Bab(b)el

Vyftien woorde wat ek die afgelope paar dae in digbundels raakgelees het wat vir my nuut, herontdek of sommer net weer mooi was:

twyf
pees
verlaas
puur
krakeel
skeen
keie
glooiinge
snyfie
stug
kaats
papel
digklap
presieuse
vlok
skig

(Die meeste hiervan natuurlik uit die windvanger)

12 Responses to “Bab(b)el”

  1. Da Mario Says:

    Right…

  2. Salige Rus Says:

    “snyfie”
    for crying out loud

  3. idiwidi Says:

    Ek maak ook sulke lysies. Eben Venter se Ek stamel ek sterwe, het ‘n hele paar juwele opgelewer.

  4. johannes_11 Says:

    hier is ‘n paar oues wat vertaal is na iets wat nie so “hard op die oor” klink nie omdat hulle “in hul gehoor gestreel wil wees”…

    gruwels… vertaal na… afstootlike dinge
    hoer… vertaal na… sedelose vrou
    hoerery… vertaal na… onsedelikheid
    owerspel… vertaal na… onsedelikheid
    afgodery… vertaal na… afgodsdiens
    brassery… vertaal na… uitspattigheid
    hoervrou… vertaal na… prostituut
    hoerkinders… vertaal na… buite egtelike kinders
    hoerery… vertaal na… onkuisheid
    lastertaal… vertaal na… kwaadpratery
    skindertaal… vertaal as… spot

    (2Ti 4:3) want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,

  5. Tania Says:

    Gits, ek weet nie eers of ek een van hierdie woorde ken nie. Is vlok ‘n groott vlokkie? En is skeen soos haakskeen? Toe ons nog honde gehad het, het ek by ons veearts geleer wat ‘n peester is, maar ek weet nie wat ‘n pees is nie. O ja, wag, ek ken tog een: stug! Ek weet nie of ek wil weet wat presieuse beteken nie. Dit klink na Anglisaans…

  6. Johan Swarts Says:

    vlok = skilfer. skeen is inderdaad wat jy dink dit is. pees is, as ek dit nou reg het, ‘n spier of ‘n tendon of iets. (breytenbach se boenk se ore is bv “lank en pesig”)

    presieuse is inderdaad anglisaans.

    johannes_11 – gruwels is nie altyd afstootlike dinge nie, hoere nie altyd sedeloos nie, ‘n gebrassery nie altyd uitspattig en skinder nie altyd spot nie.

  7. johannes_11 Says:

    johan..S

    so as ek baie “pesig” is…. is ek eintlik vol lewe al lyk ek nie besig nie… en

    is dit nie net ‘n “b” in “besig” wat “doodmoeg” geword het en omgeval het nie…?

    Of as ek “besig” is… kan ek eintlik “doodmoeg” wees al lyk ek pesig … en

    is dit nie net ‘n “p” in “pesig” wat uit die dood opgestaan het nie..?

    of slaan ek die pal bal mis…?

    of slaan ek die bal pal mis…?

    sorry … ek sukkel piekie met die “b” en die “p”…

    ek sal seker regkom as ek meer pybel lees

    wees maar versigtig vir ‘n geprassery…. dit kan soms erg uitsbattig wees..

    lekka bag

    NS…..gelukkig is ek nie ‘n bredikant nie…

    want ek kan maar lekkar potter…

    dalk sou ek meer gebreek het as gepreek …?

    maar wag laat ek begin plog…

    dan word poer dalk pang… en vlug “poerinpallingskab” uit Pappel uit…

    is daar nog so iets soos “pee” taal….?

  8. Johan Swarts Says:

    ek het nie die vaagste benul nie

  9. aventer Says:

    Baie opvoedkundig…wag… ek kry gou my notaboekie :-D

  10. idiwidi Says:

    My gunsteling uit jou lysie is krakeel. Dit klink asof dit ‘n naamwoord moet wees.

    krakeel

    krakeel

    krakeel

  11. johannes_11 Says:

    krakeel het my laat dink aan die woord kerker… waarvan ons in die Bybel lees…

    “om gevangenis uit die kerker uit te lei”

    (Isa 42:6) Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies,

    (Isa 42:7) om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.

    kerker ….. moes seker “kerke” gelees het…? of dalk kerkera…?

    op ‘n “ligte noot”…..? (nie serious nie….)

  12. Amanda Says:

    Hi ek wil net weet wat pesig beteken my kind moet die betekenis van die woord he… Kan iemand dalk help.. Dankie

Leave a Reply