Kritiek vir Die Burger (dot kom)

‘n Vriendelike stukkie kritiek, vir enigiemand by dieburger.com wat hierdie mag raaklees:

Geagte leser

Soos baie ander Suid-Afrikaners lees ek nuus omtrent uitsluitlik op skerms. In vandag se aflewering van Die Burger is daar ‘n berig getiteld: “Zuma weerspreek Mbeki“. Die berig self is knap geskryf, maar aangesien dit (so raai ek) ‘n identiese weergawe is van dit wat in die gedrukte koerant verskyn, is daar ‘n klein anomalie wat my as internetgebruiker nogal frustreer. Teen die einde van die berig verskyn die volgende woorde:

“Intussen is Zuma se hofsaak in Mauritius tot 7 Mei uitgestel (lees berig elders). Hy het gister gesê hofverrigtinge in die korrupsie-saak sal nie keer dat hy aan die ANC-veldtog vir volgende jaar se algemene verkiesing deelneem nie.

Waar is is “elders”? Een van die voordele van die internet is tog dat jy met die druk van ‘n knoppie by inligting kan uitkom. “Elders” is nie goed genoeg nie – kodeer eerder “elders” om in ‘n hyperlink, sodat inligtingverslaafde lesers soos ek dadelik by die berig aangaande (in hierdie geval) Zuma se hofsaak kan uitkom. Moenie lesers onnodig na inligting laat soek nie.

Vriendelike groete

Johan Swarts

7 Responses to “Kritiek vir Die Burger (dot kom)”

  1. aventer Says:

    Why did the chicken cross the road…?

    Want hy kon nie verder as sy neus…uhm…snawel dink nie.

    Weet hulle ooit HOE om ‘n hyperlink te maak?

  2. Pikkelik Says:

    Stel ‘n e-pos saam met die opskrig – SO MAAK MENS – en dan stuur jy dit aan die redaksie. Hopelik…. Ag Johan moet maar nie jou hoop daarop sit nie.

  3. Wipneus! Says:

    Ek stem, dit beteken jy moet die hele koerant nou weer van vooraf begin rondblaai en omkrap(ek doen die tog so goed), op soek na die gewoonlik klein beriggie, wat jou in elke geval nie meer vertel as wat jy reeds weet nie.

  4. maeree Says:

    die fout wat jy maak, is om enigsins die burger te lees. maar dis maar net my mening.

  5. Leon-Ben Says:

    Hi Johan, sullke foute sluip soms in. Sal daarop let en poog dat dit nie weer gebeur nie. En aan die snedige Pikkelik, ons kan wel hyperlinks insit.

  6. Leon-Ben Says:

    Hi Johan, sullke foute sluip soms in. Ons sal daarop let en poog dat dit nie weer gebeur nie.

  7. Leon-Ben Says:

    Hi Johan, sullke foute sluip soms in. Ons sal daarop let en poog om te verhoed dat weer gebeur.

Leave a Reply