March 31, 2008
Een van die dinge waaroor vanjaar se KKNK my aan die dink gesit het, is vegetarisme. (Ek blameer die Koedoeburgers.) Ek sal graag vir ‘n dag of wat in rasionele gesprek wil tree met ‘n vegetariër (en ‘n vleiseter) of twee, aangesien daar vir my eienskappe van vegetarisme is wat slegs sinmaak binne ‘n sekere lewensbeskouing.
Die ding is, ek het baie koedoeburgers geëet. En toe sommer eergisteraand by die skatlam gebraai. Die metroman wat ek is (raaaait…), het ek aangebied om die vuilwerk te doen – hout met ‘n byl te breek, koerantpapier soos derms te knoop, vuurhoutjies in die wind aan te por. Terwyl ek daar gestaan en die rook verwens het, het ‘n skoot bloed lewendig uit ‘n stuk vleis geskiet. Dit het gesis soos slange in ‘n smeltkroes en vir ‘n oomblik het ek nie net besef nie, maar beleef, dat ek besig is om iets wat eens op ‘n tyd gerespireer het se vlees te verhit.
Tog vreemd.
Ek weet nie of dit die soort ervaring is wat mense in vegetariërs verander nie. Wat ek wel weet, is dat dit tot ‘n mate ‘n weersprekende belewenis is, behalwe as jy ‘n Christen (of ‘n Moslem of ‘n Jood) is. Behalwe as die heelal geskape is met mense as die kroon daarvan, kan ek nie sien hoekom enigiemand enigsins moreel verplig hoef te voel om nie ‘n dier te eet nie.
Reklame en propoganda vir vegetarisme maak gewoonlik gebruik van ‘n skoktaktiek – dit van wys hondjies en katjies (en koeitjies en hoendertjies en skapies) wat bloeiend aan hakke hang en brutaal rondgegooi word in slaghuise. Toegegee, dis nie ‘n aangename ding om na te kyk nie, maar dit bly vir my vreemd dat daar nie soortgelyke beeldmateriaal van roofdiere gewys word wat herbivore verskeur nie. Was daar al vegetariërs met plakkate na die Kruger Wildtuin om te betoog teen die onmenslike behandeling van Springbokke? (Was Mike Stofile daar?)
Dis daai een woordjie wat pla. “Onmenslik”. Hoe, behalwe as ‘n kreasionistiese standpunt ingeneem word, kan mense werklik aanspraak maak op die humanitêre behandeling van diere sonder om in ‘n integriteitskrisis te verval? As mense diere is, is vegetarisme eintlik die dierlike behandeling van diere deur diere? Wat is menslike behandeling?
Ons het braaibroodjies ook gemaak.
22 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, KKNK | Tagged: diere, KKNK, kreasionisme, menslikheid, onmenslikheid, vegetarisme |
Permalink
Posted by Johan Swarts
March 28, 2008
Ha! Hier sit ek in die Cyber Ostrich, besig om na ‘n Tastic-rysadvertensie op E-tv te kyk. Onder andere is ek weer besig om ‘n paar kitaarspelers te beloer vir ‘n volgende aflewering vir die KKNK kitaarkanon, wat die legendariese Johnny’s Jazzband insluit.
‘n Paar opmerkings:
1 Ek is bekommerd oor die aantal karaokekunstenaars wat covers doen van hulle eweknieë (of so dink hulle). Hoewel nie my gunsteling musiekstyl nie, het ek nie juis ‘n probleem met sokkietreffers en dies meer nie. Maar genugtig – as jy eers begin om Kurt en Steve te dek (pun intended), dan brand daar ‘n rokie (nie ‘n rokkie nie, Steve). I mean how low can you go. Kry ‘n bietjie oorspronklikheid, mense – skryf ten minste jou eie sin wat herhaal. Of koop ‘n blogge…err…skrywer om dit vir jou te doen.
2 Breinbliksem is een van die beter toneelstukke wat die teaterbedryf na dese opgelewer het, met ‘n indrukwekkende sameflansing van tegnologie en akteur. Gaan kyk dit.
3 Ek gaan vanaand na Fokofpolisiekar kyk.
Ter afsluiting kan julle my dalk help, aangesien ek dit nie meer lekker verstaan nie. Siende dat elke tweede persoon op straat homself so klassifiseer, wat is ‘n kunstenaar?
9 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, Blogging, KKNK, Musiek, Resensies, Teater | Tagged: ek is lief vir my pa, fokofpolisiekar, kitaar, kunstenaars, rock, tegnologie |
Permalink
Posted by Johan Swarts
March 26, 2008
Beste bloggers
Tot op hede is 43 nominasies vir die Tydskrif-projek via die meem-metode ontvang. Knap gedaan! Hartlik dankie aan elkeen wat reeds gunstelinge bygedra het en almal wat nog van plan is om te stuur. Kom ons kyk hoe lank ons die meem in omloop kan hou.
Vriendelike groete
Die redaksie
Nominasies kan natuurlik steeds via Blik ingestuur word.
