‘n Sesdag skepping getuig kwalik van God se grootsheid, almag, prag of wat die mensdom ookal aan Haar probeer toedig.
Gestel die aarde is sesduisend jaar gelede geskep. Dit beteken die planeet is rofweg (6000 x 365) + (6000 / 4) = 2191500 dae oud. (Die tweede hakie is my oningeligte poging om skrikkeljare te probeer bylas.) As die totale standkoming van die planeet in ses dae plaasgevind het, is die oorspronklike skepping daarvan niks minder as ‘n storm in ‘n onsettende groot teekoppie nie.
‘n Skepping soos dit in Genesis beskryf word – die aanmekaar praat van koolstofgebaseerde lewe op ‘n rotsbol – klink dalk indrukwekkend met die eerste oogopslag. Maar dis omdat ons klein is. Onsettend, ongoddelik, onmeetlik klein. Om die begrip “nietig” te gebruik om ons te probeer beskryf, grens eintlik aan die absurde. Selfs dit laat ons nog te groot lyk.
Sodra die heelal in perspektief beskou word, begin ‘n mens besef presies hoe onbelangrik en irrelevant iets soos ‘n sesdag skepping werklik is. As iemand op Alpha Centauri A (een van die naaste sterre aan die aarde) kon piekniek hou ongeveer 2191500 dae gelede en in die algemene rigting van die aarde kyk, sou hy na alle waarskynlikheid nie eers ‘n flikker gesien het tydens die vermeende tot standkoming van lewe nie. Binne die onbeskryflike Niet waarin ons dryf is ‘n sesdag skepping niks minder as ‘n poep in ‘n donderstorm nie.
Nah, my common sense sê vir my God is veel magtiger, veel intelligenter – Haar skepping veel meer grandioos en verbysterend – as die heelal inderdaad biljoene jare oud is en ons tydsaam ingeslenter het saam met die res van die Niet in die grootse wonderwerk wat die heelal nog ooit gesien het. Die heelal self.











November 3, 2007 at 2:23 pm
Hoor hoor!
(/me playing pedant: Terloops, daar is 365.242 dae in ‘n jaar. Elke 4de jaar is ‘n skrikkeljaar, maar elke 100 is nie, maar elke 400 is wel… maar om die .242 reg te kry is minder belangrik as die 365 ipv 356.
)
November 3, 2007 at 2:54 pm
whoops, foutjie. ek stel dit sommer nou dadelik reg.
November 3, 2007 at 3:04 pm
Wat beteken Sibancinci – nog nooit gehoor nie. /me rather stupid for one minute…
As God almagtig is (jy ken mos al daardie redenasies), is dit seker vir Hom moontlik om ‘n heelal te skep (6000 jaar gelede) wat vir die wetenskaplikes lyk of dit biljoene jare oud is, kompleet met fossiele en alles wat lyk asof dit van ‘n sentrale punt uitwaarts op pad is. Maar hoekom sou Hy? Ek weet nie. Ek stem half saam met jou.
November 3, 2007 at 3:09 pm
dis isiXhosa vir “ons is klein”
November 3, 2007 at 3:59 pm
Is dit regtig so belangrik om dit te weet? Het so paar dae terug op Discovery (Ierland) na elle lang program gekyk oor die “big bang” teorie. Wel na alles is nog ek nog die proffessors enige iets wyser. Ek byt swaar aan evolusie ensovoorts. Maar nou ja wat weet iemand wat melkterte maak vir lewe nou iets van geologie af.
