
Jy is nie 100% boer nie. ‘n Boer ploeg, beskik oor uitgebreide kennis van stropers en skape en hou weerpatrone dop. By tye saai hulle. Soms bid hulle vir reën en sukkel hulle met plaasmoorde.
Die enigste saad wat jy ooit saai, kleef aan jou Billabong-broek vas.
Sit neer jou bier, vergeet van die monumente wat jy nog nooit besigtig het nie, trek uit jou Crocs en gaan kry ‘n ander identiteit. Want die Vader (wat jy gereeld uit jou gatsak ruk om vloekwoorde om etenstafels mee te heilig) weet, ons het nie nog ‘n verstopte toilet nodig nie.











April 15, 2007 at 1:16 am
Ek verstaan wat jy bedoel!! Ordentlik raak gevat. Is ouens wat dan John Deere hoede en Vellies dra, die regte boere?
April 15, 2007 at 1:31 am
Ag Johan ek wens ek kon jou nou ‘n drukkie gee. Want ek sou dit nooit so goed soos jy kon verwoord nie.
April 15, 2007 at 2:46 am
Bravo, encore, billissimo!
April 15, 2007 at 3:53 am
hoor hoor
April 15, 2007 at 8:07 am
Hoekom so skaam vir jou geskiedenis? Ek aanvaar die nuwe vlag 100% as die vlag van SA, maar as ek die oue sien, klop my hart elke keer warmer in my bors. Ons ouer mense sal sekerlik tot ons dood trots bly op daai vlag! Maar dit beteken nie dat ons krampagtig vasklou aan die verlede nie. In teendeel…
April 15, 2007 at 9:14 am
Hehe.
Se^ vir my, is die frase “De-la-Rey-generasie” al ge-coin? Is dit die opvolg op die “Zoid-generasie”?
April 15, 2007 at 9:19 am
Amen. (Op Johan se post.)
Machiel, daar is baie mense in ons land wat iets heeltemal anders sien as hulle die ou vlag sien. Vir hulle is dit ‘n simbool wat seermaak.
Ek dink baie mense dra dit om hulle ongelukkigheid en ontnugtering met die nuwe Suid-Afrika uit te druk. Ek sê nie alles is perfek in die nuwe SA nie, maar ek dink daar is beter maniere om jou ongelukkigheid uit te druk as om na simbole wat verdeel, te gryp. Die ou vlag word gebruik om mense uit te sluit, nie in te sluit nie.
April 15, 2007 at 1:40 pm
hoor hoor George
April 15, 2007 at 7:25 pm
Ek sien nie juis hoe dinge enigstens verbeter het deur die vlag te verander nie. En ek sien nog minder hoe dit enige goed doen om die waai van die ou vlag onwettig te maak. Geen ander land in die we^reld het nog ooit in enige iets geslaag deur dit te doen nie. Maar duidelik maak dit sin vir die “grootmanne” in Pretoria om alles se name te verander. Jy maak meer mense de bliksem in deur die name van plekke te verander wat vir almal wat daar bly die naam van die plek is. Almal gan nooit gelukkig wees nie, maar hoe is dit reg of geregverdig om alles van een generasie of gemeenskap weg te vat om ‘n ander gelukkig te stel ?
April 15, 2007 at 8:17 pm
Johan, in Suid-Afrika is “boer” nie net die naam van ‘n beroep wat met stropers ens. gemoeid is nie, dit is ook die naam van ‘n sekere etniese groep – waarskynlik iets soos wit Afrikaanssprekendes uit die Vrystaat en voormalige Transvaal, maar mense stry oor presies wie dit almal insluit. Al gehoor van die Anglo-”Boere”-oorlog? Hoe dit okal sy, as iemand kies om hulle te identifiseer met die etnisiteit “Boer” dan kan jy nie se^ hulle lieg net omdat hulle nie Landbouweekblad lees nie. Persoonlik, moet ek byvoeg, het ek nog nooit enige begeerte gehad om as ‘n Boer, ‘n Afrikaner of ‘n Afrikaan bekend te staan nie.
April 16, 2007 at 3:37 am
Ek dink wat Johan probeer sE is dat die etniese verwysing na Boer uitgewerk geraak het. Dat mense wat steeds aan die benaming vasklou nie tred hou met die veranderde stand van sake nie en eintlik net terugploeg na ‘n verstrekte verlede, ten koste van vooruitgang.
