Freethinking Maties: Ateïste Anoniem

Ek was onlangs saam met Bertus! en Hugo by die Freethinking Maties se Darwin-gedenkdag, waar ‘n dokumentêr oor Charles Darwin se lewe vertoon is. Benewens die soms ondergemiddelde toneelspel (in dele waar aangedikte staaltjies oor Darwin se lewe geënsceneer is) was die een ding wat my gepla het die manier hoe die kampus se “vrydenkers” klakkeloos na ‘n skerm gestaar het asof dit Jesus self was. Dit was soos Faith Like Potatoes vir nie-teïste.

Tewens, die film was soos ‘n erediens. Elke grappie, hoe flou ook al, is met hartlike lagbuie begroet. Die meerderheid van die wetenskaplikes waarmee daar tussen sketse onderhoude gevoer is, het woorde soos: “we can be almost certain” en “we believe” gebruik. (Dit sluit Stephen Jay Gould in.) Daar was ‘n massiewe klomp onlogiese stellings in die dokumentêr, sowel as ‘n amper irrelevante verskyning, as ‘t ware ‘n anomalie, deur ‘n katolieke, evolusionêre bioloog.

In ‘n neutedop was dit ‘n middelmatige film wat, sou ek ‘n anti-evolusionis met ‘n kritiese ingesteldheid wees (ek is seker daar is ‘n paar van hulle daarbuite), my glad nie van die teendeel sou oortuig nie. Tog het die Freethinking Maties die film verslind as ‘n soort preek. ‘n Gedenkdiens. (Of so het dit gelyk, in elk geval.) Die atmosfeer van die hele affêre was een van godsdienstige getrouheid aan ‘n vasgestelde klomp idees. Van ware vrydinkery was daar nie veel sprake nie.

Nodeloos om te sê het ek en my medebloggers dit taamlik amusant gevind.

As daar ooit ‘n kans was dat ek by die Freethinking Maties sou aansluit, is dit nou spoorloos. Ek dink hulle kan gerus hulle naam verander na Ateïste Anoniem – dit sal ten minste eerlik wees.

Ontkenningsklousule: As jy in hierdie inskrywing ‘n mening vir of teen evolusie / ateïsme sien, lees jy my verkeerd. Die kwessie hier is skynheiligheid.

54 Responses to “Freethinking Maties: Ateïste Anoniem”

  1. Jeanette Serdyn Says:

    Liewe mens! Hoe het Maties nie verander nie! Toe die antie voorgraads daar verkeer het, was daar ‘n protesvergadering – in die Gat! – en ‘n optog, met vuurstokery, omdat daar ‘n rubriek in “Die Matie” verskyn het wat in slegs die mees analfabetiese kop as godlastery omtower sou kon word. Vandag skyn daar op Maties ‘n vereniging vir mowwe en lette te wees, en selfs hierdie vereniging, Johan, waarvan jy skrywe. Jou kritiek is sekerlik nodig, maar jy kan nie begryp hoe tye verander het nie. “Christene van Galilea!” seg die antie, soos ‘n ou tjom altyd, met onbedoelde wrangheid, geuiter het.

  2. mykopop Says:

    Johan ek is bly daar is nog jong mense soos jy wat nie sommer val vir enige snert net omdat dit ‘n populêre siening is nie. En daarmee bedoel ek nie dat ek ateïste nie ‘n standpunt gun nie.

  3. idiwidi Says:

    Toe ek die advertensie vir die gedenkdag sien, het ek nogal gewonder of dit so sou uitdraai. Ai, dis jammer.

  4. Jasper Says:

    Die vrydenker se wereld draai om wetenskap wat in sy beurt die “essence” van logika dabatteer

    Logika aanvaar die prinsiep van ‘n God vir Millenia al. Wetenskap moet eers Logika bewys voor hlle God kan bewys.

    “nuff said”

  5. Da Mario Says:

    Ek like jou ontkenningsklousule. Dit wil voorkom asof jy nou moeg geraak het om opgeneuk te word oor goed wat jy nie eintlik bedoel om te skryf nie. :D

  6. Johan Swarts Says:

    Bedoel is so ‘n sterk woord… :p

    Terloops, almal, hierdie post is my subjektiewe waarneming van die aand. Ek is seker daar was sommige teenwoordiges wat dit nie vir soetkoek opgeëet het nie, en daar was darem ‘n paar interessante (en geldige) punte in die (middelmatige) film. Die inligting oor die mutasies wat die VIGS-virus ondergaan, was vir my taamlik insiggewend.