November 3, 2007 at 4:26 pm
E.g. niks in biologie maak sin behalwe in die lig van evolusie nie. Die rede wat ons dinge op diere toets? Common descent. Al is dit nie belangrik om te weet vir die “gewone mens” nie, is dit wel besonders belangrik vir ‘n wetenskaplike…
November 3, 2007 at 4:33 pm
ek is oopkop (stupid?) genoeg om te glo dat as God sou wou.. daar absoluut niks is/was om Hom te sou stop om evoluse as skeppingsmetode te gerbruik nie. eks selfs bereid om die big bang te aanvaar (mits dit asgevolg van God se bevel geskied het).
wat ek wel glad nie verstaan nie.. die Big Bang het klaarblyklik “vanself” “gebeur”, een tydseenheid was daar niks, en toe die volgende een.. was alles in motion gesit. ek is te oningelig (en te lui om Wikipedia te gaan naslaan, so sue me) om die argument volledig te kan verdedig, maar ek nie in my wildste drome begryp hoe ‘n regdenkende mens kan glo iets kan “net vanself” gebeur nie.
November 3, 2007 at 4:33 pm
En Johan – jy reken dis ‘n “given” – God is ‘n ‘Haar’, soos in vrou?
Verfrissende uitkyk wat jy het!
November 3, 2007 at 4:48 pm
Ek weet God bestaan. Ek weet Hy het alles gemaak. Hoe hy dit gedoen het, daaroor sal ons nog baie praat. Hoe hy dit in stand hou – Hy kon ook besluit het om dit met evolusie in stand te hou – dit weet ek ook nie. Waar dit alles ookaal begin het, en hoe dit alles ookaal in stand gehou word. Twee dinge bly seker Hy het dit begin en sibancinci.
November 3, 2007 at 4:49 pm
sonkind, dalk is ek net reaksionêr
November 3, 2007 at 5:10 pm
Cobus: fisika wette het gelei tot die idee van die “big bang”. Wat voor dit gebeur het, of waar dit vandaan gekom het, is daar al spekulasie voor, maar nog geen wetenskaplike teorieë nie. Dit is piekfyn om te sê “ek weet nie”, en dit is sekerlik ook piekfyn om die “original cause” ‘n naam te gee, naamlik “God”…?
Ek verstaan nie meer wat dit beteken om te glo dat God bestaan of dat God nie bestaan nie. Vir my is dit deesdae eerder ‘n geval van “wat weet ons van dít wat ons ‘God’ noem?”
November 3, 2007 at 5:13 pm
sonkind: ek verstaan ook nie die hy/sy vraag nie. Wat maak God ‘n “hy”, en wat maak God ‘n “sy”? Is dit ‘n vraag oor “watter geslagsorgane het God”? Daai vraag maak vir my op geen manier sin nie…
November 3, 2007 at 6:25 pm
hugo.. op jou eerste comment, defnitief, ek stem honderd persent saam. ek toe nou inderdaad bietjie gaan lees oor die big bang, en in terme van fisika en al die data wat al ingewin is maak die “Big Bang” teorie mal baie sin.. dis actually interessant.
(die hele ding dat inligting nie vinniger as lig kan beweeg nie het my heel omgeboul.. ubercool teorie.)
en as always, cool blog post meneer swarts. dig it.
November 3, 2007 at 6:29 pm
by the way, die hele geslag ding.. ons kan nie anders as om aan God te dink in terme van die menslike perspektief nie.. God is byvoorbeeld nie gebind aan tyd en ruimte nie, en die menslike brein kan dit nie naastenby kop nie. om God te probeer vasmaak aan iets so elementêr en menslik soos geslag is om die pot heeltemal mis te sit.
November 4, 2007 at 12:36 pm
As daar nie ‘n sesdag-skepping was nie, sukkel ek om te sien hoe God agter die skepping sit. Mense sê gereeld “God het die big bang gewil” of “God was die dryfveer agter evolusie”, wat mooi klink, maar wat beteken dit nou regtig? Hoe sou evolusie of die big bang enigsins anders gelyk het as God dit nie gewil het nie? Geensins. As jy God in die skeppingsprentjie wil hou, moet jy minstens Intelligente Ontwerp onderskryf, anders is hy ‘n heeltemal onbetrokke toeskouer wat bloot “wil” hê dat alles gebeur wat in elkgeval gebeur.
