Gisteraand het ek gedroom Suid-Afrika (in my droom die hele wêreld) vergaan in ‘n orkaan en ‘n messiasfiguur ontstaan in ‘n post-apokaliptiese wêreld wat weens ‘n misverstand vir die polisie moet vlug, omtrent almal in die SAPD vermoor soos net die superhelde op televisie dit kan doen, so beweeg dat dit lyk asof hy vlieg en later die hele weermag (die wat oorgebly het na die Armageddon, in elk geval) op sy spoor het tot hy die pennetjies in doodskis van hout gegravuur soos Christus afbreek by die plek waar ‘n doringkroon sou wees, terug in die kis gooi, na ‘n huisie met ‘n ou, swart vrou wat Amerikaanse Engels praat gaan en die hoof van die departement Afrikaans en Nederlands aan die bopunt van ‘n stel trappe ontmoet, die woorde “ek is so moeg” uiter en sterf op ‘n netjies opgemaakte bed.
Voor ek gaan slaap het, het ek episodes 207 en 208 van Heroes gekyk.
In Hawaii het Garrett Lisi, ‘n 39-jarige surfer met ‘n doktorsgraad in fisika, ‘n teorie van alles saamgeslaan wat glo string theory se gat skop. In Suid-Afrika het George Maru my getag om dinge oor myself te vertel. Die voorafgaande sinne het niks met mekaar uit te waai nie, want quantum entanglement werk nie op ‘n semantiese vlak nie.
Ek is op pad om te gaan draf
Ek het ‘n skamele 70% vir my Honneursgraad behaal. Ek blameer alles op Cobus
Daar is nog 2 scenes oor van die babafilm se rough cut.
My nuwe selfoon 0wnz0rz my ou selfoon.
My meisie woon naby Mosselbaai. Op ‘n plaas. Met baie spinnekoppe.
Daar lê ‘n kopie van NP Van Wyk Louw se Versamelde Prosa op my bedtafeltjie.
Ek het ‘n vreemde spesmaas aKing gaan vir my beter wees as Van Coke Kartel, maar ek kan nie lekker my vinger daarop druk nie.
Ek is nounet via YouTube gekontak deur die makers van ‘n amptelike dokumentêr oor Fokofpolisiekar, wat ‘n videoclip uit 2005 van my en Pierre (my ou drummer) wil gebruik in hulle film. WHOOHOO!
Reg. Noudat die meeste stof rondom arme Deon Maas gesak het, werp ek graag my eie stuiwer in die armbeurs oor dié lamlendige situasie.
As jy, liefste leser, een van die mense was wat hom uitgekryt het as ‘n voorstander van Satanisme en / of jy een van die kettingbriewe of SMSe rondgestuur het in ‘n poging om Rapport te boikot, was jy verkeerd. Heeltemal verkeerd. Want jy het nie die rubriek gelees nie. As jy dit gelees het, sou jy die volgende geweet het:
1. Maas is nie juis lief vir Satanisme nie.
As jy gaan probeer om my te oortuig om na ’n kerk van die een of ander aard te gaan deur ’n vuurwapen teen my kop te druk, sal Satanisme die laaste ding op my lys wees.
Propageer hierdie rubriek Satanisme? Nee. Maar as ons wil hê ander mense moet ons punt insien en ons idees respekteer, moet ons hul punt insien en hul idees respekteer. [my klem]
Duideliker kan dit nie gemaak word nie, liefste leser: jou veldtog was oningelig en sonder substansie. Daarom kan jy, sou die skoen jou pas, gerus vir Maas om verskoning vra. Doen dit per SMS. (Miskien was jy ook opgesweep in ‘n soortgelyke massahisterie wat onlangs onregverdige opmerkings teenoor die Britse skrywer Philip Pullman tot gevolg gehad het. SMS hom ook sommer.)
Sies. Daar was nooit ‘n debakel om mee te begin nie.
Ek is so opgewonde soos ‘n skooldogtertjie voor Kersfees. Vandag (of eerder gister) het ek gefrustreerd rondgemors met al wat ‘n editor, codec en splitter is. Adobe Premiere Pro (wat ek onlangs vir die Perspective-projek gebruik het) is heeltemal te stadig na my sin – dit eet resources soos ‘n hippie daggakoekies. Boonop is die preview window vrot gekodeer; met hoë resolusie video render dit hakerige video en raak dit soms moeilik om agter te kom wat aangaan met jou beeldmateriaal.