    So moet my ook nie vir soetkoek opeet nie ;)

  7. machiel Says:

    Hoe vry is die denke van ‘n vereniging vir vrye denkers…??? Moet mens ook so vry soos hulle dink om een van hulle te wees? Hoe meer ons anders is, hoe meer is ons dieselfde.

  8. johannes_11 Says:

    so vry dat jy as ‘n vvv aangesien kan word

  9. izak Says:

    wat die billboard betref – pastoor sonny manuel is so heeltemal in die kol !
    hoe vry moet die mens kan dink ?

  10. Freethinking Maties’ Darwin Day Celebrations Says:

    [...] Johan Swarts owns his quote, on his blog. His post is in Afrikaans: Freethinking Maties: Ateïste Anoniem. Do any English people want me to [...]

  11. Bertus! Says:

    Dit was beslis ‘n eienaardige geleetheid. Ek het gehoop daar sal dalk ‘n debat of ‘n praatjie ook wees, maar ongelukkig was dit net die video, so ek kan nie regtig ‘n mening oor die vrydenkers waag nie. Wat wel interessant was, was dat Johan du Bois daar opgedaag het, terwyl Johan Swarts ook daar was – get your head around that one, please.
    Ek hoop Du Bois het darem die geleentheid gebruik om te inspekteer hoe vuil die bib se toilette lyk – veel erger as wat die Neelsie s’n by tye lyk, if you ask me. Maar dalk was dit omdat dit laat in die aand was en die skoonmaakspan eers vroegoggend daar inval . . . Of dalk is dit net die vrydenkers wie se poep so stink.

  12. Pienk Zuit Says:

    Jasper, hoe nou? Hoe aanvaar die kosep van logika die prinsiep van ‘n God?

  13. Bertus! Says:

    Ek het eers gewonder hoekom soveel jong mans met houtperde tussen hul bene op kampus rondloop vandag, toe besef ek dit is natuurlik weer tyd vir die Helshoogte Met. Loop jy ook met ‘n houtperd rond ter viering van die opkomende Helshoogte Met, Johan?

  14. Johan Swarts Says:

    dis simonsberg daai.

  15. kostannie Says:

    Bertus!, hoe kan jy vir Johan so in die gesig vat, of is jy besig om sarkasties te wees? Dis dan Helshoogte se vyand se Met, die Simon Met!

    Wat ou Charles Darwin aanbetref het ek nogals ‘n bietjie van ‘n beklemming om die hart gekry toe ek ‘n paar jaar terug daar in Westminster Abdy op sy naam in die vloer afgekom het. Daai jare het ek nogals baie gedink van die vader van Natuurlike Seleksie. Dis voordat ek The Song of the Dodo van David Quamen gelees het (ek lees dit nou sommer vir ‘n tweede keer). Daarna het ek baie meer agting vir arme Alfred Russell Wallace gekry, die ‘avonturier’ wat in die skadu van Darwin sy teorieë geformuleer het. Baie interessante geskiedenis rondom hoe hulle twee se paaie gekruis het en hoe Darwin uiteindelik met die louere weggestap het.

  16. Peter Peiser Says:

    Ek wonder ook hoe logika die konsep van ‘n god aanvaar. Nie die logika wat ek ken nie.

    (die res van hierdie stuk is gerig aan Johan)

    Maar ja, as ‘n ateis wat deel is van die freethinkers society moet ek net sê dat “freethinking” spesifiek verwys na ateïste, “agnostics” en ander generiese skeptiese persone. Egter het ek besluit om slegs na die sosiale geleenthede toe te gaan daarvan, omdat ek net eenvoudig nie genoeg omgee oor die prozelytizing deel nie. Ook het ek al genoeg opgelees en gehoor van die populêre kwessies (soos aborsie en evolusie en soortgelyk) dat ek nie meer wil sien of hoor daaroor nie.

    Natuurlik soek jy kontroversie deur die heeltyd die bywoning te vergelyk met geloof, wat jy moet verstaan net almal wat nie van jou opinie is nie eindeloos gaan irriteer. Maar ja, dis natuurlik ‘n goeie idee om dit in ‘n blog te sit in Suid Afrika, want meeste mense is Christene en een van die dinge wat hulle wil hoor is dat ateïste maar eintlik ook ‘n god het.

