
Reg. Noudat die meeste stof rondom arme Deon Maas gesak het, werp ek graag my eie stuiwer in die armbeurs oor dié lamlendige situasie.
As jy, liefste leser, een van die mense was wat hom uitgekryt het as ‘n voorstander van Satanisme en / of jy een van die kettingbriewe of SMSe rondgestuur het in ‘n poging om Rapport te boikot, was jy verkeerd. Heeltemal verkeerd. Want jy het nie die rubriek gelees nie. As jy dit gelees het, sou jy die volgende geweet het:
1. Maas is nie juis lief vir Satanisme nie.
As jy gaan probeer om my te oortuig om na ’n kerk van die een of ander aard te gaan deur ’n vuurwapen teen my kop te druk, sal Satanisme die laaste ding op my lys wees.
2. Maas maak nie voorbrand vir Satanisme nie:
Propageer hierdie rubriek Satanisme? Nee. Maar as ons wil hê ander mense moet ons punt insien en ons idees respekteer, moet ons hul punt insien en hul idees respekteer. [my klem]
Duideliker kan dit nie gemaak word nie, liefste leser: jou veldtog was oningelig en sonder substansie. Daarom kan jy, sou die skoen jou pas, gerus vir Maas om verskoning vra. Doen dit per SMS. (Miskien was jy ook opgesweep in ‘n soortgelyke massahisterie wat onlangs onregverdige opmerkings teenoor die Britse skrywer Philip Pullman tot gevolg gehad het. SMS hom ook sommer.)
Sies. Daar was nooit ‘n debakel om mee te begin nie.











November 27, 2007 at 10:05 am
[...] Go read the rest on his blog. [...]
November 27, 2007 at 11:06 am
Uit die storm wat oor deon maas se kop losgebars het, veral uit die christen-kerkgeledere is al te duidelik hoe die draak (dier) met sewe koppe besig is om sy eie stert raak te byt.
Die “gruwel van die verwoesting” ook genoem “seun van die verderf” sal toenemend in die “heiligdom” ontbloot word namate ons die “dag” (21 Mei tot 21 Oktober 2011) sien nader kom.
(Mat 24:15) Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—
Dit sluit perfek aan by dit wat deur God in die volgende Skrif verklaar:
(2Th 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
(2Th 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Dis die geheimenis van alle eeue… “mystery Babylon” “die moeder van die hoere” Openb 17 en 18
As jy deon maas se selfoon no het sal ek graag met hom wil “medelye” toon.
November 27, 2007 at 11:13 am
Uit simpatie met deon maas sal en my naam vir een dag na johannaas verander.
November 27, 2007 at 11:14 am
Sorry ek wou nog
johannaas_11
November 27, 2007 at 11:31 am
Ek is so bly jy het dit gesê Johan. Ek stem 100% saam met jou. Ek kon ook nie verstaan waaroor die groot bohaai was nie.
November 27, 2007 at 11:48 am
Goeie werk. Nie veel mense kon dit beter stel nie.
November 27, 2007 at 12:17 pm
Deon Maas het sy eie omstredenheid geskep. Sulke mense word beswaarlik ooit regverdig deur die massas behandel. Die laaste een wat daaroor behoort te huil is hy.
Persoonlik gee ek werklik nie ‘n flenter om oor enige van sy opinies nie. Ek het elke keer as ek Rapport gekoop het sy Rubriek geskip, so ek het ook nie deelgeneem aan enige veldtog teen hom nie.
November 27, 2007 at 1:33 pm
johannaas_11, dis vir my mooi.
November 27, 2007 at 2:39 pm
stem saam oor maas, verskil oor pullman (het jy sy boeke gelees?).
jipee! ek dink dis die eerste keer wat ek van jou verskil. ek was al skoon bang ek is jy.
