December 28, 2007
Blogs, dink ek, is een van die beste dinge nog wat met Afrikaners kon gebeur.
Die hoeveelheid Afrikaanssprekendes wat die afgelope jaar begin blog het, is verstommend. Op WordPress.com alleen is daar ‘n diverse gros inskrywings wat strek van resepte vir vegetariese toebroodjies tot in diepte gesprekke oor identiteit en die sin al dan nie van die mens se bestaan. Herhaaldelik maak mense stem dik oor sake wat hulle na aan die hart lê en (en dis natuurlik waar bloggers van maniese straatpredikers verskil) ander luister.
Nie dat almal altyd saamstem nie. Debatte word partymaal tot uiterstes gevoer en gemoedere loop soms hoog. Soos MoorDaBlokMossel altyd sê – daar is min met die fut van ‘n blogger.
In ‘n tyd waar audiovisuele vermaak die botoon voer, blyk dit dat baie Afrikaners opnuut begin lees. Nou net met ‘n effe postmodernistiese kink – hulle lees mekaar. En dis ook nie juis asof almal “slegte” skrywers is nie. Sommige bloggers is nogal behendig met Die Taal.
Die voordeel hiervan is natuurlik dat die onvaardiges by die vaardiges kan leer. (En nou praat ons nog nie eers van die uitruil van idees nie. Nog nooit, myns insiens, het Afrikaners so ‘n snelle kruisbestuiwing van idees beleef as op die blogosfeer nie.)
Iewers gaan iemand seker ingryp en begin geld maak uit die hele storie. Ek hoop dat, wanneer daardie dag kom, bloggers nie hulle integriteit sal verloor nie. Ek hoop dat daai vonkie van onafhanklikheid, van kraai op jou eie mishoop, wat talle bloggers inspireer om te begin skryf, nooit ten volle gedikteer sal word deur geld nie. Soos ‘n bekende blogger en vriend een keer gesê het – blogs moet anargisties bly
Stick it to the man in 2008, my liefste Afrikaners. Stick it to the man.
13 Comments |
Africana, Algemeen Geskaafde Afrikaans, moordablokmossel | Tagged: sporadiese mymeringe oor Afrikaanse blogs |
Permalink
Posted by Johan Swarts
December 25, 2007
MoorDaBlokMossel het koekstruif ontwerp.
MoorDaBlokMossel het 5000 APM en über-micro.
MoorDaBlokMossel is misletoe.
5 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, memes, moordablokmossel | Tagged: moordablokmossel |
Permalink
Posted by Johan Swarts
December 25, 2007
MoorDaBlokMossel doen linear video editing in Assembly language.
MoorDaBlokMossel hou van lava lamps, want dit herinner hom aan sy epiese tog na die hartjie van Krakatoa. (Hy was besig om braaibroodjies te maak, toe val een in.)
MoorDaBlokMossel het vier frontale lobbe.
MoorDaBlokMossel poep teen 723 terabytes per sekonde.
MoorDaBlokMossel het Bertus! leer Latyn praat.
MoorDaBlokMossel eet Marmite op sy waatlemoen.
2 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, memes, moordablokmossel | Tagged: moordablokmossel |
Permalink
Posted by Johan Swarts
December 23, 2007
Ek is nogal beïndruk met aKing se eerste single: “The Dance”. Gaan luister gerus hier daarna, sowel as na die kort dog kragtige “Shine your light”. Biejoetiefoel. As die hele album so klink, ry ek summier na ‘n musiekwinkel om tent op te slaan.
‘n Ander band waaroor ek opgewonde is, is YY (of tooYYise / tooWise). Hulle is tans besig om ‘n vollengte album op te neem by die SAUK. Ownage.
4 Comments |
Africana, Algemeen Geskaafde Afrikaans, Musiek | Tagged: aKing, single, tentopslaan, YY |
Permalink
Posted by Johan Swarts
December 23, 2007
MoorDaBlokMossel kan ononderbroke movies op MNet kyk mét advertensies tussenin.
MoorDaBlokMossel kan kitaar in ‘n yskas speel.
MoorDaBlokMossel het Deon Maas gepotty train.
MoorDaBlokMossel het al die rampokkers in die Fritz Deelman boeke vermorsel met ‘n bloekomblaar.
MoorDaBlokMossel is Steve Hofmeyr se pa.
MoorDaBlokMossel drink suiker in sy ru-olie.
4 Comments |
1 |
Permalink
Posted by Johan Swarts
December 22, 2007
MoorDaBlokMossel se oë is sterkter as ‘n eenduisend driehonderd drie en dertig triljoen hoë definisie kameras.
MoorDaBlokMossel sal nie ‘n sekonde ouer as 1337 jaar word nie.
MoorDaBlokMossel kan blog terwyl hy eet.
MoorDaBlokMossel is vinniger as Cobus Potgieter agter 1337 dromstelle.
MoorDaBlokMossel is sterker as die bungee chords wat olifante in Kazakstan gebruik.
MoorDaBlokMossel lyk goed in kakie.
2 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, memes | Tagged: moordablokmossel |
Permalink
Posted by Johan Swarts
December 21, 2007
(Vir diegene wat gewonder het – ek is nié ‘n Die Burger-basher nie. Noudat ons dit opsy het:)
Die woorde van Carl Orff se O Fortuna is eintlik MoorDaBlokMossel se outobiografie.
