RAMFEST!
[mosh met 'n Panasonic HVX 200]
Julle almal ken daai gevoel wat ‘n mens kry as jy eendag oorskakel van stereo na surround sound – en dan skielik weer terugskakel? Daardie effense teleurstelling wanneer jy agterkom dat dit wat jy gedink het cool is, skielik nie meer so cool is nie? Ek het dit nounet beleef terwyl ek voorberei het vir ‘n groepklassie wat ek netnou (08:00) vir ‘n paar eerstejaartjies aanbied. Ek het my skerms, wat aangedryf word deur ‘n splinternuwe GeForce 8600 GTS, van “Dual View” afgehaal en op “Clone” gesit, sodat albei skerms presies dieselfde beeld wys.
Ek kon nie langer as ‘n minuut uithou nie. Toe sit ek dit maar weer terug:
Baie van die goeie dinge in die lewe kom in pare. Dink maar net aan boobs. Lesbians. Valuepack toiletrolle. Generiese 14″ skerms met 13.5″ viewable areas. Winamp visualisation terwyl jy Quake speel. Boobs. Blogging terwyl jy e-pos lees. Lesbians. Die lys is eindeloos.
Lank lewe pare.
Sjoe. In Gister se Die Burger:
ORANIA. – Die Vryheidsfront Plus het ’n veldtog begin om deur aktivisme oor kwessies soos regstellende aksie en die taalstryd die studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch te probeer oorneem.
Kom ons wees nou eerlik: enigiemand wat die US se studenteraad wil oorneem met partypolitiek gaan lelik les op sê. Sake werk eenvoudig net nie so hier nie.Veral nie met so ‘n taktiek nie:
Dit sal nie met die volkstaatbeleid, wat steeds sentraal tot die VF+ staan, wees dat Maties oorgehaal sal word nie.Die tipe Afrikaner-volksgebaseerde aktivisme wat so goed in die res van die land gewerk het, is nou Stellenbosch se voorland.
Kom weer? Twee probleme:
1. Stellenbosch is nie in ‘n sosiopolitieke konteks gesitueer waar Afrikaans net die taal van die witman is en wit studente ‘n probleem het om saam met ander rasse in ‘n koshuis te woon nie.
2. Die enigste politiek wat ooit hier sal werk, is koshuispolitiek. Dis ‘n baie sterk dryfkrag. Rasse word saamgesnoer onder die vaandel van een huis – Helshoogte, Nerina, Eendrag, Sonop, watookal. Dis (soos enige soort trots van hierdie soort: skooltrots, koshuistrots, sportspantrots, etcetera) absoluut sinneloos, maar dit werk en dit bind. Ek het vriende wat ek nooit op skool sou gehad het nie, omdat ek gedwing was om my kop te swaai.
Volksgebaseerde aktivisme sal nooit werk by Maties nie, want die “volk” is dood. (Good riddance.) Indien die “volk” wel herleef, blyk doen, doen hulle dit in ‘n verdraagsame en positiewe manier, soos Adam Tas.
Ter afsluiting wil ek graag hierdie stukkie ook aanhaal, aangesien dit vir my kostelik was:
[Cornelius van Rensburg, landwye jeugleier van die VF+,] het aangevoer die Afrikaner is tans magteloos teen die regering. “Hoe vry is ek as ek geen vooruitsigte vir werk in Suid-Afrika het nie omdat ek wit is? Hoe vry is ek as ek weens velkleur nie toelating tot mediese studies kan kry nie, maar swart studente met gemiddeldes onder 60% word toegelaat? Hoe vry is ek as regeringsbeleid bepaal saam met wie ek in ’n koshuis kan bly?”
Cornelius het natuurlik ‘n geldige punt beet oor werkloosheid van wit Afrikaners. Maar kyk mooi: die man wat kla oor werksvooruitsigte sit dubbel en dwars met sy gat in die botter – as jeugleier van die Vryheidsfront. Snaaks.
Vryheidsfront (en ANC, DA en wie ook al nog), ek gaan dit lelik in Engels sê, sodat julle my mooi kan verstaan:
Stay the fuck off my campus.
Dankie.
Vir die rekord.
As jy blogs lees, is jy nie ‘n blogger nie. As jy kommentaar op Steve Hofmeyr se Spoegblog los, is jy nie ‘n blogger nie. Jy’s nie eers ‘n blogger as jy al daaraan gedink het om self ‘n blog te begin of aangetroude familie van jou buurt se plaaslike statshoer is nie.
Jy is slegs ‘n blogger as jy ‘n blog besit en van tyd tot tyd jou gedagtes met die wêreld deel. Of: jy’s slegs ‘n blogger as jy blog.
Ek meen dis tog eenvoudig. Teatergangers is nie akteurs nie, Springbok-aanhangers nie Springbokke nie, kerkgangers nie predikante nie. Hoekom dan, om hemelsnaam, is daar die vreemde meem in omloop wat na lesers as bloggers verwys? Sien byvoorbeeld Frank Botha se selfbeskrywing:
Frank Botha is een van ons land se mees dinamiese en uitgesproke joernaliste wat sy deurbraak in die Suid-Afrikaanse blogosfeer in Oktober 2006 gemaak het met Daaglikse Dosis, sy uiters suksesvolle windgat Afrikaanse blog wat deur 240 000 bloggers per maand gelees word!
Nou ja, ek twyfel nie daaraan dat Frank uitgesproke, dinamies of windgat is nie, maar ek maak sterk kapsie teen daai 240 000 Afrikaanse bloggers. Waar kruip hulle weg? Wys hulle asseblief vir my, want Technorati wil nie.
