5 dinge wat jy (dalk) nie van my geweet het nie

Beuls blaas is nie juis my gunsteling tydverdryf nie. (Al het ek trompet op skool gespeel.) Uno het egter onlangs binêre aan-aan met my gespeel – ek kan nie anders as om saam te speel nie. Hiermee dan 5 dinge wat jy moontlik nie van my geweet het nie:

  1. Ek het kitaar begin speel om meisies te beïndruk. Met een uitsondering het dit nooit gewerk nie, maar dis een van die beste oordeelsfoute wat ek in my lewe gemaak het.
  2. Die vreemdste plek waar ek iemand al gesoen het, was in die Universiteit van Stellenbosch se bibgat voor die JS Gericke Biblioteek.
  3. My bababroer is voor my oë dood toe ek 8 jaar oud was.
  4. Iewers in matriek het ek die melktert in die personeelkamer se yskas (wat bedoel was vir die beoordelaars van die eertydse DALRO-toneelkompetisie) gegaps terwyl ek na-ure aan die skoolkoerant gewerk het.
  5. Alhoewel ek telkens saam met die koshuis kaalnael na middernag, is ek nié ‘n oggendmens nie.

En nou tag ek elkeen op my blogroll en wie ook al hierdie post lees. Wat weet ons nie van jou nie?

23 Responses to “5 dinge wat jy (dalk) nie van my geweet het nie”

  1. amanda Says:

    Toe ek klein was, het ek myself met spelde gesteek om aandag te kry (lang storie)
    Net na matriek het ek amper met die Griek by die restaurant, waar ek gewaitress het, ge -elope. Toe haal my pa letterlik sy haelgeweer uit. (ok ‘n lang storie!)
    Kort na ons troue, het my eerste man my op ‘n keer in koue water gestamp, nadat ek hom duidelik gewaarsku het om dit nie te doen nie. Toe flash ek my boobs voor al sy vriende.
    Ek het al die handbriek opgetrek, terwyl ‘n toutrok besig was om ons kar in te sleep, want ek was bang ons gaan in sy gat vasry. Toe ry hy met ons bumper weg.
    Ek kry soms angsaanvalle op stage.
    “you’re it!”

  2. aventer Says:

    Altwee my ouers is onderwysers
    Ouens sonder hempde maak my bang (moenie vra nie)
    Cartoons RULE :-D
    Soms sal dit lyk of ek actually ‘n “normale” mens is (wat dit ookal mag beteken)
    Ek hou nie van Valiant Swart nie (Die hele ding van Valiant Swart ry in ‘n Swart Valiant is hoegenaamd glad nie vir my so oulik nie???)

  3. Melanie du Toit Says:

    Ek het op trompet gespeel, op laerskool.. Ek het al die skoolvlag gesteel (as dit aanklank vind met ‘n melktert) omdat ek gatvol was dat almal altyd by Sport goed was maar nooit opdaag vir die Kultuur goed nie…Ek is baie kunstig!!
    Die res het ek van jou geweet..
    “wanneer tel jy nou op?”

  4. Salige Rus Says:

    Daar groei vyf dun haartjies op my boud.

  5. Kristina Etzebeth Says:

    Ek was op laerskool die soet dogtertjie gewees, wat to in st 3 kliphard poep tydens Bybel periode. Op hoërskool is ek gedare om topless oor die rugbyveld te hol tydens die eerste span se laaste game van die ‘97 seisoen, dit was ook die stupidste ding wat ek ooit gedoen het om ‘n ou te impress. Ek snork, maar nie so hard soos my ou nie. Ek kan nie kook om my lewe te red nie. Hot dogs is al wat jy hier kry. Ek sluk.

    Jammer om te hoor van jou boetie.

