As jy dit kan lees, is jy awesome

Genugtig, mense, hoe het ons kubergemeenskappie nie gegroei nie? ‘n Paar jaar gelede was daar ‘n handjievol blogs, in 2006 het ‘n paar bykomendes ontstaan, verlede jaar het ‘n klomp ontpop, vanjaar nog meer – en dit hou net aan ontplof. Dis wonderlik. ‘n Paar jaar gelede was daar weinig Afrikaans op die internet. Nou is ons besig om stelselmatig by te dra tot die grootste inligtingsnetwerk op aarde.

Ons deel ‘n intellektuele ruimte met Blue Genes, digters en dwase. Mal.

11 Responses to “As jy dit kan lees, is jy awesome”

  1. demoerin Says:

    Cool hê Johan. Ek is nog taamlik nuut in die kubergemeenskap, maar dit is groot pret! Ek sal nou definitief nie kan skaar by die Blue Genes nie, donner, dit maak my dan seker ‘n dwaas…hahahaha…van van dig weet ekke okkie veel nie.

  2. platterfuss Says:

    I r A dUmB bLoGgEr……

  3. Dellie Says:

    Ek dink gisteraand aan dieselfde ding. My blogroll raak al hoe langer, en ek moet my tyd baie mooi bestuur om by almal uit te kom. Maar ek dink dit is great! Soveel mense, soveel menings! :wink:

  4. demoerin Says:

    Stem Dellie, soveel mense en soveel menings!! Hou dinge interessant!

  5. Riaan Oosthuysen Says:

    Ek is nou bietjie meer as ‘n maand in hierdie wêreld en vind dit interessant. Dit voel of mens ‘n hele paar nuwe vriende by het.

  6. Pikkelik Says:

    Lekker nè!

  7. Wipneus! Says:

    Ja hierdie blog ding hou my besig ;) Maar soos Pikkelik sê dis lekker.

  8. Da Mario Says:

    Jinne, ek onthou nog daai 2006 dae toe jy en Uno en ek en daai Garadiel (of iets) girl altyd op die “top-blogs” was. Hoe het Afrikaanse Blogs nie uitgebrei nie!!
    Ons is MOER cool. Klaar. :mrgreen:

  9. Johan Swarts Says:

    Ah, ja, Galadriel. En die italiaanse blog. Dit was baie vreemd, nie een van daai twee is Afrikaans nie.

    platterfuss – nooit man, jy’s ‘n meesterblogger. ek het eintlik meer gedink aan nazi ekstremiste en so aan toe ek “dwaas” geskryf het ;)

    dellie – het jy al ‘n feed reader oorweeg?

    demoerin – hehe, dis ‘n hiponiem. daar is blue genes, digters en dwase op die internet, maar die internet bestaan nie net uit blue genes, digters, dwase nie.

  10. demoerin Says:

    Nee man, bars jy nou my bubble. Was ten minste ‘n dwaas vir ‘n dag of twee!

  11. mykopop Says:

    Ek gebruik Bloglines, maar raak geweldig agter met die lesery. Dis so moeilik om te besluit om iemand uit te haal uit jou feedreader.

Leave a Reply