April 16, 2007 at 4:07 am
Baie Euro-Afrikane wat terugverlang na die ou orde en byvoorbeeld die ou landsvlag vertoon, dink ek nie verlang soseer terug na die ou orde nie, maar na orde per se. As die huidige regering ‘n punt daarvan maak om die land ordentelik te bestuur, sal hierdie hunkering ook verdwyn.
April 16, 2007 at 8:19 am
Sjoe, Johan, jy klink vir my omtrent ontstoke. Baie goed verwoord. Ek het op een of ander tyd vreeslik opstandig begin raak teenoor die ou vlag. Daar bou sommer so ‘n woede in my op as ek dit sien. Dit stel natuurlik baie verskillende dinge vir baie verskillende mense voor en ek probeer dit respekteer, maar ek vind dat ek my skaar by die mense wat dit as ‘n teken van onderdrukking sien.
Bygesê ek het laasnaweek die FAK uitgepluk en vreeslik lekker die Vlaglied voor die klavier gesing. Dit bly maar vir my ‘n lekker volksliedjie om te sing en laat my altyd aan die Laerskool Drakenstein se skoolsaal terugdink.
April 16, 2007 at 9:35 am
Werklik goed verwoord.
Ek hou van die ou Landsvlag en ek is bly ek was in die Weermag. Ek hou ook van die nuwe idiaal van gelykheid vir almal, selfs al is dit in die praktyk nie so gelyk nie.
Ek is trots daarop om manlik en wit te wees. Selfs al tel dit teen my en sien die oorgroote meerderheid mense in hierdie land my as Satan personified.
Dit laat my nie slegter voel oor wie ek is of wat ek gedoen het nie. En ek het ‘n plek in hierdie land, en kan iets bydrae, sou die regering wou gehad het dat ek moet en dit in die openbaar wou erken.
Die biersuipende, vlag-swaaiende, croc-draende “Afrikaner-Boer” sal jy altyd kry. Die Toi toi-ende, misdadige, afrikaner-hatende, Taxi bestuurder tipe met die mentaliteit van ‘n kind “Swartmens” sal jy ook altyd kry.
Die goue middeweg is effens meer grys as wat ek hom graag sou wou gehad het….
April 16, 2007 at 9:52 am
Het julle gehoor die Angloboereoorlog se naam gaan verander? Juis omdat die woord ‘boer’ nie almal wat betrokke was insluit nie. Dit word blykbaar nou die Suid-Afrikaanse Oorlog…
April 16, 2007 at 12:30 pm
… OK. Onthou ook dat daar mense is soos ek wat ‘n Boer is en meer as 20 jaar laas iets gedoen in die verband van boer! (My voorstedelike kruietuin tel nie as boer nie.)
Ek beskou myself as 100% boer, maar aarde mense, om hoegenaamd nog die Ou SA vlag te besit/te mis/jouself daarmee te assosieer is pateties. Ek sal byvoorbeeld ‘n T-Hemp dra wat se “100% Boer” met die Nuwe SA vlag op – en seker gestenig raak daaroor.
Boere/Afrikaners moet asseblief tog wakker word en net besef dat dit wat verby is, verby is. En saam met Bob Dylan sing, “The times, they are a-changin..’” So, ek kan my stem by Johan voeg en se dat ‘n ou wat nog so hemp dra beslis ‘n verstopte toilet het in sy kop erens, want daar hoop nou al vir amper 14 jaar k@k in daardie ou op, en hulle stink.
PS. Hier is ‘n wenk vir mense in die Noorde van Pretoria wat verveeld is op ‘n Vrydag aand: Loop bietjie deur die Kolonnade en kyk hoeveel van daardie T-Hempde jy tel.
April 16, 2007 at 1:40 pm
Thanks Johan
Dis hoog tyd dat iemand dit sê. Ek is gatvol vir mense wat die anus uit die kapok ruk, en van hierdie t-shirts (en ander soortgelyke expressions) ‘n ophef maak wat beyond my logiese redenasie is.
Ek en jy leef in ‘n tyd wat die army ons nie verplig om vir ‘n jaar lank by hulle te kom “karakterbou” nie. Verstaan my nie verkeerd nie: ek dink dit sou ‘n goeie ding gewees het as dit nog daar was.
Dit urineer my net af dat daar ouens (in verskeie fases van besopenheid) is wat byvoorbeeld De La Rey uit volle bors lamenteer terwyl hulle kennis van oorlog en gewere beperk is tot extended vertoë op Age of Empires.