Enter: Sony Vegas 8.0 Pro. Ek het dit afgelaai, geïnstalleer, geïrriteerd gewag vir Dot Net 3.0 om ook op my hardeskyf te beland (Microsoft moet ook altyd orals ‘n vinger in iemand se pastei hê) en myself toe in postproduction hemel bevind. Dit loop seepglad. Previewing is smooth en stabiel, algehele werkverrigting lyk tot dusver baie ekonomies. Rendering is ‘n droom.
Ek sien uit daarna om hierdie filmpie aanmekaar te slaan.
In ‘n onverwagse wending het die [TYDskrif]kernredaksie stilstuipe gekry. Die eerste uitgawe sal voor Kersfees beskikbaar wees as ‘n proeflopie.
Ek het sopas vir die laaste keer ooit tee gemaak vir Die Departement. Het julle enige idee hoeveel tee vanjaar onder my hande deurgeloop het? Ek’s invincible, dêmmit! FEEL MY WRATH! I AM THE TEA WHISPERER!
Moenie akteurs net voor skemer met hulle rûe na die son skiet nie.
As jy binnenshuis is, moenie liries raak oor ‘n sagte, geel skynsel in jou kamera se viewfinder nie. Die kans dat jou beeldmateriaal soos ou kaas gaan lyk, is goed.
‘n CITI-Golf met ‘n outomatiese ratkas op ‘n gelykerige pad kan ‘n track amper perfek naboots. ‘n Kamera met OIS (optical image stabilization) saam met ‘n CITI-Golf met ‘n outomatiese ratkas is ‘n track op wiele.
‘n Dramadepartement se hoë definisie kamera kan ‘n kortfilm pragtig laat lyk, mits ‘n dosent dit nie ‘n week voor verfilming laat val nie.
Tweedejaar dramastudente wat op die eerste dag van ‘n 3-dag filmshoot kop uittrek, omdat hulle eerder die aand wil gaan kuier, moet ten alle koste vermy word. (Lodewyk Ludik gaan sukkel om in die toekoms werk by my te kry.)
Babas is moeiliker om te beheer as wat jy dink.
Duur driepote (tripods) moet liefs nie in die see staan nie.
Lig. Is. Jou. Vriend.
Editing en die onthulling van wie se idees gebruik is, vind eersdaags plaas. Die bogenoemde still behoort reeds ‘n bekende blogger met ‘n affinitiet…err…affiniteit vir jong dames weg te gee.
Fokofpolisiekar en Foto Na Dans het ‘n nuwe maatjie (en, as die musiekwêreld ‘n slagveld was, ‘n waardige teenstander) op my CD-rakkie gekry. Straatligkinders. Bloeisels (hulle eerste album) drup van talent.
Wie is oud genoeg om Sonja Herold en daai stemmetjie te onthou? Sou jy ooit kon droom dat Afrikaans so kan klink?
“Joining me this time are engineer/co-producer John Cuniberti, drummer Jeff Campitelli, bassist Matt Bissonette, multi-instra-mentalist Eric Caudieux, Zen Master Mike Manning and Mysterious Mike Boden, who shaved his head for the project!” [...] “There is no working title for the project as of yet… suggestions are always welcome.”
Joe Satriani is besig met sy volgende studio album! As jy nie weet hoe klink en lyk die meester van die elektriese kitaar in aksie nie, draai jou speakers wyd oop en click play:
Ek praat die naweek met ‘n meisie van Zimbabwe, wat my vertel dat F0kkerd Mugabe se regering “drie nulletjies afgekap het van die currency. Dis nie 50 000 Zimdollar vir R1 nie, dis eintlik 50 000 000.” Sy studeer eerder in Suid-Afrika, omdat haar pa, broer en suster alumni van die Universiteit Stellenbosch is en Zimbabwe tot in ‘n abbadon gesjnaai is.
Hel, dag ek, dis nogal erg. Tegnokraat wat ek is, gaan soek ek dit toe op WikiPedia op. En jou wragtig:
In August 2006, a new revalued Zimbabwean d0llar was introduced, equal to 1000 old Zimbabwean dollars. The exchange rate fell from 24 old Zimbabwean dollars per U.S. dollar (USD) in 1998 to 250,000 old or 250 new Zimbabwean dollars per USD at the official rate,[51] and an estimated 120,000,000 old or 120,000 revalued Zimbabwean dollars per US dollar on the parallel market,[52] in June 2007.
Die antichris se getalletjie is toe al die tyd nie drie sesse (wat in elk geval baie diskriminerend teenoor krieketspelers is) nie. Dis drie nulle. Wat beteken dat laevlak rekenaarpr0grammeerders nou geskroef is. ‘n Mens kan net nooit wen in hierdie wêreld nie.