  6. idiwidi Says:

    1. Ek vang soms balle mis, maar slaan hulle altyd raak.

    2. Ek spel van nature sleg (o die skande, as prof GC dit nou moes hoor).

    3. Ek kan nie die huis verlaat sonder eyeliner nie, al verkondig ek hoog en laag dat ydelheid vir die voEls is.

    4. Ek dink daar woon ten minste drie ander persoonlikhede in my onderbewussyn.

    5. Al my beste idees tot dusver was in die badkamer gebore.

    En ek het soms die vermoeE om vlinders deur iemand se maagwand (met die blote oog, via die internet, of deur telepatiese visioene) te sien fladder – ek dink ek sien drie in jou maag deesdae?

  7. Cobus Says:

    1. ek is vas oortuig daarvan dat ek vir ewig spyt gaan wees dat ek asgevolg van my eie onvolwassenheid net een jaar op stellenbosch kon swot, genoeg om lief te raak vir die plek, te min. te min te min.

    2. agter my dromstel is die enigste plek waar ek ‘free’ voel van dit wat my terughou om myself te express. enigste plek waar ek genoeg vrede voel om my oë toe te maak terwyl ek glimlag.

    3. my eerste soen was een wat ek vir ewig gaan onthou en wat ek so graag vir ewig wil vergeet.

    4. hoop is my gunsteling woord.

    5. ek trek omtrent elke keer vir myself gesigte as ek in ‘n spieël kyk..

  8. Francelle Says:

    ek het ‘n seldsame velpigmentversteuring wat veroorsaak dat dele van my vel wit verkleur en so bly

    my een suster is dood op een jaar agv die feit dat sy net drie hartkamers gehad het (‘n mens benodig vier)

    ek glo hoegenaamd nie aan “superstitions” nie

    ek is ongelooflik insecure en verpes my liggaam

    ek was nog nooit dronk nie

  9. Pienk Zuit Says:

    1. Ek was in McKinley High, Baton Rouge, Louisiana vir ‘n jaar.
    2. Ek voorgee in gholf is huidiglik 13, maar ek wil dit voor die einde van die jaar onder 10 hê.
    3. Ek het naakfoto’s van Lammervanger.
    4. Ek het Terminator 2, die boek, gelees voor ek die fliek gesien het.
    5. Minki van der Westhuizen se pa was my standerd 4 onderwyser.

  10. HOOR HIER « idiwidi Says:

    [...] Na aanleiding van Johan Swarts se inskrywing, sal ek julle vyf dinge vertel wat julle nie oor die Lammervanger geweet het nie. Hoor net [...]

  11. Da Mario Says:

    1.) Ek was die houer gewees van ‘n provinsiale atletiek rekord.
    2.) Ek het die Infanterieskool se VASBYT voltooi.
    3.) Ek het aan MENSA se toelatings vereistes voldoen.
    4.) My oudste ‘kind’ is oorlede voor geboorte.
    5.) Ek het eendag ‘n krieketbal 95m ver deur die lug geslaan.

  12. Pienk Zuit Says:

    Ek het ‘n comment gelos oor die naweek, maar dit het verdwyn. Probeer ek maar weer:
    1. Ek was vir ‘n jaar in McKinley High in Baton Rouge, Louisiana. Dis in Louisiana waar ek my voorliefde vir warm kos gekry het.
    2. My gholf voorgee is 13; ek wil dit voor die einde van die jaar onder 10 kry. Dit gaan moeilik wees met die nuwe voorgeestelsel wat hierdie jaar in gebruik geneem word.
    3. My eerste motor was ‘n Nissan Sentra.
    4. Minkie van der Westhuizen se pa was my standerd 4 onderwyser.
    5. Ek was nog nooit in Australië nie.

  13. Pienk Zuit Says:

    Oeps, nou’s dit terug. mmmmm, lys 1 en 2 verskil effens sien ek…

  14. kostannie Says:

    1.) Ek het al een van daai reuse bruin sprinkane lewendig verorber (sonder om ‘gedare’ te word – het nog nooit in my lewe so vinnig gekou nie)
    2.) Ek is versot op grillerige goed soos akkedisse en paddas.
    3.) Ek weeg al van St. 7 af dieselfde (dis nou al 12 jaar later)
    4.) Ek het eenkeer met ‘n skateboard by ‘n glyplank afgery (maklik die vinnigste wat ek nog versnel het)
    5.) Ek het op ‘n stadium ‘n ‘tab’ in Helshoogte se club gehad (gedog jy sal dit waardeer, Johan), dink nie ek het dit ooit betaal nie.