As jy vir ewig in die verlede gaan vashaak, gaan jy die beauty van vandag en die opportunity van môre vir jouself, en die gefrustreerdes rondom jou, deur jou eie toedoen prysgee.
Slotsom? De La Rey is ‘n great song oor van ons voorvaders se verlede, en die ou Suid-Afrikaanse vlag het sy doel gedien en is nou uitgedien. Beskou dit so.
Casper is my held.
April 16, 2007 at 4:17 pm
Da Mario, ons kom seker maar uit dieselfde generasie, maar ek stem heeltemal saam met jou! Verder glo ek dat daar baie belangriker kwessies in SA is wat aandag verdien as die ou landsvlag en De la Rey.
April 16, 2007 at 5:04 pm
Viva!! Stem 110% saam. Dit wat gebeur het, het gebeur. Kyk vorentoe… netnou loop jy in ‘n lampaal vas.
Annemarie
April 16, 2007 at 9:00 pm
He he he, ek wonder hoeveel van julle was in St 2, nee wag, ek wonder hoeveel van julle was al op skool toe die ou vlag vir die laaste keer gestryk is…? Tog wel grappig hoe die oorgrote meerderheid van die land lekker slaap, of hulleself met sinvolle dinge besighou, terwyl melkbaard afrikaanse boertjies oor die ou vlag sit en galbraak… Maar ek geniet dit om julle standpunte te lees.
Ons is tolerant oor mense wat beeste slag in hulle agterplase, dis immers hulle tradisie, solank hulle net nie die ou vlag vertoon nie, sal ons enigiets tollereer…
April 16, 2007 at 9:33 pm
Uit die mond van die suigeling?
Die vlag as sulks pla my nie – dis eerder die melkbaardboertjies wat in hulle lewe nog nooit ‘n loopgraaf of ‘n sanna gesien het nie wat arrogant met daardie t-hemp rondloop en maak asof hulle iets is wat hulle nie is nie. Iets wat niemand ooit weer kan wees nie.
April 16, 2007 at 10:32 pm
“Waar jy nie konkrete bewyse vir iets het nie, gebruik jy gewoonlik pathosbelaaide ad hominems. Dis nie wetenskaplik nie. Ek kan nie help om te wonder of jy een of ander traumatiese ervaring gehad het tydens jou jeug nie. (Ek het. Dit was onaangenaam, repressie het sy gang gegaan en vandag rig dit meer van my aksies as wat ek besef.) Verskeie van my vriende is boere bashers, (ek, terloops, is nie) maar hulle dwing nie hulle oortuigings op my af nie – nes ek nie myne soos klippe na hulle probeer gooi nie.”
O wag, ek wou iets gese^ het . . .
April 16, 2007 at 10:55 pm
Eish, Johan. Lyk my jy het nou ‘n bietjie van ‘n debat hier aan die gang gesit. Ek stem steeds saam met jou, en ‘n paar van die mense hierbo. Ek sal my baie eerder vereenselfwig met die wat onderdruk was pre-1994. Ek was nogals ontsteld, though, hieroor :
“na die ou orde nie, maar na orde per se. As die huidige regering ‘n punt daarvan maak om die land ordentelik te bestuur, sal hierdie hunkering ook verdwyn.”
Ek dink daar is hoop vir SA. Daar is nog baie wat moet gebeur, maar ek sien baie meer hoop in ‘n (swart) stofdorpie in Botswana as in sommige (wit) strate van Johannesburg. En hoekom sal enigiemand durf verwys na “orde van die verlede”? Watse orde? Vir die die wit fatcats dalk, maar daar was definitief vrek baie wanorde en wanbestuur. Ek dink gladnie alles is helemal pluis op die oomblik nie, maar ek kies hoe dinge nou is enige dag bo 1990.
April 16, 2007 at 10:57 pm
Debat is goed.
Salige rus – jy het my. (Alhoewel die toon van jou laaste sin die boodskap so half dekonstrueer.)
April 17, 2007 at 8:34 am
Hiehiehie! As ek dit nie mis het nie, Johan, is hierdie die meeste comments wat jy al op ‘n blog inskrywing ontvang het
24 comments – en dit in 2 dae.
Volgende keer as jy op ‘n toer gaan en wil kyk of jy 100 comments op een post kan kry, post net iets polities of etnies!
April 17, 2007 at 11:18 am
oooooooooooo dieeeeeeee goeiiiiiie tyding
oooooooooooo dieeeeeeee blyyyyyyyyye tyding
April 17, 2007 at 11:25 am
Uitstekende idee Nico! Ek dink ek moet volgende jaar by die KKNK t-shirts verkoop met die nuwe vlag en 100% Boer, en 100% Afrikaan, en so aan.
