
Beste bloggers
Dis tyd vir ‘n volgende aflewering van die [TYD]Skrif-projek!
Een van die kwessies wat duidelik geraak het na die eerste uitgawe, is dat inskrywings nog nie ten volle verteenwoordigend van die Afrikaanse blogosfeer is nie. Hoewel ons ‘n spesmaas het dat WordPress die meeste Afrikaanse bloggers huisves, is daar verskeie gemeenskappe op ander bedieners ook, naamlik iBlog.co.za en Blogspot.com (en ons is seker daar is nog ‘n paar waarvan ons nie weet nie). Hierbenewens is daar natuurlik ook verskeie blogs met unieke domeinname.
Ons het dus met ‘n bykomende metode vorendag gekom: bloggers nomineer elkeen hulle gunsteling drie posts sedert 1 Desember 2007 (die vorige sluitingsdatum) en tag elkeen drie ander bloggers om dieselfde te doen via ‘n blogpost soortgelyk aan hierdie een. Om tred te hou met nominasies, versoek ons bloggers vriendelik om hulle keuses se titels (en skakels na die keuses) na tydskrif@gmail.com te stuur.
Om die bal aan die rol te sit, tag ons dus onverwyld die volgende bloggers: Sonkind, Die Gestorwe Soldaat, RightSaidReverend, Rosalind Franklin, Da Mario en Roer.
Vriendelike groete
Die redaksie
N.s – Bloggers word sterk aangemoedig om posts vanaf hulle eie blog ook te nomineer.











March 17, 2008 at 9:59 am |
Sit en wag in spanning vir volgende uitgawe……..
March 17, 2008 at 11:20 am |
Johan, hoekom kan ek nie jou post copy en paste nie?? Nee magtig man!
March 17, 2008 at 11:40 am |
[...] te vind om artikels te nomineer, het ons almal se insette nodig. Die aanvanklike versoek is hier, gaan lees dit gou, maar dit kom daarop neer dat jy ’n lysie maak van die gunsteling 3 [...]
March 17, 2008 at 12:06 pm |
Da Mario – Want plagiaat is ‘n doodsonde! :p
Nah, ek grap. Jy’s baie welkom om dit net so te copy.
March 17, 2008 at 12:15 pm |
[...] Hier’s bietjie huiswerk vir julle, gaan lees mooi hoe om dit te doen by Johan Swarts se blog , maar dis eintlik baie maklik. Kies jou 3 gunsteling Afrikaanse posts wat jy enige plek sedert 1 [...]
March 17, 2008 at 2:20 pm |
[...] is dan so dat Mnr. Johan Swarts vir Roer (en ander bloggers) huiswerk gegee het om te doen [...]
March 17, 2008 at 7:05 pm |
[...] [TYD]Skrif(te), Tags en huiswerk Meester Johan Swarts het via Netjane laat weet dat die getroue blogstudente bietjie huiswerk moet [...]
March 17, 2008 at 7:07 pm |
[...] te vind om artikels te nomineer, het ons almal se insette nodig. Die aanvanklike versoek is hier, gaan lees dit gou, maar dit kom daarop neer dat jy ’n lysie maak van die gunsteling 3 posts [...]
March 20, 2008 at 3:47 pm |
Is daar ‘n manier om my tags aan jou te link? Jammer, maar ek is nuut op WordPress, en ek weet ek vra onnosele vrae.
PS. Is die teenoorgestelde van “onnosel” nosel?… wonder net.
March 21, 2008 at 2:45 pm |
Hallo,
Jammer ek reageer nou eers maar ek was op ‘n veldtrip en het gister eers teruggekom, ek sal my goed weldra stuur
March 21, 2008 at 10:53 pm |
[...] info By Die Gestorwe Soldaat Categories: Tags Nee Johan, ek het jou nie ignoreer nie! Navorsing, navorsing, [...]
March 26, 2008 at 2:16 am |
[...] op hede is 43 nominasies vir die Tydskrif-projek via die meem-metode ontvang. Knap gedaan! Hartlik dankie aan elkeen wat reeds gunstelinge bygedra het en almal wat nog [...]