Kan mense walvistaal praat? Natuurlik kan ons. Al wat ons moet doen is om die kolosse se soniese gedrag te analiseer totdat ons genoeg grammatiese en semantiese data het ten einde ‘n verstaanbare taal te konstrueer. Ek kan nou al sien hoe die eerste duiker in ‘n walvispak die duisternis insink om interspesie performance poetry slams te hou.
Oukei, mybie not.
Maar dis belangrik om te besef dat diere wel kan kommunikeer. Nie net met mekaar nie, maar ook met ons (wat in elk geval ook maar net koolstofgebaseerde lewensvorme is) . By ons viervoetige vriende is daar ‘n mate van prosodie te bespeur: skop ‘n hond en hy tjank – skop hom harder en hy tjank (of grom) harder.
Hierdie aanhaling, van ene R. B. Pragwat, slaan my dus dronk:
Vegetarianism is a voice for the voiceless. The voiceless are those who cannot speak for themselves, because they are meek and dumb. There are none less than our nearest and dearest brethren belonging to the animal kingdom. The Law of Providence has provided them with a very poor capacity for self-expression. [My klem]
(15th World Vegetarian Congress 1957)
Studies oor menslike kommunikasie deur Albert Mehrabian, ‘n sielkundige van UCLA, toon aan dat gesproke woorde slegs verantwoordelik is vir sewe persent van kommunikatiewe betekenis. Tot vyf en vyftig persent van betekenis is nie-verbaal van oorsprong. Dit is daarom nie net wat jy sê nie, maar ook hoe jy iets sê, wat sin oordra. Volgens Mehrabian* lyk die anatomie van ‘n (emosionele) boodskap so:

Anatomie van ‘n boodskap
Die nie-verbale (paralinguistiese) faktore waarvan Mehrabian praat, is natuurlik lyftaal. Hoewel sy studie op mense van toepassing is, is parallelle met diere ooglopend. Diere ween, toon pyn of tevredenheid, stuur paringseine uit, is soms paniekerig, iesegrimmig of omgekrap. Elke tjank, pyngedrewe spasma of stert-tussen-die-bene op die vlug slaan van ‘n dier is ‘n uiters duidelike boodskap:
“Los my uit. Dis nie lekker as jy my slag nie. Ek wil nie in jou ongemaklike stukkies lap voor ‘n skoupaneel paradeer nie. Jy het my tande uitgesny, nou pyn dit. Jou ossewa is swaar. Dis nie lekker om in ‘n loopgraaf te val nie. Die sirkushoepel se vlamme brand. LOS MY F$#%$ BALEIN.”
Wat bedoel vegetariërs wanneer hulle sê hulle praat vir dié wat nie kan nie? Dat diere, wat teoreties tot 93% so effektief soos mense oor basiese behoeftes kan kommunikeer, nie hulle eie pyn en lyding kan bekendmaak nie? Is woorde nodig om te sê iets is nie lekker nie? (Het ‘n krygsgevangene ‘n tolk nodig om te bewys marteltegnieke maak seer?)
Miskien moet die fokus eerder skuif na mense se skynbare onwilligheid om ag te slaan op eenvoudige, woordelose boodskappe. En dit bring ons by ‘n heel nuwe punt in die diskoers oor dieremishandeling, want die onvermoë om eenvoudige, kommunikatiewe seine verkeerd te verstaan of mis te kyk is so oud soos die mensdom self. Kan jy “oorlog” sê?
* Mehrabian, A. (1971). Silent messages. Wadsworth, Belmont, California.
(Ek weet – die kop van hierdie inskrywing is ietwat misleidend. Noem my ‘n statshoer.)











October 30, 2007 at 10:35 pm
Daai presiese persentasies van Mehrabian is tipies van die tipe ding wat mense wat sosiale wetenskappe beoefen, uit hul duime suig.