April 17, 2007 at 5:56 pm
Wat van net 100% Boerewors, en dan ‘n pyltjie wat af wys onder dit ?
April 17, 2007 at 6:28 pm
Bernard, jammer ek het jou ontstel. Ek is nou self baie ontsteld omdat ek sien ek het “ordentlik” in my post verkeerd gespel. Eisj!!
April 17, 2007 at 8:15 pm
In kort gesê is hierdie mense wat die hempde dra dalk wannabee’s? Ek weet nie. Klink net so. Stadsjapies (jammer vir die veralgemening) is in elk geval meer in die rep en roer oor de la Rey en die ou landsvlag as wat volwaardige boere is. Of is ek verkeerd?
April 17, 2007 at 8:15 pm
Wat is fout daarmee om na vryheid te strewe? Ek gun swartes hul vryheid, hoekom kan hulle my nie myne gun nie?
April 17, 2007 at 8:36 pm
aventer – jy’t verseker nie ‘n kat aan ‘n stert beet nie. ek stem saam.
hallo rooibaard
April 18, 2007 at 12:42 am
hallo Johan
April 18, 2007 at 9:25 am
Johan, jy vat die saak reg vas man, geluk! Ek was in die ou weermag, ek was patrioties ek het gehou van die ou vlag behalwe…. daai Union Jack in die middel.
Ek aanvaar eerder die nuwe vlag en identifiseer daarmee as om met die Union Jack te moet saamleef.
April 19, 2007 at 10:56 am
Johan, ek het vir jou ‘n foto op my blog geplaas. Dink dit sluit nogals mooi aan by hierdie debat.
April 19, 2007 at 10:58 am
Woops, kliek op die naam.
April 20, 2007 at 1:12 am
bahaha
nogal toepaslik
May 8, 2007 at 5:43 am
George Maru.
Ek haal aan : ” Die ou vlag word gebruik om mense uit te sluit, nie in te sluit nie ”
Glo jy werklik die nuwe vlag is enigsins anders ?
June 4, 2007 at 9:00 pm
Hi Jim. Photos i received. Thanks
September 14, 2007 at 1:57 pm
EK DINK JULLE PRAAT OOR GOED WAT JULLE NIKS VAN WEET NIE. Gaan leer eers julle geskiedenis en vind uit waar julle vandaan kom. Die ou vlag is iets om op trots te wees.In die ou tyd die land veilig en iets om trots op te wees. Die ou vlag is trots en liefde vir jou land volk en Vader. Die boere het vir hulle land en volk en Vader baklei, vir ‘n land vir hulle nageslagte “ONS” om vir ons ‘n toekoms te bou. Ek kry skaam om te hoor soveel van julle weet nie eers waar julle van daan kom nie, en wat die vlag rerig beteken nie. Ek sal NOOIT die nuwe vlag anvaar nie. Dit is net nie wie ons Afrikaaners is nie. Ons was ‘n volk om op trots te wees. Vind eers uit wie jy is dan praat ons weer.
September 14, 2007 at 9:37 pm
ek is ‘n hardkoppige, witvellige afrikaner-afrikaan wat hou van rockmusiek, sokratiese dialoog en lemoensap.
wie’s jy?
September 28, 2007 at 1:16 pm
Julle wat so pro nuwe vlag is gaan nog baie seerkry! Kyk om julle rond en as julle eendag wakker skrik sal dit te laat wees. Ons ou vlag sal vir ewig by ons bly. maak nie saak wat jy doen of se nie. Daar is nie n toekoms vir wit Boere in hierdie land nie, tensy ons weer van voor af alles doen wat ons 350 jaar gelede gedoen het. Vir wat voel julle skuldig vir iets wat julle nie gedoen het nie. Daar word vir julle gese hoe julle moet voel deur propaganda en mense soos julle wat vir n “rainbow nation” streef. “Siestog, ons arme wit mense wat net amok gesaai het vandat ons hier geland het”. Kry n ruggraat! Dit is n land wat deur ons voorvaders vir ons omskep is om te werk en te leef, nie om skuldig te voel oor enigeiets nie. Ek is n boer en sal so lank ek leef een bly.
September 28, 2007 at 2:49 pm
self hou ek van die nuwe vlag. dis baie web 2.0 – eenvoudige lyne en kleure, skoon ontwerp en vorm. maar dis tersyde die punt.
