[Tydskrif]

September 30, 2007

kliek-hier.jpg

Holy_Calamity van Slashdot skryf:

Sony and the University of Alabama are working on a gigapixel resolution camera for improved satellite surveillance. It can see 10-km-square from an altitude of

7.5 kilometres with a resolution better than 50 centimetres per pixel. As well as removing annoying artefacts created by tiling images in Google Earth and similar, it should allow CCTV surveillance of entire cities with one camera

Slegs een kamera om ‘n hele stad te monitor. Indrukwekkend. Maar vra jouself as blogger die dieperliggende, filosofiese vraag: is dit sinvol? Kan hulle jou regtig met so ‘n kamera vang [roekelose blogverwante werkwoordstuk hier]? Behalwe as jy erosie of voëlmisvlakke wil meet, maak dit tog net sin om van surveillance te praat as daar mense betrokke is – beide voor én agter die kamera’s. En bloggers het mos nou die liederlike gewoonte om in geboue weg te kruip. Hoe gaan satteliete ooit ‘n kaart van bloggers maak?

Die antwoord is natuurlik: hulle gaan nie. Hulle gaan ons nooit karteer nie. Daar is nie ‘n satteliet in die wêreld wat dit kan doen nie. Daarom moet ons dit self doen.

In samewerking met die Afrikaanse blogosfeer word die eerste blogging tydskrif in die geskiedenis (ooit) binnekort saamgestel. Daar is soveel goeie inskrywings in omloop dat dit tog net sinmaak om die bestes te boekstaaf (of dan te .pdf) en te versprei. ‘n Paar administratiewe dingetjies moet natuurlik eers gebeur:

  1. Die tydskrif kort ‘n voorbladontwerp
  2. Die tydskrif kort algehele uitleg
  3. Keurders moet opgespoor word.
  4. Inskrywings moet gevind en voorgelê word
  5. Toestemming van die skrywers moet verkry word vir “publikasie”

Ensomeer. Om hierdie enorme taak die hoof te bied, is ‘n nuwe blog geskep. Maak vandag nog ‘n draai by [TYDskrif] en deel jou briljante idees met die redaksie. Vertel jou medebloggers van die projek. Vertel jou ma. Hel, vertel sommer vir Steve Hofmeyr. Link dit in jou blogroll. En gaan delf in jou argiewe vir die beste posts – die wêreld verdien om dit te lees.


Ooit.

September 27, 2007

Piet my vrou is die gayste voëlnaam in die geskiedenis. Ooit.


Chemistry

September 25, 2007

Ek vind dit altyd interessant om te sien hoe mense subjektiewe waardes aan fisiese fenomene (as jou naam Edmund is, moet jy nou opgewonde begin raak) heg. Neem ‘n HIV-infeksie. Twee of meer biologiese liggame met betrokke chemiese samestellings reageer op mekaar, ondergaan chemiese veranderinge en skei taaierige materie uit. Sommige van hierdie stowwe reageer om die beurt met mekaar en maak dat die toestand van een of beide (of meer) van die liggame se chemiese samestellings anders daaruitsien as vantevore.

Nou het iemand VIGS.

Wat my dronkslaan (dalk omdat ek dit self gereeld doen) is hoe mense die abstrakte sprong van hierdie gegewens kan maak na: “Om rond te slaap en VIGS te kry, is sleg“.

Enlighten me?

(Ek besef dat moord en verkragting net soos hierbo beskryf kan word en dink self dis plein verkeerd. Maar speel tog saam – seks is gewoonlik veel meer konsensueel as manslag.)


Perspektief

September 24, 2007

‘Weet jij die mop van die vent, die tegen een kennis zegt: jij bent niet gezond, je hebt vast bloedarmoede?’ vroeg Jaap. ‘Hij zegt: jij hebt vast bloedarmoede. Welnee, zegt de ander. Vast en zeker, zegt de eerste, waarom gewed?’ Ze wedden om vijfentwintig gulden en die tweede gaat naar de dokter om zich te laten onderzoeken. De eerste, die wacht voor de deur. Na een tijdje komt die ander dansend en springend naar buiten’ – hij spreidde de armen met vliegbewegingen uit – ‘en die schreeuwt: ha! Gewonnen! Ik heb maagkanker!’

(168 in Gerard Reve se De Avonden )

70% van julle glo in wonderwerke. Verstaat je Nederlands?


ce n’est pas une note

September 22, 2007

Is jy werklik jy?