November 27, 2007 at 2:50 pm
hehehe
ja, ek het al drie die boeke in die his dark materials trilogie gelees. ek dink dit was toe ek 15 was. (hier’s al reeds vir jou ‘n teenargument teen die sentiment wat in chainmails ronddryf – ek het die boeke gelees en ék probeer nie vir God vermoor nie, of hoe?)
ek sukkel om die spesiale status te begryp wat aan sogenaamde godslasterlike sake toegeken word. as ons moet versigtig wees vir pullman en die (fiktiewe) dood van god, moet ons ook versigtig wees vir magersfontein, o magersfontein en die (fiktiewe) boere moordkommandos. hel, dan moet arme liewe heksie onder sensuur geplaas word vir gifappel-aanranding.
fiksie. dis alles fiksie. fiksie met ‘n onderliggende liggaam idees, maar nietemin fiksie.
jou mening oor pullman?
November 27, 2007 at 3:23 pm
Johan, ek stem met jou saam. ‘n Klomp mense het deelgeneem aan die veldtog sonder om die artikel te lees bloot omdat hulle so gewoond is om blindelings die FWD knoppie te druk sodat die massas uit die inboksie kan kom na die uitboksie toe.
Ek delete teen dieselfde spoed. Ek het ‘n kleintjie dood aan kettinggoed en petisies. Seker omdat my ma dit in my ingedril het om individualisties te wees en uit my eie mond te praat.
Ek dink ook Maas se omstrede artikel verdien nie die aandag wat dit gekry het nie. Die ironie van die saak is, dat soveel meer mense uiteindelik die artikel na al die bohaai wel gelees het as wat normaalweg dit sou lees. Ek lees byvoorbeeld nie Die Rapport nie, maar het ‘n kopie aanlyn gaan kry nadat ek op Steve se Spoegblok (’n week na die publikasie) daarvan kennis geneem het (toevallig ook die tyd wat die veldtog opgevlam het….). Tot my Engelsman het die herrie begin volg omdat hy dit amusant vind.
Wat ek wel weet, is dat Maas die mees bekende rubriekskrywer in die land is; reg of verkeerd, kontroversioneel of nie. Noem gou vinnig uit die vuis uit, en moenie loer nie, ‘n paar ander rubriekskrywers se name op? Sien.
November 27, 2007 at 3:42 pm
ndumiso ngcobo, george claassen, johannes de villiers…
November 27, 2007 at 4:24 pm
Wie is Maas?
November 27, 2007 at 4:32 pm
Persoonlik is ek bly dat dit gebeur het – Maas het oor ‘n lang tydperk gesoek en skielik gevind.
November 27, 2007 at 4:50 pm
Re Pullman: Daar is so ‘n pragtige aanhaling van John Shelby Spong: “Enige God wat doodgemaak kan word, verdien om doodgemaak te word.”
November 27, 2007 at 6:43 pm
retoriese vraag : hoekom is Johan Swarts onvolledig en selektief met sy aanhalings uit die betrokke Maas rubriek ?
{vergun my om meer volledig dan hier by te voeg :
“Satan verteenwoordig nie noodwendig boosheid nie, dis maar net ‘n ander filosofie. Jy bid nog steeds, maar net tot ‘n ander god.” Maas D, Rapport 2007}
aub
November 27, 2007 at 8:46 pm
‘n goeie vraag, izak.
die aanhalings probeer aantoon dat Maas nie Satanisme bevorder nie en die saamtrek teen hom oningelig en onregverdig was. hierdie inskrywing maak geensins ‘n saak vir of teen Satanisme nie.
November 28, 2007 at 5:05 am
satan verteenwoordig nie noodwendig boosheid nie ? – gaan gesels gerus met een van jou tokkelok pelle vir raad en insig as jy nie self jou Bybel wil lees nie.
November 28, 2007 at 7:31 am
Ek was ‘n Maas-hater, tot ek laas week die tyd gevat het en regtig die artikel GELEES het. Ek like nou die ou – ja, hy is omstrede. En dis deels hoekom ek hou van hom. Hy is bang vir niks en niemand. Well done Deon! Jammer jy is so swart gesmeer. Dalk sekere “groupies” wat maar net slaafs volg en Maas haat?
November 28, 2007 at 8:03 am
Kobus, daar is ‘n fyn lyn tussen waaghalsig en onnosel.
