Die traangas val op die appelgraf en sis soos steak in ’n pan. Fok. My oë begin traan. Wat sou Pannevis doen? Skree, seker. Pannevis het ’n tong gehad.
Dan maar bid.
Ek draai na die die lam van God. My knieë raak appelmoes en ek val voor hom neer. Buite gil die kaptein.
Goed, dis effens van ‘n leuen. Ek glo verskeie dinge, baie daarvan my onderbewussyn se skuld. Maar ek verbind myself weinig aan goed. (Klassieke geval van commitment issues, seker maar.) Die hoop beskaam egter nie – benewens lemoensap en long walks on the beach is daar iets waarby ek myself met al die liefde in die wêreld sal skaar.
Nie omdat hulle musiek vars en intelligent in eenvoud is nie. Nie omdat hulle lirieke (hoewel dit plek-plek skaafwerk kort) soms kwessies aanspreek waarvan ander liriekskrywers nie eers bewus is nie. Nie omdat ek met hulle bevriend is of hulle ‘n funky website het nie.
I just love’m cause they make me move:
Van waar ‘n naam soos BaarmoederGevoel?
Dawid [hoofsanger] het geswem en toe tref dit hom soos ‘n nat vis. Die veilige gevoel van op die bodem van die swembad lê, (nie wat jou ma vir jou sou sê nie) die vrede wat jy beleef sonder die geraas van werklikheid, die nattigheid van in water wees.. dit was ‘n BAARMOEDERGEVOEL.
Hou hulle dop.
(Die opname is gemaak tydens ‘n braai en is nie bedoel om professioneel te klink nie. Dawid, hoofsanger, het tjoppies staan en omdraai terwyl hy gesing het. Tussen-in het hy gemymer dat dit nogal lekker sal wees om eendag kommentaar te kry by baarmoedergevoel@hotmail.com.)
Nou die dag stap ek verby ‘n plakkaat in die Neelsie. ‘n Shofarplakkaat.
God made sex!
Huh? mymer ek.
‘n Mens kan nie seks in ‘n blikkie koop en dit saam met jou ronddra nie. Dis ‘n abstrakte begrip. Seksuele omgang is ‘n kontingente proses, nie ‘n voorafgefabriseerde ding (soos die Venus de Milo) nie. Dit begin iewers in tyd, duur ‘n bepaalde tydperk en stop dan. So min as wat dit sin maak om te sê iemand het rugby of rockshows gemaak, so min maak dit sin om te sê God het seks gemaak. Geslagsorgane, dalk. Hardgekodeerde drangpatrone in die brein, ja. Maar nie seks nie. Dis 100% ons probleem.
onze vrede is een huid van vlammen
onze vreugde is een huis vol vuur
onze aandacht is kappen op valken
een opengespalkte angel is ons inzicht
inzichtbaar in mijn gezicht
maar in mijn gezicht
eetbaar zijn je ogen
groen smaakt de lente van je iris
en je stem is een aster in de eistille herfst
onze duisternis is een obelisk van regen
onze zachte stem is een warme ruiker
fluisteren en zwijgen maken een etmaal
en zon en maan ons zingend lichaam
‘n Man is nie ‘n klip nie. ‘n Man is egter ook nie ‘n damwal nie en gisteraand in die CTICC (Cape Town International Convention Centre) het ek tydens die serfinaalpouse die manskleedkamers betree. Ek het ‘n hokkie gesoek, my broek gestroop en stelling ingeneem. (En, sonder dat ek dit kon help, aan Bertus! se snoeiery gedink.) En toe tref die wonderlikste gedagte my.
Daar het al presidente op hierdie ding gesit.
My sitvlak deel nou ‘n porseleinbak met die boude van beroemde staatsmanne, besigheidsmanne, akteurs en musici. En skoonmakers. Vir ‘n oomblik het ek geslepe, gierig, filantropies en geniaal gevoel. Sommer gelyktydig.
Sjoe, het ek gedink.
Hippokrates (van die mediese kampus) het skoonskip gemaak in die mansafdeling; die nuwe koshuis se dames, ook bekend as Metanooiens, het met die vrouelouere weggestap. Ses ander sergroepe het vreeslik terneergedruk uit die ouditorium gestrompel en dinge gemompel oor hoe onregverdig die beoordelaars was of hoe die uitdunrondtes hulle gekelder het.
Ek het die gebou met ‘n glimlag verlaat. Almal was wenners.
Vanmiddag was primsirkus1. Ek beskou myself as ‘n gedugte grapkandidaat en het, soos verlede jaar, ‘n tweeledige beleidsverklaring gelewer. My buurman en sy kamera was regstreeks op die toneel – ten koste van sy ore, ten bate van my lesers:
(Die regte kandidaat, JD Visser, staan in die agtergrond met ‘n maroenbaadjie.)
1 ‘n Bekendstellingsgeleentheid waar kandidate meeding in ‘n openbare “debat” om die titel van primarius: hoofseun van ‘n universiteitskoshuis.
In April 2007 het Technorati meer as 75 miljoen blogs ge-index. Luidens die 1%-reël van content creation lees nagenoeg 7500 miljoen mense hierdie blogs – meer as 7500 keer die aantal spesies op die planeet. Blogs verteenwoordig ‘n fraksie van al die inligting daarbuite. Kennis verdubbel jaarliks.
Is die begrip “polimaat” nog ‘n sinvolle begrip? Is dit nog haalbaar om te sê jy weet baie? (Sokrates het meer as 2000 jaar gelede al gesê dat, hoe meer hy weet, hoe meer besef hy hoe min hy weet.) Is dit nog sinvol om te sê God weet alles as kennis amper jaarliks verdubbel? Kan enigiemand ten volle sy of haar plek in die geskiedenis verstaan as dit klaarblyklik onmoontlik is om selfs ‘n fraksie daarvan te leer ken?
Dís hoe Eendrag, bekende manskoshuis van die Universiteit Stellenbosch, vanoggend skuins na 07:00 gelyk het. Tans is die derde verdieping, waarvan die bostaande foto ongeveer ‘n derde wys, ‘n smeulende hoop puin. Twee Eendragters moes noodgedwonge by hulle kamervenster uitspring om van die vlamme te ontsnap en is gehospitaliseer. Die oorsprong van die brand is onbekend, hoewel dit na bewering in Pros, een van die boonste gange, ontstaan het.