Jahon van Riebeek: Ek is bly jy is lief vir jou identiteit. Die persone teen wie ek dit in hierdie post gehad het destyds, was juis nié boere nie. Hulle identiteit is aan hulle verkoop soos ‘n slet. Dit was dronk, stink laaities wat kommin rondgeslinger en vloek het vir meer as ‘n week in Oudtshoorn. Laaities (en ou ooms en tannies) wat na Patricia Lewis luister, dink sokkiemusiek is die apogee van alle kunsvorme en uiters (ek herhaal: uiters) rassistiese opmerkings maak teenoor almal wat nie soos hulle lyk nie.
Ek oordeel nie – ek distansiëer. Vir sulke mense het ek nie tyd nie. En ek is seker jy ook nie.
Die reënboognasie is ‘n sotlike metafoor, want dit hamer steeds op kleur. Ek verkies die Gariep as metafoor (dis wat Dr Neville Alexander destyds voorgestel het, maar dis nooit gebruik nie) – verskeie stroompies wat in een magtige rivier vloei en meng vir ‘n kollektiewe doel. Om te laat leef.
September 30, 2007 at 8:59 pm
Ek wil net graag ‘n stelling maak teen die arrogante knaap wat hierdie ding begin het… onthou die een wat se ‘jy is nie 100% boer nie’. nou kom ek verduidelik gou ietsie vir jou en hooplik se ek dit so dat jy en al die idioote wat saam jou gestem het dit verstaan. Ok eerste van alles as jy nou wakker skrik dan sal jy agter kom dat boer nie net een betekenis het nie (ja glo dit of nie, soms gebeur dit). Die woord boer op daai t-hemde beteken om deel te wees van die afrikaner volk. Dit is nou as gevolg van jou soort mens dat nimand kan saamstaan nie want jy wil die enigste boer seun wees…Shame. Tweedens hou op dink dat monumente net daar gesit is vir JOU. daai ‘goed’ is daar gesit om ons volk te herinner hoe om saam te staan(ja dit beteken iemand anders plek in die son gin). derdens moenie eers dink daaraan om die Here se naam in jou verspotte opstel te gebruik nie. dit is totaal onvanpas en jy probeer mense wys hoe ‘heilig’ is. Jys skeinheilig (groot woord ek weet, maar soek dit in die woordeboek op). en laaste van alles wil ek net vra dat jy nou nie jou naam gat maak en ‘n reply post wat my na ‘n stadsjapie laat lyk nie. ek is heel toevallig ‘n boerseun wat regte sade plant maar ek is ook ‘n boer wat deel is van die boere nasie. So ruk jouself reg of immigreer asseblief want ons het nie mens nodig in ons land wat nog meer skeiding veroorsaak nie
Koos Viljoen
September 30, 2007 at 10:02 pm
koos. jy sit die pot mis. jy sit die badkamer mis. jou comment is vol pogings tot pittige sarkasme en ‘n tipe arrogantheid wat my van voor af moerig maak vir wit afrikaanssprekendes.
dit sou wel help om die oorspronklike post in konteks te lees, met ‘n tikkie perspektief (nee. dis nie ‘n groot woord nie. dis ‘n vrek klein woord. los die woordeboek. as jy dit nie verstaan nie hou tog seblief op lees.)
en as jy ‘n iemand aanraai om ‘n woordeboek te gebruik vir ‘n woord soos “skynheilig” (om ‘n punt te bewys?) ly jy aan ‘n uiters gebrekkige opvoedig of net ‘n uiters lae vlak van intellek. vat tog seblief jou arrogansie en bere dit saam met jou sokkie in jou kous.
hierdie argument (nee, verskil) is heeltemal te breed en ingewikkeld om in een comment post te kan vernietig of verdedig.
ek is afrikaans en VREK trots daarop.
eks nie ‘n boer nie.
ek glo in God en asgevolg van my persoonlike verhouding met Hom en die respek vir Sy boodskap is rassisme vir my ‘n sonde en totaal onregverdigbaar.
ek is bitter trots op die ou vlag in terme van die kameraadskap wat dit ook tussen mense voorgestel het.
ek is bitter skaam vir die ou vlag in terme van die mense wat dit as “minder as mense” veroordeel het op grond van hoe hulle lyk.
jy kom klaarblyklik uit ‘n ander generasie uit en ek het vrek baie begrip daarvoor, maar besef tog net dat ons gatvol is om veroordeel te word op grond van wat ons “voorvaders” gedoen het, en nog meer gatvol om aan te hou veroordeel word op grond van wat ons mede ras en taalsprekendes ANNHOU doen.