Johan, dit was vanselfsprekend dat hy nie voorbrand maak vir Satanisme nie. Dis aanmerkings soos wat Izak noem dat Satan nie noodwendig boosheid verteenwoordig nie, wat die herrie veroorsaak het en tereg so as ons ons sout werd is as Christene.
Synde dat fiksie in enige vorm aanvaarbaar is, kan ek vanaand vir my kindertjies ‘n onskuldige fiktiewe storietjie vertel van hoe hulle hul ouers kan vermoor sodat hulle die huis kan oorneem en enige iets kan doen. Reg so?
Dis absurd, roekeloos, onverantwoordelik, liefdeloos, ens.
November 28, 2007 at 9:46 am
…en al wat ek gesê het was, “wat ook al julle eet, boikot net maaskaas”. (Pap, 17 Nov) Ekskuus Deon, dit was nie teen jou gemik nie, eerder ‘n siniese kommentaar teen die boikottery soos skape wat deur ‘n hek spring.
November 28, 2007 at 11:33 am
Hierdie gemasery herinner my aan kleuterskool dae toe ons gestry het oor wie se pa die vêrste kan piepie.
Ek is nou lus vir ‘n wynsak pap.
November 28, 2007 at 11:48 am
(vergewe my die lang comment.)
kruidjieroer en izak – ek moet ongelukkig van julle verskil. dis doodeenvoudig waar dat satan nie noodwendig boosheid verteenwoordig nie. in julle verstaan van die begrip miskien, ja. maar ongelukkig is julle mos nou nie die enigste bybellesers en interpreteerders van die werklikheid daar buite nie.
selfs in die bybel word satan nie orals “die boosheid” genoem nie, maar eerder dinge soos “die teenstander”, “die swerwer” en “die aanklaer”. volgens oorlewering was die duiwel ook eers ‘n sogenaamde engel, wat beteken dat hy nie noodwendig boosheid verteenwoordig het om mee te begin nie, nes dit sinneloos sou wees as hitler se ma op twee na hom gekyk het en gesê het “aaaaw, my seuntjie is so booooos”. julle stelling neem aan dat die karakter satan nog altyd dieselfde was en verdoesel gerieflikheidshalwe die begrip “tyd”. (so skiet julle die christendom in die voet. wat word nou van die arme “volheid van die tyd”?)
ewenwel.
gaan loer gerus in enige taal vir idiomatiese uitdrukkings. het jy al vir jou kat geskrik en geskree: “jou satan!” – is jou kat boos? het jy al in ‘n satansbos vasgeloop – is die arme plant boos? het jy al enige van die volgende uitdrukkings gebruik?:
hy is ‘n duiwel op die rugbyveld
wat de duiwel gaan hier aan
by die duiwel gaan bieg
die duiwel se briewe lees
gee die duiwel wat hom toekom
praat van die duiwel… (dan trap jy op sy stert)
as die duiwel oud word, gaan hy onder die preekstoel sit
die duiwel by satan verkla
so bang soos die duiwel vir ‘n slypsteen
vlieg na die duiwel
dik die duiwel in
dit mag julle verbaas (dalk selfs die duiwel in maak) om agter te kom dat die begrip “duiwel” in die meeste van daardie gevalle nie na iets boos verwys nie. die boosheid waaraan julle dink, is gekoppel aan ‘n sekere vorm van “satan” wat julle vir julleself toe-geëien het.
het jy al die duiwel ontmoet kruidjieroer of izak? hoe weet jy hy (sy?) is uitsluitlik boos?
en nee, as ons ons sout werd is as christene, veroorsaak ons nie ‘n herrie nie. die beter optrede sou wees om vir deon maas te probeer reghelp met dit wat jy eerlik dink reg is en hom ‘n tweede kans te gun om sy sogenaamde “sonde” te bely. verdraagsaamheid (the irony is killing me) en deemoedigheid eerder as bitsigheid. verdraagsaamheid is nie om die arme man se ass te fire nie. deur deel te neem aan hierdie belaglike veldtog het christene opgetree soos die einste sataniste waaroor maas geskryf het – maglustig.
kruidjieroermynie – goed, ek hoor jou punt. maar dit sal nie ‘n fiktiewe storie wees nie (hulle ouers bestaan) en daar is in elk geval reeds talle sprokies met grusame bevele tot moorde. die broers grimm se van is nogal ironies.
