May 30, 2007

Wilfred Kriel sal nooit die geleentheid hê om nege kersies op ‘n koek uit te blaas nie. Hy sal nooit die nu metal van Chevelle beleef en skielik skuldig voel omdat hy soms nonchalant met die dood omgaan en rekenaarspeletjies met battle axes daarin speel nie, omdat hy gister deur twee laerskoolseuns in ‘n bos voorgekeer en met ‘n byl verflenter is. Sy voete is vasgebind en hy het na alle waarskynlikheid in die stof gefletter soos ‘n budgie in ‘n blender.
Hoe raak ‘n mens nié afgestomp in hierdie wêreld nie?
30 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, WTF |
Permalink
Posted by Johan Swarts
May 28, 2007
Daar is ‘n nuwe statshoer op die blogosfeer. Letterlik. ‘n Anonieme karakter genaamd sa male prostitute (sy eie, ongekapitaliseerde spelling) het onlangs ‘n WordPress.com blog van stapel gestuur en stel nou stelselmatig name van sy kwansuise “kliënte” vry. Laasgenoemde is taamlik bekende Suid-Afrikaners – volgens sa male prostitute het onder andere James Small, Jan de Wet en Leon van Nierop met hom geponkie-ponkie en ander duur goedjies gedoen in die nanag.
Myns insiens kan hy nie ‘n goeie prostituut wees as hy sy kliënte se name verklap nie. (Dis natuurlik, bygesê, mits dit waar is. Die hele ding vrot na kettingbrief.) Ek het dit dan ook mooi so vir hom gestel in ‘n comment op een van sy posts. Groot was my ontnugtering egter toe ek ontdek dat die swernoot my aanmerking onder moderasie geplaas het:

sa male prostitute:
1. Jy modereer my nie, boetie.
2. Om ‘n prostituut te wees en dan jou kliënte se name te verklap, is agterlik. Kry ‘n bietjie professionaliteit.
3. Daar is niks fout met homoseksualiteit nie. Jou blog bou egter voort op die stereotiepe beskouing dat dit iets is wat onder ‘n maatemmer gebêre moet word.
4. Jy. Modereer. My. Nie. Vir. ‘n. F@%$. Nie.
[exhale]
51 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, WTF, n00b |
Permalink
Posted by Johan Swarts
May 25, 2007
(Die onderstaande sonnet is vandag geskryf tydens telefoondiens by Die Departement. Ek dink ek het ‘n nuwe woord gemunt, alhoewel ek nie seker is of my vorm daarvan goeie grammatika is nie. Take that, HAT.)
Bomskok
bloedsproei sif siedend tussen spaanders
en sinterige oogroet op torso’s neer
slierte vlees flonker rou en soos ‘n veer
dwarrel ‘n ontbeende tendon (sy spiere elders)
verstar in die nageboortelike aromas
van swael en kruitdamp en stootwaentjies
en plastiek en omgedopte winkelmandjies
vol drelle en dakbalke en baba’s
‘n ingeduikte brandblusser lê eensaam
tussen vloerteëls en niere en huil
skuimend oor sy verlore rooi pyp
wat papperig soos ‘n helmint vuil
in die oogkas van ‘n lyk wurm: ryp
en taai probeer dit maaiers kraam.
© Johan Swarts 2007
29 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, Poësie, Sonnette |
Permalink
Posted by Johan Swarts
May 22, 2007
Twee dinge is besig om my opnuut in verwondering te dompel. Enersyds is daar die onmeetlike heelal en alles wat (na alle waarskynlikheid) bestaan – die oeroue gegewe dat daar hoegenaamd iets is eerder as niks nie. Andersyds kan ek en my gebrekkige, neurologiese kennis nie my eie bewussyn kleinkry nie. Navorsing toon (as ek reg onthou) dat daar toe al die tyd nooit ‘n Cartesiaanse spook in die masjien was nie. (Nie in die brein nie, in elk geval.) Dat ek dus hoegenaamd sintuiglike indrukke van gefrommelde handboeke, nartjiesproei en goedkoop toiletpapier kan vorm, bly uiters verstommend.
Dit mag enige Filosofie 112-student se nat droom wees, maar dit bly aan my krap.
(Magdaleen het ‘n blog begin. Sê hallo.)
25 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, Filosofie, n00b |
Permalink
Posted by Johan Swarts
May 20, 2007

Vandag het ‘n somtotaal van drie (3) koshuisvriende my kamer betree, die bostaande boek op een van my deurmekaar lessenaars in oënskou geneem en telkens verbaas gelees:
“Skrotum???”
7 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans |
Permalink
Posted by Johan Swarts
May 19, 2007
Dié onlangse (digitale) gesprek met ‘n goeie vriendin laat my nogal hieraan dink:
Johan Swarts
high five
Ruzelda Jordaan
[slap]
Johan Swarts
y0u 4r3 t3h 0wn4g3!!!11!!!oneeleven1!!!
Ruzelda Jordaan
huh?!
Johan Swarts
ok
y0u = you
4r3 = are
t3h = the (met opset so gespel)
0wn4g3 = ownage
en die uitroeptekens
is die res
Ruzelda Jordaan
WTF
Johan Swarts
want mens tik dit op ‘n keyboard met ‘n 1 en ‘n shift
Ruzelda Jordaan
hoekom spel jy dit nie net reg nie!?
Johan Swarts
want dis 1337 so
Ruzelda Jordaan
aaw
dis stuwpid
Johan Swarts
n00b!
y0u 4r3 t3h n00bz0rz!
Ruzelda Jordaan
dis stoepitttttttt
Johan Swarts
all your base are belong to us
84% van julle dink there is no spoon. Is jy ‘n n00b?
18 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, n00b |
Permalink
Posted by Johan Swarts
May 16, 2007

So nou die dag sit ek toe mos met my eksistensiële angs. Alleen in ‘n hoekie. (En, mind you, hierdie hoekie is nie baie skoon nie. Dis vol gekreukelde klere en MacDonalds koffiebekers en boeke oor Nietzche en ‘n Bybel.) Ek is nie Breytenbach nie en kon tot dusver nie die niet vertrap nie. Maar ek trag.
Tog pla dit my eindeloos dat ek die vermetelheid het om knus tussen klere en koffie en boeke te dink oor ‘n gat wat my sekerhede (soos almal s’n, maar) skelm probeer insluk. Want ‘n paar kilometer van hier af is bloed so vryelik beskikbaar soos water en swart en gekoek en taai soos die lewe. En orals. Dogtertjies eet lood en kan nie leer om panne te skrop vir die patriargie nie, want kadawertjies kan nie kook nie.
Is dit pretensieus om Kaapse Vlaktes in jou gemoed hê sonder Kaapse stof onder jou voete?
12 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans |
Permalink
Posted by Johan Swarts
May 12, 2007
Brief aan beminde
dit was die dae ná ek moes lees
dat voorts my lewenssop A-negatief sou wees
(klinies op ‘n kaartjie wit soos die verse
wat jy nie opteken nie, bleek soos jou vlees)
dat ek jou krulle vir kakkerlakke
aansien, jou kop ‘n kantelende atrium
bouvallig, gevul met limf en katterakke
‘n tamatie ingespuit met papperige slakke
(buitelend had jy my harsings blind
van kommer oor jou, verlepte kind
in ‘n gat gelaat om te vrot in jou gal
in die snerpende hael, in die wind)
en vervloek is jy wat ‘n dogtertjie is
met die lem in jou lobbe wat deemoedig gis.
© Johan Swarts 2007
21 Comments |
Algemeen Geskaafde Afrikaans, Poësie |
Permalink
Posted by Johan Swarts