – hoe smaak die konkoksie?
May 15, 2008 at 9:16 am |
Dude, jy’t definitief slaap nodig.
May 15, 2008 at 9:29 am |
emil – ek dink ek het te min opgesmeer, maar eintlik nogal lekker. ek sal vanmiddag weer probeer.
carien – tell me about it…kom jy vanaand na strafbare manslag se bertus!-partytjie?
May 15, 2008 at 9:43 am |
Dit lyk soos klei…. dink Demi en Patrick en Die Wiel….
Dit smaak darem beter as wat dit lyk, veral in die donker, maar ja, die oorspronklike bly maar net ‘n wenner.
May 15, 2008 at 10:54 am |
Ek het verkies om hierdie possie met ‘n persoonlike e-pos te kommentaar!
Ek kan nogal dink dat fyn biltong bo-op die Kaasmite ‘n wenner sal wees…
May 15, 2008 at 11:11 am |
Ai tog, nou is Marmite ook in ‘n identiteitskrisis. PS. Hoop my spelling is reg in Afrikaans.
May 15, 2008 at 1:51 pm |
@ Emil…cultural artifact…whahahahaha. Eintlik dink ek enigiets met biltong sal lekker wees!
May 15, 2008 at 1:55 pm |
Nee ek het nog nie hierdie een probeer nie, maar glo darem nie dit kan so lekker wees soos marmite met ‘n regte egte cheddartjie nie
May 15, 2008 at 1:56 pm |
Ek wil dit graag probeer, is dit die moeite werd. Ek en my kind is lief vir Marmite broodjies met kaas op, sal hierdie kan dien as plaasvervanger?
May 15, 2008 at 2:31 pm |
noem my kommin, maar Bovril >> Marmite (>> Vegemite)
May 15, 2008 at 2:37 pm |
My vermoede word bevestig, daar skort beslis iets met my! Ek is maal oor daai Marmite Cheese. Dis al wat ek koop… Oi
May 15, 2008 at 2:51 pm |
Ek het Kaas-Marmite ontdek toe ek onlangs in die Suidland was. En soos met Marmite, is erk ook gek oor hierdie weergawe. Yummy, yummy, yummy. Nou’s ek sommer lelik jaloers. Die Marmite wat ek saamgebring het Ooste toe, is al reeds weer poegaai.
May 15, 2008 at 3:37 pm |
Neeee Wimpie, vegiemite…sies ga!!!!
May 15, 2008 at 3:42 pm |
Ok.
As niemand anders gaan nie… Wimpie; KOMMIN!!!!
almal weet tog MARMITE >>>>>>> Bovril >> Vegicrap
Random thought: As jy ‘n Amerikaner wil uitgross… gee vir hom ‘n Vegemite broodjie. O en wys vir hom die potjie. Hulle kan dit nie verstaan nie, wat nog te sê eet. hehehehe….
*ponders the merits of dropping Vegemite bombs on the USA….*
May 15, 2008 at 4:10 pm |
Nee jinne Wimpie, dis beslis nie dieselfde nie!
Was tot dusver nog te bang om die kaas ene te probeer, maar nou is ek opeens vreeslik lus vir ‘n Kaas Marmite broodjie met fyn biltong… mmm.
May 15, 2008 at 4:36 pm |
(re: Manslagdinge…) Nope, tonight is girls’ night out in Cape Town!
May 15, 2008 at 5:01 pm |
Johan! Jy lyk self gelerig op daai foto. Is dit Kaasgeurige Johan Swarts? (Johan Geels?)
Gits, as ek nie van beter geweet het nie, sou ek gedink het dit is die Franse koning uit The Tudors!
May 15, 2008 at 5:31 pm |
Gewone marmite bêre mens mos nie in ‘n yskas nie. Moet jy hierdie dan in die yskas sit?
Nee wat, ek dink mens kan sommer self kaasmeer of gesnyde of gerasperde kaas bysit.
May 15, 2008 at 8:15 pm |
Kry mens nog Fray Bentos? Dit was van kinderdae af my favourite.
May 16, 2008 at 7:46 am |
Ek is so nie ‘n marmite mens nie en daai ander vegemite is ook gross! Ek is maar ‘n bovril fan en ongelukkig het my voorraad hier in Korea ook nie lank gehou nie…wil iemand dit nie uitvoer nie???
May 16, 2008 at 10:15 am |
Nou, in ‘n siek twist on irony kom my vrou toe gisteraand met hierdie selfde konkoksie daar aan!! Ek dink dit is my voorland om die naweek dit uit te probeer.
Ek geniet weer GEWONE marmite op geroosterde brood met ‘n dun lagie appelkooskonfyt. Ek is nou nie so seker oor kaas byvoegsel nie.
May 16, 2008 at 11:01 am |
Nee hel Emil, as jy konfyt oor die marmite kan smeer kan jy seer sekerlik kaas ook daarby geniet!
May 16, 2008 at 11:28 am |
Go for it Emil! Ek hou ook van Appelkooskonfyt oor my Marmite, en ek belowe jou, met bietjie gerasperde kaas ook nog daarop, en jy gril hom gou-gou so bietjie dat die kaas smelt… yummie!
May 16, 2008 at 11:38 am |
Hoekom altyd aan iets moet krap wat nog altyd goed was. Marmite op toast! Yummy!
May 16, 2008 at 11:56 am |
French toats met Marmite en Kaas – HEERLIK. My Moedersdag ontbyt-in-die-bed gewees
May 16, 2008 at 2:46 pm |
dit lyk of jy kaas ruik
May 17, 2008 at 8:24 pm |
Ok Ok, moet erken – ek is aangenaam verrras. Nie heeltemal Marmite nie, en ook nie heeltemal Marmite met gerasperde kaas nie – effens platieksmaak soos daai toebroodjies-platiekkaas wat elkeen in hulle verpakkingkie toegdraai is – effens melering, maar saam die appelkooskonfyt – hel, wie gee om – dis eintlike bleddie lekker!!
May 17, 2008 at 8:26 pm |
Ok Ok, moet erken – ek is aangenaam verrras. Nie heeltemal Marmite nie, en ook nie heeltemal Marmite met gerasperde kaas nie – effens platieksmaak soos daai toebroodjies-platiekkaas wat elkeen in hulle verpakkingkie toegdraai is – effens melering, maar saam die appelkooskonfyt – hel, wie gee om – dis eintlike bleddie lekker!!