November 28, 2007 at 12:55 pm
Is Maas nou Suid Afrika se eie Dante en sy artikel soorgelyk aan die “Inferno”. Arme Dante moes self koes toe die kerk op hom afstorm.
Maas moet ook vir al die mense onverskoning vra wat hy so sleg behandel het met sy gesplete tong.
November 28, 2007 at 1:01 pm
Rustig – ek stem saam. hoewel hierdie inskrywing probeer aantoon hoe maas nie satanisme voorstaan nie, probeer dit ook nie juis om hom ‘n engeltjie te maak nie.
November 28, 2007 at 2:14 pm
Maas-teenstanders se poep stink.
November 28, 2007 at 2:34 pm
Bertus
“Enige God wat doodgemaak kan word, verdien om doodgemaak te word”
Dis nie alleen die “doodmaak”(2de of ewige dood) wat belangrik is nie… maar veral ook die opstaanslag en daarna….. dis wanneer die poefies kom. Dis wanneer ons sal sien Wie is Baas…!
“Enige God wat doodgemaak kan word, en daarna weer kan opstaan verdien om God genoem te word”
(1Kor 15:55) Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
Hou die grafte, maar veral ook die wolke op 21/22 Mei 2011 (die 17de dag van die tweede maand van die Hebreeuse kalender) dop. Dis 7000jaar na die vloed in die dae van Noag (4490VC)
(Gen 7:11) In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;
November 28, 2007 at 3:05 pm
dude, almal se poep stink…
November 30, 2007 at 12:33 pm
Deon Maas-teenstanders het hare op ongeskikte plekke.
December 3, 2007 at 9:29 am
Maas-teenstanders krap in hul neuse terwyl hulle in die motor rondry.
February 17, 2008 at 9:25 pm
Maas tree dalk meer Christelik op as die deursnee Christene!
Hierdie opsweping en veroordeling is totaal onchristelik… vir
die wat daarvan hou om die bybel te lees…
Kreet
May 15, 2008 at 3:27 pm
Dis seker nou al ‘n bietjie laat, maar die hele storie is regtig fuckedup. Hoekom voel die Christene altyd so bedreig? Die enigste antwoord wat ek aan kan dink is dat hulle werklik bedreig word. Mense word deesdae al hoe moeiliker oortuig deur middeleeuse fabels en mites. As mens regtig objektief dink oor enige geloof is dit maar eintlik ‘n klomp snert! Niks meer as ‘n “tool”om die massas te onderdruk en mislei. Ons regering is lankal nie meer Christen-georienteerd nie, so daar is eintlik geen plek meer vir die Christen geloof in die nuwe Suid-Afrika nie. Deon, mens sou dink die swape weet van beter – alle simpatie!
May 15, 2008 at 4:02 pm
die enigste rede wanneer iemand bedreigd kan voel is wanneer jy jou basis (die Woord) verloor het
May 16, 2008 at 9:51 am
My stuiwer in die arm beurs- Meeste suid Afrikaners -wit en swart- het nie genoeg intelligensie om ironie en satire te verstaan nie. Vra maar vir David Bullard.
May 22, 2008 at 10:31 am
Mnr. Coetzee, ek verskil heeltemal met u. Die woord/Woord sê as jy soet is gaan jy hemal toe as jy doodgaan. Dis nie ‘n basis nie – dis Hoop! Niks minder en niks meer nie! Die onbekende wêreld na die dood was nog altyd ‘n teerpunt by de mens. Dis hoekom ons vandag nog Egiptiese mummies uitgrawe. Die Christen geloof is grootliks gebaseer op Egiptiese gode. Die Jode het dit net ‘n bietjie gepoeier en hulself as die uiverkorendes verklaar.