    Anyway, hoe gaan dit met die Ramfest storie? Ek dink ek sal weer ‘n draai daar by jou moet kom maak volgende week se kant, maar ek sal bel. Natuurlik vir ‘n rede, ek gaan ‘n tablet pc kry(wat letterlik die laaste van my spaargeld opeet), en ek gaan almal impress daarmee. Ek gaan, ok. Regtig. Ok, dalk net myself impress, maar ek kan maak asof ek almal impress, dan is dit ook goed genoeg.

    Groete,
    Peter

  17. Johan Swarts Says:

    Ek sê nie hulle het ‘n god nie – ek sê die geleentheid was soos ‘n kerkdiens. Afhangende van wat jy glo, kan dit twee baie verskillende dinge beteken.

    Dit gaan goed met Ramfest! Jaco het my opgesign as ‘n kameraman, wat beteken ek gaan die naweek van my verjaardag spandeer deur te koes vir bier (op my en op ‘n kamera). Which could be fun ;) Ons het Saterdag ‘n kontaksessie.

    Jy’s welkom, maar ek is nou weer op kampus. So jy sal moet deurry.

    Wanneer kan ek kom kuier in jou bunker-plus-iris-deur?

  18. George Maru Says:

    Ek kon nog nooit die obsessie met Darwin verstaan nie. Verder moet ek ook nog ‘n ware vrydenker ontmoet.

  19. Peter Peiser Says:

    George Maru:

    Vanaf Wikipedia:
    Freethought is a philosophical viewpoint that holds that beliefs should be formed on the basis of science and logic and not be influenced by emotion, authority, tradition, or any dogma. The cognitive application of freethought is known as freethinking, and practitioners of freethought are known as freethinkers.

    Die ander definisies vanaf Google se “define: freethought” command gee dieselfde. Ek is sonder ‘n twyfel ‘n “freethinker”, en ek is redelik seker daar is baie van ons in die freethinker society.

    Anyway, ek het seker amper 15 minute op blogs spandeer die laaste maand, so dis hopeloos te veel. Johan, ek sal met jou reël dat ek my ongelooflike toerusting kom demonstreer wanneer ek dit kry, maar tot oor ‘n maand of twee sign ek eers uit die blog uit. Tot later!

  20. Cobus Says:

    15 minute per maand te VEEL vir blogs?
    jitte. laster die man nou hierso.

  21. George Maru Says:

    Peter, word jou “beliefs” nie beïnvloed deur emosie nie? Ek staan by my oorspronklike standpunt.

  22. Christoff Says:

    Johan,

    Great post! Komende van ‘n “free thinking atheist”, moet ek eerlik wees dat baie van my mede-ateiste presies DIT doen: hulle fikseer so op spesifieke wetenskaplike issues (evolusie, big-bang teorie) dat hulle definitief NIE meer as vry-denkers geklassifiseer KAN word nie. Byvoorbeeld, as enige stelling gemaak word wat nie staaf met die betrokke teorie nie, word dit nie in ‘n “spirit of free enquiry” ondersoek nie, maar word summier verwerp. Dis mos niks anders as “blind faith” nie!

    Ewenwel, Paul Graham het ‘n ongelooflike goeie opstel geskryf presies oor die kwessie van vry-denkery en hoe mens jou brein moet her-orienteer om vry-denkery toe te kan laat:

    Taboos, Heretics And Moral Fashion

    En net om my stywer in die armbeurs te gooi, vry-denkery is ‘n ideaal wat nog geen mens op hierdie aarde kon bereik nie. Baie strewe daarna (ek ook), maar ons almal is “gevangenes” van ons kultuur, politieke atmosfeer, sosiale verwysings-raamwerk, era waarin ons leef (information-age vs industrial age vs agricultural age, byvoorbeeld) en KAN dus nooit 100% vry-denkend wees nie. Dit is egter ‘n baie “noble” ideaal om na te streef.

  23. A Response to Johan Swarts Re: Freethinking Maties Says:

    [...] post is largely in response to Johan Swarts’ post, Freethinking Maties: Atheists Anonymous. I made a poor translation in a comment on my previous [...]

  24. johannes_11 Says:

    Wat is ‘n vrydenker…?