Interessant genoeg, het die meeste gelowe in die premoderne tyd nie skeppergode aanbid nie. Baie het geglo daar was ‘n god agter die skepping, maar sy of hy was gewoonlik veraf en ‘n ander jonger god is gewoonlik aanbid. So vertel die Griekse mitologie en die Baalsiklus en die Babiloniese skeppingsverhaal almal hoe die aanbiddingswaardige gode, soos Zeus, Mardoek of Baal, die ouer skeppergode verslaan en verwoes het. So dis heel moontlik om ‘n religie sonder ‘n skeppergod voor te stel. Die Taoisme, Boeddhisme aanbid nie een ‘n skeppergod nie. En in Kabbalah word die skeppende sy van God heeltemal losgemaak van die deel wat by die wêreld betrokke is, so daar selfs sulke presendente in die Judaisme. En die Gnostiek was uiters vyandig teenoor ‘n skeppergod – die skeppergod was gelykstaande aan die satan, terwyl hulle eerder ‘n jonger god aanbid het. Die idees van die Gnostici het die vroee Christendom sterk beinvloed en daar is duidelike ondertone daarvan ‘n die Johannes-evangelie waar Jesus dikwels te velde trek teen die owerste van hierdie wêreld en aan die Jode (wat ‘n skeppergod aanbid) sê dat hulle nog nie sy vader ken nie.
November 4, 2007 at 1:15 pm
Johan ,dis altyd insiggewend om jou inskrywings te lees. En ook die kommentaar hier. Laat my met nuwe oë na vele dinge kyk. Dankie.
November 4, 2007 at 2:43 pm
Johan, hierdie is ‘n baie goeie post. – WELL DONE -
Son, ek stem, dit is ‘n verfrissende uitkyk wat Johan het!
November 4, 2007 at 2:59 pm
Bertus!:… “sukkel ek om te sien hoe God agter die skepping sit”
vir ‘n spesifieke verstaan van “God” en “sit agter die skepping”, miskien…
November 4, 2007 at 3:31 pm
Son, (soos ek dit verstaan) alhoewel God in die Bybel na verwys word in manlike vorm, dink ek tog hy is ‘geslagloos’. Lees Genesis 1:27 “And God created man in His own image, in the image of God He created him; male AND female He created them.”
Tog ‘n self-portret lyk soos die skilder, maar is hoegenaamd nie die skilder nie.
November 4, 2007 at 5:04 pm
[curtsies]
November 4, 2007 at 6:17 pm
Johan
Dink jy God het “at all” geskep… deur te spreek?
Dink jy Hy skep vandag nog…?
November 4, 2007 at 6:38 pm
Nou die dag in die koshuis se eetsaal kom ‘n outjie van Shofar na my en vra of ek dink Sanskrit dalk die oorspronklike taal voor die toring van Babel was. Ek het vir hom mooi verduidelik dat tale nie net ontstaan soos wat die Bybelverhaal dit uitbeeld nie.
Point being.
As jy dink God het geskep met vokale, klinkers en diftonge, is jou verstaan van wat taal is myns insiens ‘n bietjie verwronge. Om jou vraag te beantwoord: nee. Ek dink geensins God (waarna daardie woord verwys, is ‘n volgende storie) het die heelal aanmekaar gepraat nie.
Ek is tans besig om Heidegger na te vors en het in die oorlede Carol White se Time & Death – Heidegger’s Analysis of Finitude raakgelees dat van die soort begrippe waarmee die Westerse filosofie werk (wees, om te wees, syn –> allerhande eksistensiële terme oor menslike bestaan wat Heidegger Dasein doop) nogal uniek is – dit kom slegs werklik voor in Indo-Europese tale.
Hoe waar dit is, weet ek nie. Maar dit laat my wonder. Is dit gangbaar om in die eerste plek te praat van ‘n Wese wat dinge se syn aan die gang praat as die taal waarin dit gebeur het moontlik nie eers oor die nodige begrippe beskik nie? Is God Germaans?
