Goed, so wat presies rook Jurie Els en sy regspan? Hoekom nie eerder ‘n lastersaak maak nie? ‘n Interdik (en ‘n artikel in die Huisgenoot met uitgekrapte gedeeltes) versuur reeds sy allure, so dis nie asof beeldpoetsery die rede kan wees nie.
So wat dan?
Instink- ‘n blinde verdedigingsrefleks? Prokureurs wat so goed kan dink soos wat Els kan sing? Die feit dat sy mark bestaan uit bewonderaars wat die nuus eers oor ‘n paar maande via telegram sal ontvang? (Google gerus “Jurie Els”. Hy het nie ‘n website nie. Hoe het ‘n mens nie ‘n website nie? Jou teikenmark is 80.) Sy Head over heals-duet met Patricia Lewis?
Vissies?
Waddehel man?!
[*edit* Ek is nie kwaad nie, ek is totaal en al oorbluf. Kan 'n mens regtig so stupid wees?]











February 18, 2008 at 1:45 am |
eish. hoe se mens dankie.
klaarblyklik NIE so nie.
February 18, 2008 at 10:26 am |
Like, who cares dude? Of is hierdie weer ‘n statshoer trick?
Ons almal het maar ons eie manier van dankbaarheid betoon…
February 18, 2008 at 12:04 pm |
lol @ dankbaarheid
nah, die meeste hits vir ‘n statshoer sou laas week gekom het. (nie dat ek gaan kla as mense hierdie post lees nie, bygesê.) dis nie dat ek vreeslik baie omgee nie – ek lewer bloot kommentaar op ‘n verskynsel in die publieke sfeer wat vir my ludicrously onverstaanbaar is. ‘n interdik is mos nou ‘n dead giveaway. terselftertyd is dit so puntloos, want as dit ‘n dead giveaway is, is die interdik nutteloos.
dalk is dit dieselfde soort opsetlike “domheid” wat aan george bush ook toegedig word. i dunno.
nice avatar.
February 18, 2008 at 3:14 pm |
Wat ek nie lekker verstaan nie, is – hy kry ‘n interdik teen die Huisgenoot. Hoekom? Om sy naam stil te hou? Maar intussen word sy naam left, right en centre rondgegooi op die dagblaaie?!
February 18, 2008 at 3:27 pm |
presies my sentiment.
February 18, 2008 at 4:11 pm |
Huilgenoot het darem die swart dwars-oor sy naam, so geplaas dat enige mens met verbeelding, die woord J U R I E, onder kan uitmaak.
Hy is so ‘n poepol, ek is gladnie verbaas oor sy optrede nie. En om hoog te kan spring, beteken ook nie jy’s die slimste peanut in die pakkie nie. Dis nou vir die wat weer gaan ‘arme Hestrie’ begin chant.
February 18, 2008 at 4:32 pm |
Dis nou wat jy kry as ‘n ELS sy eie JURIE aanstel
Dis wanneer die laws van Afrika begin deurkom, “survival of the fitest”… in die eerste wereld noem hulle dit “free enterprize”
February 18, 2008 at 8:20 pm |
miskien sal sekere persone letterlik enige iets doen net om publisiteit te kry met sulke absurde pogings om openbare debat uit te lok .
maar ek dink nie dit trek genoeg aandag af van veel erger en boser en immoreler senarios wat tans in en om ons huise afspeel nie . of dit is weer net tipies van die mens se onmenslikheid teenoor medemense .
February 19, 2008 at 2:50 pm |
daai interdik het meer skade as goed gedoen.hy mos sy mond gehou het tot die huilgenoot RK se storie gepublish het…dan kon hy daarna ‘n lekker vet crimen injuiria/laster/verlies aan inkomste ens oopgemaak het MITS HY NATUURLIK ONSKULDIG IS
February 23, 2008 at 2:25 am |
Johan, jy moet die studente se spotprente vir Media sien- van “Klay trap” tot “met Klay speel”!
February 26, 2008 at 10:32 pm |
Het nog nie voorheen van Klay gehoor nie en het nog nie vir Jurie Els hoor sing nie. Het darem vir Hestrie sien spring. Ek dink nie ek het veel gemis nie. Die spul moet mekaar nou maar uitsorteer en dan Springer-regte verkoop vir oorlewing. Dit bly ‘n kwessie van vraag en aanbod en met Huilgenoot se S & S honger lesers, bly vooruitsigte vir die kaliber snert goed.
June 4, 2009 at 5:44 am |
Ek dra Jurie op aan die Here wat vir hom genade en liefde strooi. Hy is ‘n mens soos ek en jy, Wie is ons om te oordeel, Jurie bly ‘n mens met ‘n goeie hart. Sies vir ons SA wat soms wil se ons is Christine, as jy sonder sonde is mag jy oordeel, Maak eerder jou pad reg met God, en spreek mooi oor Jurie en sy gesin, en al die mense wat nie volgens julle reg doen nie, en jy sal meer geseend wees