  25. Susan Says:

    Ek stem saam met Pieter.
    Ag Johan, ek dink nie jy sou enige iets anders oor die ontmoeting gesê het indien daar debat of watokal na die tyd was nie. Of indien die mense daar bietjie minder gelag het vir die grappies nie.
    Ek dink jy het besluit wat jy gaan sê oor die ontmoeting, nog voor jy die geleentheid bygewoon het.

    As jy die mense daar en die vereniging wil beoordeel op grond van een video-vertoning en ‘n paar flou grappies… dan maak dit in elk geval nie saak of jy ooit daarvan gaan deel word of nie.

    “Tog het die Freethinking Maties die film verslind as ‘n soort preek.”
    - Dit is nou wat Dottie ‘n Moerse Fokken Ongekwalifiseerde stelling sal noem.
    Kom nou man, kom by!

  26. Johan Swarts Says:

    Susan – Good grief, jy verander ook net nie, né? Suit yourself. Gaan lees gerus weer wat ek geskryf het. Ek rammel nie hulle mission statement af nie, ek beskryf die atmosfeer wat by die vertoning geheers het, soos ek dit waargeneem het. Ek gebruik selfs die woorde: “so het dit gelyk”.

    Was jy daar, Susan?

    Toe nou. Iemand wat joernalistiek swot kan beter as dit doen.

  27. Da Mario Says:

    Dalk nie?? Wat’s die kwaliteit daar by Maties deesdae? :twisted:

  28. duskant Says:

    Eens met George Maru is die konsep van (en kognisie tot) “vrydenkery” vir my uiters problematies en in beginsel ‘n kontradiksie in terme.
    Netsoos anglisismes…

  29. Jasper Says:

    Zuit en Peter
    Nie almal sal seker die spot raaksien nie :shock: ….

    Moet ek weer die sleutel herhaal: “nuff said”

    ;)

  30. Bad Ben Says:

    To all the protagonists of Freethinking Maties:

    Is it not implied that “freethinkers are atheists” if the above described stance is taken towards topics concerning God? Is freethinking a non-possibility when it comes to God? Even the concept of God? hmmm. The name starts to feel a bit pretentious to me. The whole idea of ignorance concerning certains controversial areas seems to subvert such a title and expectation.

    Anyways.

    Furthermore I want to know what makes the belief of Gravity so much more logical than belief in God? Gravity itself is in no way empirically perceivable. We conclude it’s existence from it’s effects. Truth has consistent effects. So if I conclude God’s existence out of (roughly, granted) a consistent effect in the lives of those who claim his existence and in my own…hmm.

    Might we also say that gravity is a culturally assumed and learned concept?

    I’m just musing. Humour me. Im no scientist. Pease no sentimental responses. I want a cold, hard, locigal refutation for this one.

    This was a response I wrote in conjunction with the issue on Hugo van der merwe’s blog.

    I don’t want to bash anybody. Merely ask the question (having read the official defiition of “freethinking”) whether we should not give semiotics primacy over semantics: Ie. what is interpreted is more important than what is meant.

    Jammer vir die engels. Ek voel net sterk dat “freethiniking society” inpliseer vir selfs die room van die intellektuele wêrelds minderheid nie dat dit bloot ateïste is wat vrydenkend is nie. dit sal wees “freethinking atheists”. Dit is ‘n uiters snobbistiese en ontelerante titel na my mening.

    Hoe voel julle daaroor. Sit ek die pot mis? is ek besig om emosioneel te redeneer? My hartsbegeerte is om dialoog te stimuleer.

  31. Bad Ben Says:

    crap. Html werk nie op jou blog nie johan!

    OKAY alles vanaf die begin tot “This was a response is ‘n aanhaling vanaf ‘n ander blog.

    van daar af het betrekking tot hierdie blog spesifiek, die voorafgaande is konteks.

  32. Bad Ben Says:

    Johan ek weet nie of jy dit dalk kan korrigeer sodat dit meer sin maak nie?

  33. Bertus! Says:

    Die bestaan van gravitasie word nie uit die gevolge daarvan afgelei nie. Gravitasie en die gevolge van gravitasie is presies dieselfde ding. Jy het jou definisies deurmekaar.
    God daarenteen kan seker uit sy gevolge afgelei word, maar al daai “gevolge” sou ook op ‘n ander manier verklaar kon word.