Leave a Comment » |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, Blogging, [TYDskrif], memes | Tagged: blik, die tydskrif-projek, meem, nominasies |
Permalink
Posted by Johan Swarts
March 25, 2008
Ag tog, net nie weer nie.
Ek kry nounet ‘n e-pos van Frank Botha, waarin hy verklaar:
Swart wankers. Huldeblyk aan ‘n Prinses.
Frank Botha se Daaglikse Dosis. Vreesloos Afrikaans.
NOU AAN. LEES SUID-AFRIKA SE GEWILDSTE AFRIKAANSE BLOG NOU.
Op sy blog self skryf hy:
Noem my ‘n Afro-pessimis, maar die SA Studente Organisasie is ‘n spul swart wankers. And you may quote me on that. [Ek maak so - JS.] Die Universiteit van die Vrystaat-walgvideo maak ‘n draai op CNN en, et voila, onskuldige whiteys landwyd is onmiddelik rassiste. [Huh? - JS.] Eisj, baas… Stereotipeer my en my boere-bloed kook: ek duld nie aanmatige anti-wit stront nie. Blanke studente koop ‘n vloblad-advertensie in The Sunday Times waarin hulle opreg vir die walgvideo omverskoning vra, maar hul eerlike apologie word vewerp. Ek is moerse trots op die blanke studente. Dit vat guts om te erken wanneer jy verkeerd is.
Hoe raak ‘n mens nié omgekrap hieroor nie? Blanke studente het nie ‘n vloblad-advertensie(sic) gekoop nie: die Universiteit van die Vrystaat het. Blanke studente het nie erken hulle was verkeerd nie, die Universiteit van die Vrystaat het ‘n verskoning uitgereik rakende vier studente se optrede. Hoe maak ‘n mens dit duideliker sonder om dit in vetdruk te publiseer: Die Universiteit van die Vrystaat != whiteys. In geen droom, allegorie of grot op hierdie planeet nie.
Nes Jean Greyling, oor wie Die Gestorwe Soldaat onlangs geblog het, is Frank besig om die moeite wat Afrikaners van hulle kant af insit om rasseverhoudinge te probeer regop hou, in sy peetjie te stuur. Ons het nie sulke oningeligte, sensasiegedrewe veralgemenings nodig op die internet nie.
(Wat de joos is ‘n Afro-pessimis?)
20 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, Blogging, wtf n00b | Tagged: frank botha, hoekom?, oningeligtheid, sensasie |
Permalink
Posted by Johan Swarts
March 24, 2008

Feit #1 – Suid-Afrikaanse wetgewing verbied kinders onder die ouderdom van sestien om mekaar in die publiek te soen.
Feit #2 – Suid-Afrikaanse wetgewing maak voorsiening vir sestienjarige (of jonger) meisies om aborsies op aandrang te ondergaan.
Hoe bring ‘n mens dié kloutjie by die oordeel(sic) uit?
10 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, WTF | Tagged: aborsie, soen, suid-afrikaanse wetgewing, WTF |
Permalink
Posted by Johan Swarts
March 24, 2008
[3 van 3]
Vir die laaste aflewering het ek met verskeie idees rondgespeel, hoofsaaklik omdat ek myself in ‘n verknorsing bevind het. Ek wou voortbou op die sentiment van die eerste inskrywing en skryf: rock is ‘n inklusiewe genre. Salig rus ons snare.
‘Problem being: dit is nie. Nie heeltemal nie, in elk geval.
‘n Mens hoef maar net te dink aan die jarelange bekgevegte tussen bands en backtrackers (re: Anton Goosen en Steve Hofmeyr) om te besef dat rock nie so inklusief is soos wat dit mag voorkom nie. En wat ‘n lieflike weerspreking sou dit nie wees as ek skryf oor ‘n genre wat almal kwansuis aanvaar as ek skaars ‘n paar dae gelede verkondig het dat hulle norms deurbreek en die status quo wil verflenter. Soos die wyse MoorDaBlokMossel sê: vermoor ‘n koei en sy eienaar sal jou haat vir sesduisend jaar.
Rockers is soms net so agterbaks soos die karaokekunstenaars wie hulle van agterbaksheid beskuldig. Ek dink byvoorbeeld aan Francois van Coke wat ‘n kampeerder se tafeltjie verwoes het, of Kobus! wat genadeloos tydens vertonings teen die “plegers” van sogenaamde super- en sokkietreffers uitvaar. Verdraagsaamheid gaan beide kante toe. (Of dit ooit ten volle bereik gaan word, twyfel ek eintlik. Dis winsgewend om ‘n eensydige standpunt te koester en aanhangers te kry wat ook so voel.)
Tog verdien rock ‘n klop op die skouer vir die solidariteit tussen aanhangers wat heers by vertonings. Meer spesifiek die solidariteit in Afrikaanse m0shpits. Vir die onkundiges: ‘n m0shpit is ‘n area, gewoonlik reg voor die verhoog, waar toeskouers “dans“. Eenvoudig gestel beteken dit dat jy rondspring, saamkoek en stamp sover as wat jy gaan. Vir dié wat dit wil waag, is dit katartiese chaos wat broodweinig elders ervaar kan word. Ek kan nie spekuleer oor oorsese m0shpits nie, maar dié wat ek al in Suid-Afrika ervaar het, spesifiek by Afrikaanse rockvertonings, het al van die hoflikste aanhangers opgelewer wat ek nog ooit teegekom het.