September 30, 2007 at 10:03 pm
so terloops, enige blog post wat soveel korrespondensie tot gevolg kan hê is volgens my dan uiters goed geskryf
goeie werk johan.
/me headbangs
October 1, 2007 at 2:24 am
Konteks is beslis ‘n sleutelwoord, Cobus.
Ek moet sê ek vind dit nogal komies (albeit onsettend interessant) om te sien hoe die semiotiek van hierdie post ontwikkel het. Ek het nooit enigiets oor die ou vlag gesê nie (gaan lees gerus weer die oorspronklike post), maar omdat daar ‘n beeld daarvan net bo die teks was, het amper almal daaroor begin redenaar en meer onlangse kommentators my (en ander wat my standpunt deel) uitgekryt vir disrespek en volksverraad.
Fassinerend.
October 1, 2007 at 9:42 am
ai cobus soveel aggressie en tog geen punt in jou opstel nie. ek gee regtig waar nie om as mense met my verskil nie. almal het die reg tot waarin hulle glo. al punt wat ek wil bewys (en lyk my jy lees steeds nie mooi nie) is dat die woord ‘boer’ nie net beteken ‘man wat saad plant op ‘n plaas’ nie. dit is ‘n naam wat beteken ‘wit afrikaner’. ek verstaan dat jy seker moeg is dat mense se jy is ‘n boer in die konteks dat hulle jou probeer sleg se. maar wie op aarde kan jou so ontstel, met die woord boer, dat jy die woord eersder sal verander as om te veg daarvoor. dis om die minste te se slapgat. tweedens gaan jy voort en probeer mense wat ‘n sieningsverskil het stuit deur om te se dat diè post al te groot is en nie met my teenstelling vernietig kan word nie. het jy al ooit gedink dat daar mense is wat dink dat julle so baie kak praat dat hulle nie eers hulle tyd gaan mors om te stry nie (noem maar net vir interresantheids onthalwe). derdens het jy nou nog ‘n punt in gebring om jou soos ‘n barmhartige samaritaan te laat lyk… rassisme. nog niemand in heirdie julle blok het enige iets rassisties gese nie. baie mense het wel die woord ‘wit mense’ gebruik. maar watse kleur mens is jy dan, as daar nie iets soos wit mense is nie? Eks nie rassisties nie maar meeste swart mense moet ophou alles op appartheid en rassisme blameer as hulle nou nog benadeel word. dis verby! as jy nie jou ry kan kry na 13 jaar nie, dan is daar geen hoop nie. O ja en net so vir die rekord, eks nie van ‘n ander generasie nie eks 25.
October 1, 2007 at 9:50 am
nog ‘n ding mense wat na patricia lewis luister is beswaarlik rassisties. sommige(let wel sommige) jong mense is wel rassisties maar glo dit of nie, dit het absoluut niks te doen met vandag se sokkie musiek, geen dissipliene of enige ander ding waaraan jy mag dink nie. amerikaaners, australianers en self swart mense omder mekaar is tot vandag toe nog rassisties. dis net een van daai dinge wat nie gestuit kan word nie. daai mense sal net moeilik deur die lewe gaan.
October 1, 2007 at 11:07 am
Hmm…ek is nie heeltemal seker of ek met hierdie sin van jou saamstem nie:
“Eks nie rassisties nie maar meeste swart mense moet ophou alles op appartheid en rassisme blameer as hulle nou nog benadeel word. dis verby!”
As jy in townships gaan rondloop of die omstandighede van plaaswerkers op klein, plattelandse dorpies (dink Askham, Vanzylsrust) gaan uitcheck, sal jy sien dat dit dalk nie so maklik is om daai stelling te maak nie. As reglement en wetgewing is dit verby, ja. As ‘n manier van dink is dit genadiglik al ook verby in die koppe van baie, baie Suid-Afrikaners. Maar die erflating daarvan – die steeds haglike lewensomstandighede van heeltemal te veel mense – is nog lank nie weg nie. Om te sê Apartheid is verby en jou hande in onskuld te was, is baie maklik as jy finansieël goed daaruit sien. (Lees: as jy elke dag kos kan eet.) Dis nie so maklik as jy in ‘n sinkhut sonder elektrisiteit woon of subpar lone van ‘n steeds rassistiese boer kry nie. (Ek besef dat ek nie kan veralgemeen deur alle townships arm en alle plaasboere onregverdig te noem nie.)