As jy kla oor Sewende Laan se storielyn, toneelspel, relevansie tot hoegenaamd enigiets of korrelasie met die werklikheid, het Danie Odendaal en kie jou reeds so gebreinponkie (Engels: mindfuck) dat jy teen ‘n storm praat. Want dan mis jy die punt.
Sewende Laan het middelmatige toneelspel, maar dis nie omdat die akteurs sleg is nie – baie van hulle skitter behoorlik (sien, ek kan ook soos Patricia Lewis praat) op ‘n verhoog. Wanneer laas het jy ‘n Sewende Laan-akteur op die planke gesien? Hulle is nie so vrot soos wat jy dink hulle is nie. Nee, die toneelspel is middelmatig omdat die karakters prototipes is. Dis ‘n klasieke geval van stock characters; nie veel meer as rudimentêre emosies is nodig om hulle uit te beeld nie.
Sewende Laan het nie ‘n baanbrekende storielyn nie, maar jy mors jou asem as jy dit kritiseer. Karakters bly voor die kameras omdat kykers van hulle hou – as hulle aanbly is die volgende logiese stap tog dat daar van tyd tot tyd dinge met hulle gebeur. Wat laat jy met stock characters gebeur? Jy sit hulle in voorspelbare situasies wat hulle toelaat om variasies van voorspelbare reaksies uit te leef. Maak nie saak wat die konteks is nie, Oubaas sal verbasterde spoonerismes pleeg, Paula sal dink sy is die kat se snorbaarde en Madel Terreblanche sal Waenhuiskrans toe vlug om haar kop skoon te kry. Die noodwendige nadraai hiervan is ‘n futlose storielyn.
Sewende Laan het geen korrelasie met die werklikheid het nie. Dit kan nie, want dit het nie regte mense met regte stories nie. Om dit te kritiseer is soos om ‘n berg te kritiseer. Sinneloos. Dit help nie jy soek diepte in die vlak kant van die swembad nie. (Dis eers wanneer vervaardigers begin voorgee dat dit meer as ‘n sepie is – wanneer die formule aandring daarop dat dit heimlik avant garde is – wat jy met reg kan begin kritiek lewer.)
Afrikaanse sepies is op standaard met oorsese produksies. As jy regtig iets wil kritiseer, begin eerder by die Afrikaanse dramas wat deesdae op televisie is. Het ons ekwivalente vir Prison Break en Scrubs? Desperate Housewives? My Name is Earl? Numb3rs? Weeds? Rome? Het ons dalk iets beters? Of hinkepink ons agter ‘n standaard aan wat ons nie kan bereik nie?
Los vir Danie. Die “moet hulle sulke gemors in ons kele afdruk?”-argument is nie relevant tot ‘n sepie nie.
Helshoogte het ‘n massiewe plasmaskerm gekry. Omdat daar dinge op vertoon word (meer eintlik omdat ons graag die bemarkingsafdeling vir Jool wil wen), het ek en Stephan nog ‘n advertensie geskiet. Dis my eerste video met difference masking – ‘n sluwe set om die agtergrond van ‘n toneel te vervang met ‘n ander een sonder om enigsins blou- of groenskerms te gebruik.
Die statistiek in die video is taamlik akkuraat, maar steun op geen navorsing van buite nie en is bloot ‘n projeksie. Don’t quote us. Geniet (en draai jou bas- en volumeknoppies vol) :
(Omdat ons hierdie keer met ‘n pixel aspect ratio van 16:9 – met ander woorde widescreen – gewerk het en YouTube dit nou nog nie ondersteun nie, behoort alles effens saamgepers te lyk. Jig.)
Ek hou van brood. Brood is lekker. Brood is goed. Daar is soveel dinge wat ‘n mens met brood kan doen. Jy kan soos ‘n brood voel. Jy kan vir ‘n brood gevat word. As ‘n bakkery langs ‘n broodboom ontplof reën daar broodbloed op broodbome. Jy kan dit selfs eet. Brood is lekker. Brood is goed. Brood. Ek hou van brood.
(Het jy al ooit ‘n woord so baie namekaar gebruik dat dit skielik alle betekenis verloor en soos ‘n leë versameling klanke klink?)
Goed, so wat presies rook Jurie Els en sy regspan? Hoekom nie eerder ‘n lastersaak maak nie? ‘n Interdik (en ‘n artikel in die Huisgenoot met uitgekrapte gedeeltes) versuur reeds sy allure, so dis nie asof beeldpoetsery die rede kan wees nie.
So wat dan?
Instink- ‘n blinde verdedigingsrefleks? Prokureurs wat so goed kan dink soos wat Els kan sing? Die feit dat sy mark bestaan uit bewonderaars wat die nuus eers oor ‘n paar maande via telegram sal ontvang? (Google gerus “Jurie Els”. Hy het nie ‘n website nie. Hoe het ‘n mens nie ‘n website nie? Jou teikenmark is 80.) Sy Head over heals-duet met Patricia Lewis?
Vissies?
Waddehel man?!
[*edit* Ek is nie kwaad nie, ek is totaal en al oorbluf. Kan 'n mens regtig so stupid wees?]
Die boek die naaste aan my is my ouma se Bybel. Dis ouer as ek. Drie sinne na die eerste vyf sinne op bladsy 123 sê:
10 En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet – teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit
11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen ; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
12 Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie ; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
Sorrie, vampiere.
Ek dink Suid-Afrikaanse skoliere sal veel beter af wees as hulle soggens die koorgedeelte van Muse se Knights of Cydonia moet sing (in hulle onderskeidelike moedertale, natuurlik). Nie dat die voorgestelde eed van getrouheid onsettend sleg is nie, maar ek dink tog Muse sê dit beter:
…Don’t waste your time or time will waste you
No-one’s going to take me alive
The time has come to make things right
You and I must fight for our rights
You and I must fight to survive…