October 30, 2007 at 10:38 pm
Wat ek daarmee bedoel, is dat ek wens hulle wil die waarhede of teoriee waarmee hulle vorendag kom, nie so met wiskunde of statistiek probeer tooi nie, want dit belemmer hul geloofwaardigheid.
October 31, 2007 at 12:54 am
Ek begryp wat jy bedoel. Dis vir my ook effe lagwekkend om iets soos ‘n boodskap te probeer kwantifiseer met persentasies, maar in hierdie geval vind ek Mehrabian uiters nuttig. Sy bevindinge, of hy dit nou probeer sugercoat met statistiek en my die geleentheid gee om shiny grafieke te trek of nie, is heeltemal korrek. Paralinguistiese eienskappe speel ‘n enorme rol in kommunikasie – syfers uit die vinger van ‘n geesteswetenskaplike maak sy teorie nie minder waar nie.
Maar weereens – ek begryp heeltemal wat jy bedoel en stem tot ‘n groot mate saam.
En komaan. Pie graphs is cool
October 31, 2007 at 4:06 am
Die peil van dié blog is werklik aan’t styg. Liewe land, selfs die antie is beïndruk. Al wat sy nou nog soek is ‘n mooi ontblotende stortkiekie. Sekerlik sal een van die Matie-kostannies bereid wees om die sneller te druk.
Nou is die antie werklik vort. Haar werkgewer duld nie meer haar kuberkaskenades nie. Die antie is immers temloos (of is dit toomloos?) in die kuberruim …
October 31, 2007 at 5:26 am
Daai eerste aanhaling is net nog ‘n voorbeeld van hoe ‘n geldige saak liederlik belemmer kan word deur idiotiese verduidelikings. Wat natuurlik die hele punt van jou inskrywing verder onderskraag.
October 31, 2007 at 9:28 am
Dude, as jy dink pie graphs is cool moet jy dié sien wat ons in argeologie gebruik!!! Dis soos die Riaan Cruywagen van pie charts!
Anyway, ek dink, vanuit ‘n navorsingsperspektief is dit altyd problematies om iets wat in beginsel kwalititief (in die nie abstrak) van aard is, te probeer kwantifiseer in rieele terme. Dis ma wat ek dink.
October 31, 2007 at 9:31 am
ek meen “kwalitatief”
October 31, 2007 at 10:05 am
hey johan
jou wasserfall cd het teruggekom onafgehaal… het jy ‘n ander adres
October 31, 2007 at 10:40 am
Somtyds raak ‘n mens so beïndruk deur jou eie deduktiewe kragtoere dat jy dit wat reg voor jou neus is miskyk. Ek meen wat wil jy nou eintlik hier sê? Dat dit geen impak op mens se kommunikasievermoë het om te kan praat nie? Dat diere deur lyftaal hul menings oor fabrieksplase, die impak van globalisering op massaboerdery en die military-industrial complex moet deel?
October 31, 2007 at 10:58 am
Dat Pragwat se nosie van stom diere nie heeltemal sin maak nie.
Wat het MIC met enigiets uit te waai?
Ek vind dit beduidend vreemd dat omtrent almal fokus op die sogenaamde foutiewe statistiek sonder dat julle Mehrabian (neem ek reg aan?) actually gelees het. En selfs nog vreemder dat die effense tong in die kies trant van die inskrywing misgekyk word.
Ewenwel, ek geniet julle en bly by my oorspronklike standpunte: 1. Diere kán sê dis nie lekker om mishandel te word nie – hulle gebruik bloot net nie woorde nie. 2. Sommige mense kan gerus begin ag slaan op hierdie woordlose pleidooie.
Wimpie – Hmm…dis vreemd. Ek sal jou per e-pos kontak.
October 31, 2007 at 11:08 am
Fokken ALLES in die wêreld gaan oor die MIC!!!!!!! Alles!