Ek weet dat ‘n woord nie ‘n vaste betekenis het nie, Koos. Op skool het hulle my van homofone geleer en op universiteit het linguistiek en taalfilosofie my nog vinniger gewys dat dinge normaalweg veel meer relatief is as wat dit op papier lyk. Met jou standpunt dat “boer” verskillende dinge kan beteken, stry ek in die minste nie. Jy is heeltemal reg. Maar probeer tog om my post in konteks te lees.
Ek gebruik die begrip “boer” op ‘n goeie manier. Die laaities wat die t-shirts dra, kryt ek uit juis omdat hulle daai einste begrip lelik maak. Dis nie “boer” waarteen ek dit het nie, maar die onregverdige toe eiening daarvan deur mense wat nie boere is om mee te begin nie. Hulle laat die goeie “boere” onregverdig sleg lyk.
Toe ek daai post geskryf het, was nasionale monumente verder groot in die nuus. Steve Hofmeyr het rondgehuppel in Vryheidspark oor die onregverdige verwydering va die vegters in die bosoorlog se name en ‘n munisipaliteit (kan nie nou onthou watter een nie) het nog ‘n Afrikanermonument met name (ook iets met oorlog te doen) is oornag verwoes deur die ANC. Monumente was groot nuus. Onthou jy?
Ek probeer nie onvanpas wees deur die Here se naam te gebruik nie. Ek probeer juis uitwys hoe onvanpas die drelle met die t-shirts was. Was jy by vanjaar se KKNK, Koos?
October 1, 2007 at 1:33 pm
ja ek moet seker jammer sê Koos, alhoewel daar veel minder aggressie in my post was as wat jy raakgelees het, vra ek dan omverskoning as jy dink dit was een honderd persent aan jou gerig (my fout.. mens moet lees, dan 10 minute vat om te chill.. en dan tik) maar die res van die posts het my effe opgewerk en die gevolg daarvan was toe ‘n post reg onder joune.
ek gaan rerig nou nie elke punt by die hand vat en probeer verdedig nie, ek het nie krag daarvoor nie en my ego is vir my veel minder werd as die energie wat ek gaan verbrand in die proses om elke punt weer te probeer stel (ek is mos slapgat, of hoe?). en ek maak 5 uiters prominente punte. (noem maar net vir interresantheids onthalwe)
afgesien van die feit dat ek saamstem met baie van die goed wat jy sê, moet ek sê dat dit die ondertoon van jou post is wat my so gegrief het, daai tipiese sarkasme en arrogantheid. marnouja. each to his own seker maar.
johan – klaarblyklik druk die ou landsvlag nog baie knoppies.
13 jaar is klaarblyklik dan nie so baie soos almal dink nie..
October 1, 2007 at 2:13 pm
johan en cobus ja dis waar soos julle se, dit is wel ‘n saak wat baie na an die hart le en wel ‘n saak wat ons almal kwaad maak op een of ander manier. ek vra opreg onverskoning teenoor johan dat ek sarkasties was. ongelukkig is dit die tipe persoon wat ek is en sodra iemand oor my kultuur begin debateer raak mens maar kwaad of hoe? Cobus jammer vir enige iets wat ek gese het om jou te verkleineer of sleg te se (ek het absoluut geen reg nie en gedra myself in daai opsig soos iets wat ek nie graag wil wees nie).
Nou dat dit uit die pad is wil ek net se dat alhuwel ek jou punt verstaan johan van dat jy wit afrikaans sprekende laaities kry wat hulle self boere noem en geen idee het wat dit beteken om een te wees nie. maar ook met die selfde asem hou ek by my standpunt dat ons moet trots wees op ons geskiedenis en as dit beteken om as ‘n boer bekend te staan dan is dit tot daartoe. ek is ‘n wit afrikaans sprekende boer en net so is elke afrikaanse wit persoon in die land (let wel daai wie iets vir die land voel) ‘n boer. volgens my is dit ‘n eer en nie ‘n toevallige job nie. jy sal my nie glo hoe baie ’saad saaiende’ laaities weet niks van die afrikaanse geskiedenis nie, weet nie van ons kultuur nie, is ongemanierd (m.a.w die laaities van wie jy praat is nie net in die stad nie maar baie bly op plase). en eks jammer maar ek sal eerder trots wees om ‘n stadsjapie (wat ons kultuur ernstig opvat en baklei vir dit waarin hy/sy glo) ‘n boer te noem as daai eindste slapgat seun wat pertoeval op ‘n plaas groot geword het.