  34. Johan Swarts Says:

    ben, ek moet nogal met bertus! saamstem op hierdie ene. swaartekrag is sy eie gevolge. straatligkinders het ‘n eenvoudige liedjie met ‘n koorgedeelte: “sien is glo, so kies wat jy wil sien”. as jy God wil sien, gaan jy hom orals sien. indien nie, gaan jy nie.

    dit kom neer op wat jy kies. ons sal nooit weet wat werklik waar is nie, maar ek dink nie altyd dit maak regtig so baie saak nie, want wat elkeen van ons sien, is vir ons die waarheid.

    the dilemma being, of course, that everybody can see.

  35. Bad Ben Says:

    Ek hoor julle, maar stem steeds nie saam met bertus se stelling dat swaartekrag aan die effekte daarvan gelyk is nie. Ons ken dit daardeur, maar is die oorsaak daarvan nie die kragte wat twee voorwerpe na mekaar aantrek nie? dit is tog ‘n onsigbare krag wat ons net deur die effek daarvan kan waarneem. ander kragte bestaan ook: soos magnetisme. So daar kan ander oorsake wees van ‘n objek wat nader aan ‘n ander objek beweeg. Self komplekse gevalle waar gravitasie nie geld nie.

    Ek sien definitief meriete in jou argument: maar as jy probeer impliseer dat logika altyd na die waarheid wys wil ek jou dievolgende vra: Dink jy dit was vir mense in die 1300s logies dat die wêreld plat is?

    Johan ditto met daai Straatlig lirieke. point taken. Maar net omdat jy iets ooral wil sien en dit dan wel sien terwyl iemand anders dit nie sien nie beteken nie dat dit nie daar is nie!

  36. Johan Swarts Says:

    ‘n Krag sonder sy effek is nie ‘n krag nie.

  37. Johan du Bois Says:

    I’m glad that the film got people talking. Though in an unexpected way. The event was a bit of a disaster, but we live and learn. I did preface the film with the suggestion that the audience approach it, especially the biographical sketches, with a health sense of irony. Hope to see you at our next event; we won’t make the same mistakes twice. Expect new ones.

    Also, no bathroom on campus could possibly compare to the Neelsie’s – except possibly one in – I think – the van der Sterr building. It has a eye-watering stench.

    I would appreciate it if you would, in future, contact me directly with your comments and suggestions. It is only by chance that I came across this site and so have to opportunity of considering your criticism.

  38. Bad Ben Says:

    ‘n krag in teorie is totaal en al afsonderlik van sy effek, dink ek, en veroorsaak sodoende ‘n nuwe effek van swaartekrag!

    hence.

    Swaartekrag is denke, en ononderskeibaar van denke, want dit hy my veroorsaak om daaroor te dink. siedaar!

  39. Johan Swarts Says:

    Bad Ben – Met verwysing na jou logika-argument, dink ek jy moet eers rustig gaan sit en besluit waarna presies jy verwys as jy van “logika” praat. As dit “common sense” is, dan was dit beslis logies dat die aarde plat is. Indien dit ‘n sistematiese stel retoriek en afleidings geskoei op wiskunde is, dan was dit na alle waarskynlikheid nie logies nie. As dit ‘n sistematiese stel retoriek en afleidings geskoei op die kennis van die tyd was, dan was dit logies. Vandag is dit nie meer logies nie.

    As ek mag vra, hoekom is dit relevant?

    Johan du Bois – ek vra om verskoning as ek aanstoot gegee het. Vorige korrespondensie tussen my en Rudolph (is hy nog steeds daar?) het my baie sterk oortuig dat die vereniging nie heeltemal is wat dit voorgee om te wees nie. Dit is in daardie lig wat ek die aand bygewoon het.

    That being said:

    1. Ek dink steeds julle moet eerder atheists anonymous of iets in der voege raak en…
    2. dis nie my verantwoordelikheid om jou vereniging beter te maak nie ;)

  40. Bad Ben Says:

    Johan. Ek probeer maar net die argument aanspreek dat omdat God nie logies is nie, Hy nie bestaan nie. Ek raak biki deurmekaar met jou en Hugo se blogs. jammer. Ek essensialiseer nou die wetenskaplike benadering grof. vergewe my.

  41. Bad Ben Says:

    Exactly. wat ek probeer vra Johan. Wiese/watse Logika?

