Hoe jy op TV gaan kom

In die komende paar maande gaan ek en Melanie du Toit ‘n kort kortfilm van scratch af beplan en vervaardig. Die onderwerp? Babas.

En omdat ons dink julle is onsettend funky, soek ons julle idees. Wat kan baba’s doen wat volwassenes nie kan doen nie? Hondekos eet? Vloermoere gooi in kettingwinkels? Kaal oor die strand hardloop?

Die beste idees sal saam met ons s’n verfilm word en met die betrokke blogger se naam en (indien toepaslik) blog url in die credits geakkrediteer word. Die film(pie) gaan by ‘n onafhanklike televisiekanaal ingesmokkel word, so jou leserstal mag dalk ‘n aansienlike hupstootjie kry. Dit sal ook op YouTube wees.

Waarvoor wag jy? Carpe gloria!

(As jy ‘n 3CCD kamera wil skenk, is jy natuurlik ook meer as welkom.)

17 Responses to “Hoe jy op TV gaan kom”

  1. Roer Says:

    Baba’s kan nie vloermoere gooi in kettingwinkels nie. Kleuters kan wel. :-) Ek gaan bietjie dink hieroor en terug kom na jou.

  2. idiwidi Says:

    ‘n Baba se skril gier kan met ‘n bietjie vindingryke manipulasie as ‘n kakkerlakafweerder gebruik word.

    Baba’s kan sonder moeite aan hulle groottone suig.

  3. Roer Says:

    Die lysie is vir BABA’s (nie seker of jy kleuters ook bedoel nie):
    1. Hulle kan hul toontjies in hul monde druk (flexible);
    2. Hulle kan geborsvoed word…;
    3. Hulle kan met hul spoeg speel en bubbles blaas sonder dat iemand dink hulle is vertraag;
    4. Hulle kan kraai van die lag wanneer hulle wil;
    5. Hulle kan harte steel ‘at the drop of a hat’ (selfs troeteldiere sin);
    6. Hulle kan heel aand wakker bly…en nog glimlag die volgende oggend;
    7. Hulle kan ‘n wind opbring en hoef nie sleg te voel daaroor nie (onder ook!);
    8. Hulle kan die cuteste geluidjies maak sonder om snaakse kyke te kry;
    9. Hulle kan ‘aan voel’ wie bedoel goed en wie nie en sal gou skree as hulle nie gemaklik voel nie (nie soos kleuters nie);
    10. Koue see water of swembad water pla hulle nie;
    11. Hulle lyk cute in ENIGE klere;
    12. Hulle het die vermoee om groot mense te laat huil van geluk (en van ‘lack of sleep’).
    Okay, genoeg. Julle het my nou liries. Dis my gunsteling onderwerp.

  4. aventer Says:

    Hmm…baba’s is die enigste mensies wat ENIGE gromgat en brompot binne sekondes sal kan laat smile…dit is wetenskaplik bewys…deur my :-P

  5. Ruzelda Says:

    Babas kan nie toetstoesig hou en kommentaar lewer op blogs sonder dat Huigend Hert dit agterkom nie. Stoepitttt babas.

  6. George Maru Says:

    Babas kyk na dinge, mense en hul omgewing op ‘n manier wat jy nie meer in groot mense se oë sien nie.

  7. Melanie du Toit Says:

    Ek sien uit!!

  8. My Kop Op 'n Blok! Says:

    1. Babas kan op hulle rug lê en maak of hulle ‘n fonteintjie is. (Dis klaar in ‘n advertensie gebruik.)
    2. Iemand se klere heeltemal bekots as jy nie ‘n spoegdoek byderhand het nie.
    3. Tafeldoeke en ornamente van tafels aftrek.
    4. Vloeistowwe uit ‘n tietiebottel in ‘n ou blompot gooi en uit die blompot drink – ek het foto’s om dit te bewys.
    5. Aanhoudend huil om jou mal te maak.
    6. Cute wees en selfs groot manne se harte week maak.

  9. Da Mario Says:

    Babas kan aan ‘n girl se boob vat en nie uitgetrap word nie.

    Kinders onder 2 kan baie keer dinge verniet doen, waarvoor jy as volwassene moet betaal.

    Die meeste mense sal werklik opreg ENIGE iets vir ‘n babatjie doen en werklik NIKS terug verwag nie…

    Babas, peuters en kleuters kan met onskuldige opgies na ons wereld kyk en die wonder in alles raaksien, daar het nog geen verbuiging van die verwysingsraamwerk plaasgevind nie.

  10. René Says:

    Babas mag in hul broeke bollie!!!

  11. Cobus Says:

    kan ek net sê, hierdie comments het my kliphard aan die lag gehad, het dit nou UITERS baie geniet :) genoeg materiaal hier om ‘n ubercool kortfilm te maak..

  12. 50 / 50 se moses « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Volgende op die lys: babas. [...]

  13. Agt dinge… « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] en die onthulling van wie se idees gebruik is, vind eersdaags plaas. Die bogenoemde still behoort reeds ‘n bekende blogger met [...]

  14. Progressie #2 « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] babafilm is aan die einde van verlede jaar met ‘n HandyCam geskiet, maar omdat ek gulsig was en dit [...]

  15. 50 / 50 se moses | Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Volgende op die lys: babas. [...]

  16. Agt dinge… | Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] en die onthulling van wie se idees gebruik is, vind eersdaags plaas. Die bogenoemde still behoort reeds ‘n bekende blogger met [...]

  17. Progressie #2 | Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Die babafilm is aan die einde van verlede jaar met ‘n HandyCam geskiet, maar omdat ek gulsig was en dit [...]

Leave a Reply