M0shpits is effens van ‘n paradoks. Jy spring en stamp almal om jou, maar wil niemand seermaak of verontrief nie. As jy gestamp word, raak jy nie kwaad nie en stamp jy nie terug met die bedoeling om te beskadig nie. Soms is dit selfs gevaarlik, maar jy is vry, jy vrot na sweet en jy word aanvaar nes jy is. Dis ‘n karnavaleske partytjie van groteske liggame wat ‘n amorfe eenheid vorm sonder ‘n snars diskriminasie. Tussen oorverdowende geluide, biervlekke en basnote wat vibreer in jou borskas, word jy ‘n soort wedergeborene tussen wedergeborenes; beleef jy opnuut iets wat iemand lank gelede in jou breinlobbe vasgebrand het.
Tog jammer Sondagskooltannies noem dit geraas.
3 Comments |
Africana, Algemeen Geskaafde Afrikaans, Musiek | Tagged: anton goosen, francois van coke, kobus!, rock, sondagskool, steve hofmer |
Permalink
Posted by Johan Swarts
March 22, 2008
Na aanleiding van WordPress.com se tekortkominge het ek besluit om te verhuis.
As ek tekortkominge sê, bedoel ek nie dat WordPress.com nutteloos is nie – inteendeel. Ek is egter op ‘n punt waar ek graag self CSS wil edit, Javascript en (dalk) Flash wil gebruik. Die rede hiervoor is tweeledig. Eerstens wil ek ondersoek instel na die inkomstepotensiaal van blogs; tweedens wil ek graag dinge doen wat ek al lankal wou doen, soos polls embed, ‘n meer vleiende ontwerp ontwerp (sê dit vinnig, dit klink vernuftig) en beter statistieke kry.
Moenie bekommerd raak nie – ek gaan nie in ‘n sell out ontaard met tagtigduisend onooglike ads en opsetlike pogings tot massahisterie nie. Ek ‘n is egter op soek na stabiele, vinnige webspasie waarheen ek hierdie blog kan skuif – steeds in WordPress-formaat. Ek soek stabiele webspasie omdat my data vir my belangrik is en vinnige toegang omdat my lesers vir my belangrik is.
‘n Bietjie navorsing toon aan dat plaaslike webspasie taamlik duur is in vergelyking met oorsese eweknieë. Die beste opsie wat ek tot dusver in Suid-Afrika kon vind, is Hetzner, maar hulle ondersteun nie MySQL en PHP vir minder as R99 ‘n maand nie – en selfs dan sit jy nog met baie beperkte databasisvermoë. Die prys, gepaard met Eskom se huidige beurtkrag, maak my effens skepties. Dit laat my met ‘n rits aantreklike aanbiedinge uit Amerika, Europa en Asië (insluitende Hetzner.de). Al probleem hiermee is dat, sou iets onklaar raak, die kliëntediens dalk nie so goed sal wees nie. Ek sit immers aan die onderkant van Afrika.
Tans probeer ek sin maak van veral Amerikaanse maatskappye se buitensporige aanbiedinge. Verskeie van hulle bied onbeperkte bandwydte en duisende gigagrepe (sê dit met noeste vlyt), maar so iets kan onmoontlik volhoudbaar (of vinnig) wees. Is daar enigiemand met meer kennis en ervaring wat meer lig op hierdie situasie kan werp? Dalk iemand wat in die verlede ‘n bloutjie met so iets geloop het? Ek wil nie ‘n kat in die sak koop nie, maar kan eweneens nie nou ‘n leeu bekostig nie…
Die laaste inskrywing in die rock-trilogie is in produksie.
15 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, Blogging |
Permalink
Posted by Johan Swarts
March 19, 2008
[2 van 3]
Dalk strydig met die vorige aflewering is Afrikaanse rock eintlik ‘n rykmanspel – die musiek van die bourgeoisie.
Om ‘n rockgroep te onderhou vereis aansienlik meer geld as, byvoorbeeld, ‘n kwaitogroep. Kapitaal is nodig vir kitare (elkeen ‘n paar duisend rand werd), kitaarversterkers (in sommige gevalle duurder as die kitare), ten minste een baskitaar (‘n aansienlike bedrag), ‘n baskitaarversterker (duur, selfs al koop jy ‘n kleintjie) en dromme (ook duisende rande). Elkeen het om die beurt verskeie instandhoudingskoste. Kitare moet nuwe snare kry. Dromstokkies breek. Valve amps se valves…wel…blaas.
Read the rest of this entry »
8 Comments |
Africana, Algemeen Geskaafde Afrikaans, Musiek | Tagged: AfriCan, aKing, baarmoedergevoel, Fender, fokofpolisiekar, foto na dans, Ibanez, Khayamandi, kobus!, Langa, Nyanga, Perl, rock, rykdom, Tama |
Permalink
Posted by Johan Swarts