  42. Johan Swarts Says:

    God is logies as jy Hom of Haar postuleer as ‘n eerste oorsaak. “Skepper” kan border op onlogies, maar onlogies is nie noodwendig onmoontlik nie.

    Met die huidige kennis oor die ontstaan van die heelal tot ons beskikking, dink ek, is ‘n eerste oorsaak glad nie onmoontlik nie. Baie Dawkins fanboys spoeg vuur as ‘n mens van God as ‘n eerste oorsaak praat, terwyl hulle in werklikheid nie veel meer as persoonlike oortuigings het om dit mee te staaf nie.

    Which is hoekom dit gaan oor wat jy sien, dink ek steeds.

    Terloops, wat ek eintlik probeer sê, is dat regte logika die soort is wat ‘n mens help om sillogismes op te stel en groot dele van Wittgenstein en Russel te verstaan. Al die ander waarvan jy praat is common sense of gut feelings. Hulle tel nie. “Wie se logika?” is ‘n irrelevante vraag.

  43. johannes_11 Says:

    Dankie nou weet ek ook presies wat ‘n vrydenker is…!
    Wat noem ‘n mens ‘n vrydenker wat deur ander vrydenker in in ‘n hoek vasgekeer is…?

  44. Bad Ben Says:

    …nervous…

  45. Bad Ben Says:

    Ek weet darem nie oor daai “regte Logika” nie, Johan. ‘n Cool idee in teorie, maar ek is nie seker dis moontlik in die onperfekte praktiese sfeer. Maar ek stem grootendeels met jou saam oor die eerste oorsaak ding – dit beskadig die geloofwaardigheid van evolutioniste.

  46. Bertus! Says:

    Hiermee wil ek graag amptelik en onvoorwaardelik onverskoning vra dat ek gesê het Johan Du Bois-Swarts moet die toilette gaan inspekteer. Dit was natuurlik ‘n vewysing na sy SR-veldtog wat oor die Neelsie se toilette gegaan het, maar dit was seker ‘n infantiele verwysing.
    Ek wil egter byvoeg dat ek glad nie verbaas sou wees as die toilette ekstra gestink het tydens die vrydenkers se vergadering nie. Soos my oorlede moeder altyd gesê het: “‘n Oop lyf huisves ‘n oop gemoed!”

  47. susan Says:

    Haha, is dit ‘n uitdaging?

    Johan, dit is ok om vir Jesus kwaad te wees. Ons almal is op een of ander stadium.

    Net omdat hierdie klomp manne uber kwaad is – nou laaik jy hulle niks?

    Wat moet die society by elke video vertoning, by elke gesprekke eers ‘n disclaimer uitdeel?
    Op hierdie stadium – op hierdie kampus – is enige beweging na wetenskap – ‘n stappe na vrye denke.

  48. Johan Swarts Says:

    Susan, ek gaan jou puntsgewys antwoord. Want ek kan. ‘n Nommer per “paragraaf”:

    1. Dis ‘n vermaning.

    2. Ek stem met jou saam, maar sien nie die relevansie van die woede in hierdie gesprek nie.

    3. Ek daag jou uit (toe, daar is vir jou ‘n uitdaging) om vir my te wys waar ek meen “ek laaik” hierdie ouens “niks” nie. Wys dit gerus vir my, want ek weet nie waar jy dit raaklees nie.

    4. Nee, ek dink ‘n disclaimer sal tydrowend wees. ‘n Eenvoudige beleidsverandering sal die ding doen.

    5. Is jy nog steeds op daai denkspoor? Die een waar MM Walters se satire cutting edge shit en die US ‘n wit patriargie run by dominant, Christian males is?

  49. Bad Ben Says:

    Wat moet die society by elke video vertoning, by elke gesprekke eers ‘n disclaimer uitdeel?
    Op hierdie stadium – op hierdie kampus – is enige beweging na wetenskap – ‘n stappe na vrye denke.

    Ek moet sê Susan: soos dinge nou begin lyk op hierdie kampus is enige vor van sobriety ‘n “stappe” na vrye denke.

    Maar Johan jy lok alweer hard aan die aanstoot.

    PLAY NICE NOW DEMMIT!