  15. Johan Swarts Says:

    ‘n Bartab in helshoogte??!? JY IS SOOOOO COOOOOOL! :P

  16. kostannie Says:

    Dankie dankie. Ja, jong, die goeie ou dae…

  17. Nico Says:

    Mmm… nou hoop jy ek kan 5 dinge van myself wat meeste mense nie weet nie, opdiep???

    1. Ek het 5 jaar oud geword voordat ek ‘n bal kon vang.
    2. Ek sal vir altyd wonder wat presies Einstein se idee van ‘n “Unified Fields Theory” was.
    3. Op hoErskool is ek amper gearresteer vir onwettige wapenhandel – ‘n poets wat ons op ‘n doofus gebak het wat bietjie te ver gegaan het.
    4. Ek was twee kere smoorverlief oor girls wat ek in kletskamers ontmoet het maar nooit in lewende lywe gesien het nie.
    5. Ek rook soos ‘n skoorsteen.

  18. 'n Bietjie bog « riviersonderend Says:

    [...] Bietjie bog 25 April 2007 Posted by George Maru in Sommer net. trackback Na aanleiding van Johan se 5 dinge, hier is 5 dinge oor my in geen noemenswaardige volgorde [...]

  19. jacolene Says:

    Sjoe daar is te veel maar ek sal probeer:

    1. Ek is met die helm gebore 5 min voor middernag op die 31 Maart. Ek was amper ‘n April’s Fool Baba.
    2. Ek het in standerd 8 eers besef dat my oudste suster my halfsuster is alhoewel ek geweet het sy het ‘n ander pa my hele lewe lank.
    3. Ek het die Latyn Olympiade by Potchefstroom Gimnasium gewen in St7
    4. Het in St 9 in die hospitaal beland na ek ‘n kg se paracetemol gedrink het in ‘n selfmoord pogig. Ek het self hospitaal toe gegaan.
    5. Ek het begin rook in St3 en twee maande terug eers opgehou.

  20. CG Says:

    1. As ek enigiets in die wêreld kon doen, sal ek ‘n Astronaut wil wees.
    2. In matriek was ek 1 van die leiers van ons atletiekspan en tydens ‘n byeenkoms in die skoolsaal het ons ‘n oranje rookbom laat afgaan. Die effek was baie cool…al wou ons hoof ons by die polisie aangee!
    3. Ek het ‘n tribal frog tattoo op my regter enkel.
    4. Dis my droom om eendag Borneo toe gaan en die Orang otangs te “ontmoet”.
    5. Ek het sokker gespeel vir Maties se vroue sokkerspan vir 4 jaar.

  21. jakie Says:

    Ek het ‘n ouer broer
    Ek het klavier gespeel tot graad 3 – en toe van mening gewees die hoërskool gaan te veel werk wees vir musiek ook nog – groot fout
    Ek het ‘n vrees vir publieke toilet krippe (dalk agv std 6 doop en seuns toilets)
    Ek het eenkeer vir Burgers geposeer as model ( in die laerskool)
    Ek het op skool sub A pak gekry omdat my getalle patroon verkeerdom was en in std 6 omdat my houtwerk tekening by die huis vergete was

  22. eKlaviere Says:

    eKlaviere

    Hello ;) Thanks heaps for this indeed!… if anyone else has anything, it would be much appreciated. Great website Super Piano Links http://www.klavier.m256.net Enjoy!

  23. Papa Roach Jackson Pollock se moses « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Arcadia het my getag om 8 lukrake dinge oor myself te vertel. Ek het reeds ‘n soortgelyke inskrywing oor myself gemaak, maar kan nie ‘n medeblogger teleurstel nie. Veral nie as sy Hiermee dus 8 [...]

Leave a Reply