Dunno, dis net ‘n random gedagte.
Die Christen in my reken Hy kan vandag ook nog skep, ja. Maar of hy taal gebruik om dit te doen? Ek twyfel. (Praat jy jou koffie warm in die oggend?)
November 4, 2007 at 7:17 pm
God praat in die Woord van Sy mond en hand ens. waarmee Hy skep. Ons weet dat dit begrippe is wat aan ons bekend is wat verband hou met die “werk” verbonde aan skepping.
Miskien moet ek my vraag aan jou re-phrase,
Dink jy God het “at all” beplan/gedesign en toe geskep….?
November 4, 2007 at 7:28 pm
hmm…ek weet nie. wat reken jy?
November 4, 2007 at 7:50 pm
Dink jy die rekenaar waarmee jy met die wereld kommunikeer het ‘n designer(s)…?
November 4, 2007 at 8:13 pm
Johan
Ek sien jy meld dat God “groter” is wat oor die algemeen van Hom gedink word.
Verbeel jou vir een oomblik jy is in Adam se “skoene”(ja ja ek weet hy het nie noggie skoene gehad nie…) en God sou dit teenoor jou as ‘n feit gestel het …. “Adam dit het my ses (24uur dae) geneem om dit wat waarneem?” sou jy met Hom geglo het of sou jy met Hom geargumenteer het opsterkte van jou “bevinding” dat dit die poep 7bijoen jaar sou neem om jou “neus” te bereik….?
Dink jy Almagtige Skepper God het die vermooe om in sesdae te skep…? Kom ons vergeet vir een oomblik hoe?
November 4, 2007 at 8:58 pm
Hugo, ek hoor wat jy sê en ek stem eintlik saam, maar ek is nogtans ongemaklik om iets wat nie bestaan nie te laat bestaan deur net die definisie daarvan aan te pas.
November 4, 2007 at 9:10 pm
“Wees, om te wees, syn” kom ook in Semitiese tale voor, as dit van enige hulp is. Daar is om die waarheid te sê selfs ‘n sterk moontlikheid dat God se naam in Hebreeus JHWH ‘n hifil-verbuiging van die werkwoord “om te wees” is – jou dominee sal vir jou kan sê wat dit beteken.
November 4, 2007 at 9:13 pm
Korreksie op my laaste stelling: dit moet lees “‘n moontlikheid” eerder as “‘n sterk moontlikheid”.
November 4, 2007 at 10:43 pm
Daar is geskep, gesien dis nie goed nie, uitgevee, oorbegin ens, tot dit goed was. Wel, ek verkies om so daarna te kyk – so bietjie soos ‘n kind. Hoe lank is ‘n dag vir God nou eintlik? Is dit eeue later nie steeds die sewende dag nie?
November 5, 2007 at 1:49 am
Johannes_11 – miskien mis jy die punt van hierdie inskrywing effens. ek sê nie die heelal is ‘n paar duisend jaar oud of is ‘n paar biljoen jaar oud nie. (persoonlik is ek oortuig van laasgenoemde, maar dis irrelevant.) ek spekuleer sommer net oor die nagevolge wat beide vir iemand se godsbeeld kan inhou.
as my naam adam was en god het vir my gesê hy’t alles in ses 24 uur dae gemaak, sal ek effe oorbluf by hom wou weet wat presies sy telwoorde en tydsaanduidings nou juis behels, omdat ek maar eers onlangs gemaak is.
iemand soos chomsky sal argumenteer dat daar iets soos ‘n universele grammatika is – dat elke menslike brein gehotwire is om ‘n taal te kan praat. maar nie ‘n enkele taalkundige op hierdie planeet sal vir een oomblik saamstem dat ons gebore word met ‘n woordeskat nie. dit moet ons ongelukkig aanleer.
adam sou nie ‘n groot genoeg woordeskat gehad het om te begryp wat god vir hom sê nie. laat staan neerskryf.
sien jy wat ek bedoel met die misverstande oor die aard van taal?