MoorDaBlokMossel se bloed kan knoffel van VIGS genees.
MoordDaBlokMossel kon nie Riaan Cruywagen se ass whoop nie, omdat Riaan Cruywagen se ass reeds MoorDaBlokMossel s’n is en MoorDaBlokMossel sy eie krag ken.
MoorDaBlokMossel het meer charisma as Jacob Zuma.
MoorDaBlokMossel stuur sy [TYDskrif]-manuskripte betyds in.
MoorDaBlokMossel is Michael Bluth.
2 Comments |
3360690, Algemeen Geskaafde Afrikaans, Lofsange, memes | Tagged: jacob zuma, Lofsange, moordablokmossel, o fortuna, riaan cruywagen |
Permalink
Posted by Johan Swarts
December 19, 2007
Aah, alles gaan wel in ons nasie. Die ANC het ‘n nuwe leier, koerante gons soos torfabrieke en hier in blogwêreld het ons twee splinternuwe wenners. Dis reg – nie een nie, nie een en ‘n half of minus tien nie, maar twee skitterende wenners! Hulle name is:
[dramatiese dromrol]
Da Mario en MyKopOp’nBlok!
Jubel ekstatiese juigpsalms!
Da Mario het volgens die beoordelaars (wie se beslissing finaal is) die beste vertalingsekwivalent vir clustergrenades verskaf, naamlik mosselgrenate. Dit sê amper so lekker soos wat dit proe. MyKopOp’nBlok weet hoe lyk ‘n Moorhuhn en is daarom ook verskeie lofsange werd.
Ten einde hulle optimaal te kan besing, sal daar vir sewe dae ‘n superblogger geskep word met die opspraakwekkende naam: MoorDaBlokMossel.
MoorDaBlokMossel is selfs slimmer as Jeanette Serdyn.
Hou hierdie spasie dop.
7 Comments |
Africana, Algemeen Geskaafde Afrikaans, memes | Tagged: , da mario, lofsang, mosselgrenate, my kop op 'n blok |
Permalink
Posted by Johan Swarts
December 18, 2007
Ek verkneukel myself in die manier hoe nuuskanale die wêreld vir hulle lesers opdis. Neem die manier hoe vanoggend se onderskeidelike nuusbriewe van News24 en Die Burger opsommend oor die ANC-verkiesing berig. News24 se oorhoofse nuusbrief meen:
ANC delegates start voting
Voting has finally begun for the top six positions in the leadership of the ANC after delegates settled on a list of nominations.
Plein en simpel. Die (myns insiens relevante) nuus – die land se leidende politieke party het begin stem vir ‘n volgende leier. Goeie joernalistiek sonder oortollige emosie. Lees nou die Burger s’n:
ANC verskeur homself
‘n Politieke geveg sonder kompromis met mnr. Jacob Zuma as waarskynlike wenner, pres. Thabo Mbeki op die agtervoet en die ANC wat homself bloeddorstig verskeur, is besig om hom hier af te speel.
Niks oor die uiteindelike oorgaan na stemming word genoem nie. Eerder word die gebeure opgedis soos (so reken ek) Die Burger dink die Afrikaner dit wil hoor: Sowaar! Die swartes verskeur mekaar! (WTF?)
Adjektiewe is ook nie juis skaars nie- die politieke geveg is “sonder kompromis”, die huidige president is, soos ‘n veglustige dier, “op die agtervoet” en die politieke party is besig om homself “bloeddorstig” te verskeur. Bowenal word dit soos ‘n sepie opgedis wat “besig [is] om hier af te speel”. (Waar is hier?)
Die News24 artikel beskryf die prosesse wat gelei het tot stemming. Die Burger s’n beskryf bykomende gebeure asof dit die nuwe Huisgenoot probeer word, van iemand se kommentaar dat die sogenaamde Mbeki-poging “die laaste stuiptrekkings van ’n sterwende perd” is tot ‘n storie oor ‘n misverstand tussen beamptes en joernaliste wat hulle toerusting van die reën wou beskerm.
Wat sê dit vir jou? Die wit volkie hier in die Wes-Kaap (met sy Afrikaanse universiteit en sy welvarende wit woonbuurte) kry die gerusstellende sensasie wat hy soek in sy koerant. En wat sê dit vir jou? Transformasie en bemagtiging deur Afrikaans het dalk nog ‘n vervlakse lang pad om te loop.
Eish.
Die meer sensasionele aspekte van die verkiesing is natuurlik steeds nuus en verdien as sodanig seker om in een of ander vorm oorvertel te word. Wat my laat kopkrap, is die manier hoe dit in Die Burger vervleg word met ander gebeure as die mees relevante nuus. As jou teenreaksie is dat so iets (die ANC wat skeur) juis relevant is vir Afrikaanse lesers, moet ek jou ongelukkig meedeel dat jy ‘n rassis is.
20 Comments |
Africana, Algemeen Geskaafde Afrikaans, WTF | Tagged: anc-verkiesing, die burger, media 24, nuus |
Permalink
Posted by Johan Swarts