    Op punt twee: wat is die punt van kwaad wees vir iemand wie jy nie in glo nie?! HA! waarom is die Ateiste so obsessed met God (ek kan aan baie redes dink so probeer my ten minste verras)

  50. Johan Swarts Says:

    Ek’s nog heel vriendelik sover.

  51. Susan Says:

    Ha – MM Walters se satire cutting edge shit…. wanneer het ek dit gedink, gesê?
    Ek het wel verneem dat hy satire in sy werk gebruik, daaroor ‘n taak gedoen (ek geniet nogal die verskynsel) en tot die gevolgtrekking gekom dat die teikens van sy satire baie verander het sedert 1994. Ok?

    En wanneer het ek ooit gesê die US is ‘n patriagie, run by dominant Christain males?
    Hmmmm?
    Ek sal nogal blind moet wees aangesien die rektor, 1 viserektor bruin is en ‘n ander een ‘n vrou. Dan natuurlik is die nuwe studentedekaan ook bruin. Ek kan ook minder omgee – daai counterculture is lankal al vir my te vervelig.

    Of wag wag wag wag – het jy dalk tot ‘n konklusie gekom net omdat jy graag daardie afleidings oor my wou maak? Sonder enige regte, deurlopende bewyse?

    Mmmm, dalk moet ek en die Freethinkers in ‘n hoek gaan sit en huil.

    Ek is so chillaxed soos ‘n komkommer.

    (o ja ek impliseer nie ons is regtig kwaad vir Jesus nie, ek bedoel ons is kwaad vir hierdie gevoel van onstabiliteit wat arriveer as jy vir die eerste keer oorweeg dat die “waarheid” van jou vroeë jare nie meer so sound is nie)

  52. Appel Says:

    “Iemand wat joernalistiek swot kan beter as dit doen”. Wat de fok bedoel jy daarmee? Let’s face it, chillaxed is die coolste woord. Hou op kak praat Johan met 1 n.

  53. Johan Swarts Says:

    Genugtig, attack of the clones…

    Appel – Sover my kennis strek, moet ‘n joernalis sy of haar feite reghê voordat hulle iets skryf. Ek het my persoonlike belewenis (interpretasie, as jy wil) van ‘n byeenkoms van die Freethinking Maties weergegee. As Susan regtig kritiek wil lewer soos sy dit gedoen het, moes sy ten minste ook teenwoordig wees om my te kon weerspreek met ‘n alternatiewe interpretasie.

    Which she really wasn’t.

    Voorts was ek onder die indruk dat US joernalistiekstudente almal darem…hoe sal ek nou sê…redelik intelligent is?

    Susan – Jy’s welkom om deur die argiewe van hierdie blog te sif en na al jou vorige opmerkings te soek. Lees hulle ‘n bietjie, dit mag jou dalk net verbaas.

    Jy beantwoord nie my vrae nie.

  54. Susan Says:

    Watter vrae?

    Johan – ek beofen joernalistiek ja… dit is op die oomblik my studierigting. Daar bestaan egter baie verskillende tipes joernalistiek: nuusberiggewing, rubrieke, artitels.
    Ek kan argumenteer dat ‘n blog ‘n tipe rubriek is – met ander woorde ‘n meningstuk.
    En die kommentaar wat daarop gelewer word is ook ‘n mening. Daarom dat ek in my post twee keer die woorde “ek dink” gebruik het. Ek het nie op enige oomblik beweer dat ek verslag wil gee oor die gebeure daardie dag nie. Ek het ‘n mening uitgespreek oor wat ek dink jy gedink het. Dis al. Ek het my persoonlike belewenis (interpretasie, as jy wil) (Swarts, 2008) van iemand anders se mening gegee.

    Ok Johan, hoekom dit in ‘n vraag stel? Sê jy dus ek is nie intelligent nie?
    Ek gaan ook byvoorbeeld nie al jou skryfstukke beoordeel aan die hand van iemand wat ‘n M-student is nie. (btw wat is jou onderwerp?)

    Ek is jammer ek het nie op die oomblik tyd om deur jou argiewe te sif nie (baie besig op die oomblik) en ek kan nie onthou waar ek oral kommentaar gelewer het nie.

    Jy is welkom om my daarop atent te maak en dan sal ek daarop antwoord.
    Ek twyfel egter of my kommentaar op hierdie blog ‘n afleiding soos die MM Walters, US een sal kwalifiseer.

Leave a Reply