September 21, 2007

Die volgende aanhaling van Slater (2002: 536), hoewel lywig, som vier aspekte van kuber-emanspiasie goed op:

First, one can perform whatever identity one chooses (I can be a man, a woman or an extraterrestrial toad); second, one can create entirely new identities that are impossible or inconceivable in offline worlds constrained by social and bodily physics (famously, I can be one of seven different sexes on Lambda-MOO); third, because all presences online are textual they are also self-evidently performances, and therefore…

[haal eers asem]

…one can be liberated from the concept of authenticity itself, and enter a different ethics and politics, that of performance; and, finally, this ethics and politics, in its most prevalent version, is carried out by ‘cyborg’ or ‘hybrid’ identites; they are defined not by a fixed and monadic individualization but rather by fluidity and interconnection. Cyberspace appeared as the site of a sociology of the future, in which identities are mobile, fluid and openly experienced as performative rather than authentic.

(Slater, D. 2002. Social Relationships and Identity Online and Offline. Handbook of New Media 533-46.)

Is jy werklik jouself wanneer jy aanlyn is? Kan ‘n mens ooit jou identiteit in die regte lewe met jou kuber-identiteit versoen?


Laat die vrydenkers na my toe kom

September 18, 2007

Ek is keelvol vir mense wat die frase “geloof soos ‘n kind” misbruik om te verkondig dat Christene moet glo soos ‘n breinlose poespas pap vye. Want kindertjies vra vrae. En hulle vra nie hoe laat is dit, wat’s vir aandete of waar trek die wisselkoers nie.

Hulle vra hoekom.

Om soos ‘n kind te glo is myns insiens nie om blindelings te aanvaar nie. Dis om gedurig te wonder en te vra en te bevraagteken – om ‘n dissipel van Jesus én Sokrates te wees. Insgelyks is dit om deurgaans in verwondering te staan oor jou eie bestaan en alles om jou. Om nooit verveeld te raak met die lewe nie. Hoeveel kleuters met depressie ken jy?

Hoekom was lanklaas so eenvoudig soos wat dit lyk.


Hoe jy op TV gaan kom

September 17, 2007

In die komende paar maande gaan ek en Melanie du Toit ‘n kort kortfilm van scratch af beplan en vervaardig. Die onderwerp? Babas.

En omdat ons dink julle is onsettend funky, soek ons julle idees. Wat kan baba’s doen wat volwassenes nie kan doen nie? Hondekos eet? Vloermoere gooi in kettingwinkels? Kaal oor die strand hardloop?

Die beste idees sal saam met ons s’n verfilm word en met die betrokke blogger se naam en (indien toepaslik) blog url in die credits geakkrediteer word. Die film(pie) gaan by ‘n onafhanklike televisiekanaal ingesmokkel word, so jou leserstal mag dalk ‘n aansienlike hupstootjie kry. Dit sal ook op YouTube wees.

Waarvoor wag jy? Carpe gloria!

(As jy ‘n 3CCD kamera wil skenk, is jy natuurlik ook meer as welkom.)


Da Mario is orals

September 16, 2007

Spesiaal vir Maeree en KruidjieRoerMyNie – ‘n onaanvegbare bewysstuk dat Da Mario orals is. Click om te lees:

zilleburger.jpg

(Die Burger, 12 September 2007)

Dit beteken natuurlik dat die man met die Pienk Zuit nie meer die enigste ou is wat jou onwettige zappies sien nie. ‘n Tragiese dag vir Zuitiste oraloor.


[click...whirr...curtsy]

September 13, 2007

Hoekom is rockbands cool? Hulle lipsync nie. (Daar is min goed so lafaartig soos ‘n lipsinker.) Hoekom is Foto Na Dans Cool? Hulle sketter-sketter soos Muse gekruis met Placebo, ingeënt met ‘n trompet. Hierdie kêrels is die naaste wat Afrikaanse musiek tans (op ‘n liriese vlak) aan Surrealisme kom:

Terwyl Britney Spears soos ‘n olifant op tik in ‘n tutu lyk by die MTV Video Music Awards, is Foto Na Dans se eerste vollengte album, Intervensie, nou beskikbaar vir algehele luistergenot by uitgesoekte CD-winkels. Kry dit nou. Doen dit vir jou land.

As jy nog oortuiging kort, click hier. Wag vir die bladsy om te laai en luister na “Vergeet van my” (dit behoort vanself te begin speel.) Toe nou. Hoe kan jy nié daarvan hou nie?