Brood

Ek hou van brood. Brood is lekker. Brood is goed. Daar is soveel dinge wat ‘n mens met brood kan doen. Jy kan soos ‘n brood voel. Jy kan vir ‘n brood gevat word. As ‘n bakkery langs ‘n broodboom ontplof reën daar broodbloed op broodbome. Jy kan dit selfs eet. Brood is lekker. Brood is goed. Brood. Ek hou van brood.

(Het jy al ooit ‘n woord so baie namekaar gebruik dat dit skielik alle betekenis verloor en soos ‘n leë versameling klanke klink?)

15 Responses to “Brood”

  1. mnr.muller Says:

    …die een se woord is die ander se dood.

    soos ek dit het, is brood nie eintlik gesond nie. die gis is nogals sleg. jy het dus nie brood broodnodig nie. eet eerder ongeprosesseerde goed. hm, maar ek vermoed Bertus! sal nie saamstem nie. hy hou van hamtoebroodjies, as ek dit reg het. ;)

  2. eiramenna Says:

    rog- en sadebrood … daar’s nou die blou bloed van alle brode. viva!

  3. Tigerlily Says:

    brood brood brood brood b r o o d b r o o d b r o o d
    r
    o
    o
    d

    is soos swem & vurk

  4. sonkind Says:

    Gewone windbrood is nie lekker nie. Dit moet tuisgebakte brood wees of ’seed loaf’ of so iets. Johan, wat op aarde het hierdie post geinspireer? As ek nou so nuuskierig mag wees :-)

  5. Johan Swarts Says:

    brood.

  6. Roer Says:

    Wat het hierdie post geinspireer? Ek vermoed beslis nie brood nie. Denaturalisering… verduidelik tog asb!

  7. Bad Ben Says:

    HA!

    My meisie kan “sy” vyf keer in ‘n ry gebruik – in een sin wat sinvol is!

  8. Bad Ben Says:

    SY SY SY SY SY-

  9. johannes_11 Says:

    doorb in afrikaanse hebreeus

    לחם …. in Hebreeus

    ἄρτος … in Grieks

    joh6:48 ἐγώ εἰμί ἄρτος ζωή

  10. Seks. « Da Mario se gepraat… Says:

    [...] Seks. Jump to Comments ….met apologie aan Johan Swarts… [...]

  11. wag-ʼn-bietjie Says:

    Nee Johan, maar jy en ‘n paar ander het sopas. Hehehe.

  12. mykopop Says:

    Sê jy dalk Namibië is brood?
    Randall Wicomb sê dan “Duitswes is lekker, Duitswes is goed!”

    Johan, wat se navorsing is jy weer mee besig? Lyk my jy’s hier besig om jou brood oppie water te stane gooi…

  13. Johan Swarts Says:

    Aaaag, sommer ditjies en datjies. Hmm…ek was nog nie in Nam nie, so ek weet nie lekker nie.

    Roer en Sonkind – ek maak binnekort ‘n opvolgpost.

  14. Dellie Says:

    Ek hou ook van brood. Met tamatiesous op.

  15. René Says:

    O….K…. – dit maak natuurlik vir my glad nie sin nie :roll:

Leave a Reply