Prop dit in

Die aantal funksies wat WordPress 2.5 bied vir iets so “eenvoudig” soos ‘n blog, is imposant. Met genoegsame kennis van PHP en CSS kan ‘n mens nagenoeg enigiets doen, met jou verbeelding as die spreekwoordelike beperking. (Dit help natuurlik ook baie dat daar tonne gratis plugins beskikbaar is.) So, byvoorbeeld, sal gormendizer.co.za leesbaar wees op Apple I-phones, Nintendo WII’s, DS-Lite’s en Playstation Portables. En na ‘n rondkrapsessie in Uno se argiewe het ek geleer dat WordPress.com blogs die brokkie kode rel=”noFollow” bevat, wat beteken dat comments nie jou Google pagerank verhoog nie. Ek speel tans met die idee om ‘n plugin te installeer wat, as jy op die nuwe blog comment, outomaties jou google pagerank verhoog. (Met ander woorde – hoe meer jy by my comment, hoe groter raak die kans dat mense jou sal raakGoogle) As Akismet die bykomende spam kan hanteer, sal ek dit met graagte gebruik.

7 Responses to “Prop dit in”

  1. Apple » Blog Archive » Prop dit in Says:

    [...] KORONAã®PSPS3+αDiary wrote an interesting post today on Prop dit inHere’s a quick excerpt Die aantal funksies wat WordPress 2.5 bied vir iets so “eenvoudig” soos ‘n blog, is imposant. Met genoegsame kennis van PHP en CSS kan ‘n mens nagenoeg enigiets doen, met jou verbeelding as die spreekwoordelike beperking. (Dit help natuurlik ook baie dat daar tonne gratis plugins beskikbaar is.) So, byvoorbeeld, sal gormendizer.co.za leesbaar wees op Apple I-phones, Nintendo WII’s, DS-Lite’s en Playstation Portables. En na ‘n rondkrapsessie in Uno se argiewe het ek geleer dat WordPress.com blo [...]

  2. mykopop Says:

    Voor ek van blogspot na wordpress.com oorgeskuif het, het ek self bietjie met die wordpress.org sagteware gespeel en ek het ‘n baie hoë dunk daarvan. My ondervinding is dat Afrikaanse wordpress.com bloggers baie traag is om selfs ‘n enkele kliek meer te doen om kommentaar te lewer. Ek hoop dis vir jou part jou interaksie met die gemeenskap sal nie verflou nie. Miskien sal daardie plug-in help om mense aan te moedig.
    Aan die ander kant, ek het klaar op een van jou Google-Ads gekliek!

  3. Rustig Says:

    Johan ek “host” ook my eie web, en moet se dat dit heerlik is om jou eie speel plek te he. Mens leer vinniger as jy dinge self moet doen soos om WordPress te instaleer en MySQL op te sit. Ek het ‘n WordPress plugin op die net raak geloop wat jou blog geskik maak vir PDA’s en Selfone. Stel persone in staat om selfs kommentaar te lewer. Ongelukkig moet ek maar van die “free plugins” gebruik maak, want my php kennis is maar skraps.
    Sterkte met die “trek”.

  4. Johan Swarts Says:

    Baie dankie, dis meer moeite as wat ek gedink het. Maar ek stem, dis vet pret. Ek’s soos ‘n seuntjie met ‘n nuwe speelding, hehe…

    Hmm…wat is daai plugin se naam? Ek sal dit graag wil gebruik :-)

  5. knersis Says:

    Nee wat, my tor het al klaar af geval. Het PHP ge-Google en gou agter gekom ek is nog in kleuterskool sovêr dit IT aangaan. Het nou maar eers begin om met html te speel.

  6. Rustig Says:

    Ek het die link iewers op my blog vir die mobile plugin. Jy kan dan selfs gaan toets of dit “compatible” is en daar is selfs ‘n web wat spesialiseer in Mobile ads vir jou blog.
    Gaan terugkom na jou met link.

    Knersis: Ek is darem die “spesiale” klas gehaal met HTML en CSS. PHP is saak van gebed en met brein skade as newe effek. Bo my denk vermoe.

  7. Rustig Says:

    Johan, hier is die links vir die mobile plugin.
    http://www.onrustig.net/?p=24

Leave a Reply