Bertus! – tx vir die info. ek sal white weer gaan opsoek en kyk of ek reg onthou het.
November 5, 2007 at 6:47 am
Hierdie vrae het ongelukkig geen antwoorde nie, slegs opinies, so laat ek myne byvoeg tot die gesprek…
“God” verwys na ‘n konsep. Dit wat ons mense (vindingryk soos wat ons is) nie kan verstaan, begryp of verklaar nie, word as “God” gedefinieer (die bekende “God of the Gaps” konsep)
En om hierdie “God” konsep makliker te kan begryp, “personify” ons hom/haar as ‘n persoon. Of hy/sy ‘n hom of ‘n haar is, hang van ons “personification” af. Of hy/sy die heelal in ‘n oogwink geskape het, en 1 biljoen jaar gevat het, hang af van hoe jy nodig het om dit te interpreteer in die raamwerk van jou betrokke geloof.
Ek persoonlik sal aan ‘n God-karakter dink as manlik, want slegs ‘n man kan soveel k$k aanvang op ‘n slag! (pardon my french). ‘n Heelal wat deur ‘n vrou geskape was, sou baie beter daaruit gesien het! En as “lid” van die manlike geslag, erken ek dit!
Om op te som: “and in the beginning man made God, and in his image, he created Him”
P.S. JS, great blog!
November 5, 2007 at 8:07 am
Die werkings van evolusie, die oomblikke wanneer ek die tydskale daaraan probeer vadem, die lig van dooie sterre wat biljoene kilometers deur die niksheid propageer en op aarde waarneembaar is, die natuurwette wat saamwerk om ‘n wêreld soos ons s’n tot stand te bring, waar daar soveel is wat ons kan ervaar en dan wonder bo wonder “Mooi” kan noem, verbyster my. As ek dan stilweg glo dat daar ‘n God agter alles is, nie die antwoord op ‘n vraag (of my vrae) nie, maar ‘n alomteenwoordigheid en meer, mag ek seker?
November 5, 2007 at 10:49 am
yup
November 5, 2007 at 4:09 pm
Bertus, vandat ek jou nuwe avatar gesien het, glo ek glad nie meer in evolusie nie…
November 6, 2007 at 3:02 pm
Hier is ‘n interessante skakel vir jou: http://www.popularmechanics.co.za/content/news/singlepage.asp?key=440 waar hulle sê: “We found that evolution is achieved primarily through recycling old genes into new functions, as opposed to evolving entirely new genes from scratch,” Reed said.
Laat my so half dink aan iets wat iewers in die Bybel staan…
November 7, 2007 at 8:04 am
Ja Johan, beter sou ek nie hierdie post self kon skryf nie. Ek dog my sieninge is in die minderheid…
November 9, 2007 at 3:15 pm
mooi prentjie
November 10, 2007 at 1:59 pm
Christoff, ek dink ek stem saam… maar ek stel voor as mens so ‘n knypie van die “pantheism” bestandeel ook in meng (ek dink mens kry dan ‘n “panentheistic” perspektief), dan hoef mens God nie kleiner te word soos mens meer van die gaps in vul nie…
November 10, 2007 at 4:28 pm
[...] my understanding of “God” has grown tremendously. My God is bigger than that. I suspect Johan Swarts’ God is bigger than that as well. My Jesus has set me free from bondage, gave me life, and life in [...]
November 23, 2007 at 9:09 pm
En ons kibbel en dribbel oor ‘n paar klippies, gesteentes en fossiele – metend met koolstof en boeke! en dan is ons nog geworry oor geslag? Eissh, dit terwyl ons eintlik net vanuit ons eenogige, beperkte sig op die heelal nie eers die omvang van die heelal kan begryf nie, wat nog te se die ontstaan of instandhouding? Dis daai slag wat ek weet – knel en word baie – baie – baie stil terwyl jy net vir jouself se “word stil en weet – Hy is die Heer”
tx vir ‘n diep mooi blog.