Die boek die naaste aan my is my ouma se Bybel. Dis ouer as ek. Drie sinne na die eerste vyf sinne op bladsy 123 sê:
10 En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet – teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit
11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen ; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
12 Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie ; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
Sorrie, vampiere.
(Re: Hugo. Ek weet nog mense het my getag, maar ek kan nie onthou nie.)











February 18, 2008 at 10:37 pm
my kant-aantekening is geplaas as ‘n opmerking onder idiwidi se indrukwekkende “die erfenis van verlies” , vir wat dit werd mag wees. baie dankie – vir soms die interessantste bloggerigste gespreksvoerings …