Pragwat se mosie is 100% korrek. Slawe se pyn was ook sigbaar, maar hulle is eers gespaar nadat daar in howe lang argumente namens hulle gemaak is. Dit was altyd sigbaar dat vroue nie daarvan hou om seer te kry nie, maar dit was eers nadat hulle georganiseer en in openbare diskoeeeeeers hul menings op ‘n retories oortuigende manier begin formuleer het, dat vroue-emansipasie nader gekom het. Om net sigbare aanduidings van pyn te toon, is nie om te kommunikeer nie.
Descartes het diere gesien ly en het desondanks gesê hulle is net masjiene, die krete en knorre is meganiese reaksies. Geen dier kon toe ‘n oortuigende argument opper om hom anders te oortuig nie en dit het ‘n paar eeue gevat voordat enige mens die hart ontwikkel het om in te tree en dit wel te doen.
October 31, 2007 at 11:13 am
Ek was nie sarkasties toe ek gesê het deduktiewe kragtoer nie. Jou argument is heeltemal verkeerd, maar dit is nogtans netjies aanmekaargesit.
October 31, 2007 at 11:16 am
Hehe, ‘n kragtoer nogal?
Al die voorbeelde wat jy noem ondersteun bloot my oorspronklike punt – mense is te vasgevang in hulle eie, egoistiese bestaan om ag te slaan op ander. Dit sluit diere in.
Ons stem saam sonder dat ons dit besef, dink ek. Die “mens” wat “die hart ontwikkel het om in te tree en dit wel te doen” het die punt bereik waar hy begin luister het.
Jy gaan die MIC-idee vir my moet verduidelik.
October 31, 2007 at 12:51 pm
(Duskant – plaas daar ‘n argeologie-grafiek op jou blog, ag toe?
)
October 31, 2007 at 1:33 pm
bertus.. jys interessant, dude. jy vermaak my.
ek dink diere kommunikeer, afgesien van die meganise reaksies (wat ‘n vrek interessante benadering is so by the way. sien; VERMAAK.) is daar vir my net ‘n huge verskil tussen tweerigting kommunikasie ervaar, en daarop reageer. ek dink diere se kommunikasie is heel effektief, ek dink net die menslike kapasiteit om met ‘n oop kop te ‘luister’ is nie.
October 31, 2007 at 2:27 pm
Ek kan dalk so ietse plaas oor die chronologiese vorderingspeil van tweerigtingkommunikasie tussen Homo habilis, Homo erectus en goeie ou Homo sapiens neanderthalensis…he he
October 31, 2007 at 4:52 pm
Hoe de dinges het jy stemtoon sonder om iets te se?
October 31, 2007 at 5:00 pm
Ek het nie die vaagste benul nie.
November 1, 2007 at 10:44 am
hoe maak jy daai mooi grafiek? moet mens office 2007 of 6 of iets hê?
November 1, 2007 at 11:03 am
/me points
statshoer! STATSHOER!!!
November 1, 2007 at 12:13 pm
aaaaaag, jy laat my bloos
maeree – office 2007. dis nogal indrukwekkend in vergelyking met 2003.
November 7, 2007 at 5:50 pm
Hoekom lees ek hierdie nou eers raak? Ah, want die titel het my ‘n week terug laat dink “ag, nie iets wat ek nóú wil lees nie”. Ek sal maar in gedagte hou jy trek ook maar die “statshoer” kaart (Ek dink ek ook, soms, en ek het beslis nog ‘n paar van daardie kaarte in my mou op. Hmm, “Atheists believe in God” is in die pyplyn, muhahaha.), en ek dus nie na jou titels moet kyk om daai besluit te maak nie. Wat jammer tags verskyn nie in my feed-reader nie.
Walvis, eh…
February 29, 2008 at 1:32 am
[...] second-hand references. With mentions of common ground necessary for communication, and talk of whale talk, I recognise a piece of my own madness in the minds of its creators. Ah, sweet, connection! [...]