voor ek gaan wil ek net se ek is nie ‘n rassis nie. daai sin wat jy aangehaal het kan jy lees soos jy wil. probeer dit in ‘n ander lig sien. en doen jouself ‘n guns en gaan na Newlands, triomf(safayatown),delrey,ou krugerdorp,dele van brakpan, meeste dorpies in die noord kaap en sien hoe baie wit mense sukkel ook. Ja daar is wel minder in getalle van hulle maar persentasie gewys is die verkil nie so groot nie. ek is ‘n geograaf en het studies gedoen oor armoede in daai dele van die land. en wat ek gesien het is scary! ek try net in daai perspektief se dat regoor die wereld sukkel mense en weet jy ek dink dat daar gaan altyd ‘lokasies’ wees en daar gaan altyd multi miljoenere wees. thats life ek glo net dat na 13 jaar kan iets soos Affirmative Action maar weggaan. ek was in 1994 maar 12 jaar oud. ek het beswaarlik enige iets te doen gehad met apartheid so hoekom word ek werke geweier in ‘n land waar ek ook ‘n familie moet onderhou? is dit regverdig?
so ja ek se wees trots op wie jy is! jy hoef nie bang te wees om te se jy is ‘n boer nie. kom ons almal staan eerder saam en maak ons kinders groot in ons kultuur en so sal ons daai laaities uitfaseer waarvan jy praat. maar om te se ‘n boer is iemand wie plante plant is ‘n belediging in my oe tot ‘n volk wat sy gat afgesloof het om jou en my en al die ander afrikaners te kry waar ons is. Ons is boere. Nie in beroep noodwendig nie maar in gees
October 1, 2007 at 3:13 pm
awesome post. ekt myself telke male in die lees daarvan betrap knik..
ek weet nie of ek ‘n boer is nie, het myself nooit so gesien nie.. maar ek verstaan jou punt honderd persent. ek is afrikaans, ek is MAL oor die taal en ek is vrek trots om myself afrikaans te noem (ekt al in verskeie bands gespeel en ek kan jou waarborg daar is min tale in die wereld wat so perfek is vir rock sing soos afrikaans.. rou rou emosie.) hel, dalk is ek ‘n boer..
ek soek nogsteeds ‘n hemp waarop “100% boer” staan met die nuwe landsvlag.. ek dink dis damn gepas vir die nuwe generasie “boere”.
ek sweer, dis net afrikaners wat hardegat en ordentlik genoeg is om mekaar in ‘n kwessie van 4 paragrawe te kan aanvat en in dieselfde asem te kan omverskoning vra..
October 4, 2007 at 7:39 am
Kom ons almal vat nou hantjies, huppel deur die bos en sing die veld is vrolik.
October 6, 2007 at 11:15 pm
hahaha. Jahon ek is jammer om te se, maar daardie vorige post was rerig so nuttelose mors van energie en tyd gewees dat ek jou gaan aanraai om weer te probeer. ek dink dat ek en cobus is nou op ‘n beter voet as voorheen en al wat jou reply bevat is ‘n sin wat my laat dink aan ‘n swak graad2 gediggie. asseblief man, ons is almal volwassenes, se jou se, wie weet dalk sal ons nog daaroor redineer.
October 26, 2007 at 12:24 pm
Totaal van die os op die jas maar Johan, ken jy Askham…of sal ek sê hoe ken jy Askham? Min mense weet van die plek…ons het laaaannnnk terug daar gebly. Eks beïndruk.
Ek hoor wat jy sê van die hele laaitie met die vlag-hemp ding. Ek het so spesmaas dis dieselfde ou wat “bleddie Ka**ers” agter sy pa aan sê terwyl hy sy brannewyn-en-coke agter sy pa aan drink en die Stem by Loftus agter sy pa aan sing. Wat ek se is ‘n mens praat oor ‘n persepsie…en iets van ‘n identiteitsverwarring. Anyway…
October 26, 2007 at 7:55 pm
Die ou vlag, is ‘n baie mooi vlag en het mening vir ‘n groot deel van ons boere in die land nog. Onthou meeste van ons en ons famielie lede het geveg en gesterf onder daai vlag. En in plaas van om die jong afrikaaners wat hul kultuur probeer vind weer sleg te se, moet julle dalk hulle help leer wat dit beteken om Boer en Afrikaner te wees.
In die laaste helfte van my laaste jaar op skool was die nuwe vlag gehuis. Dit was vir my ‘n sad dag gewees, haat my daarvoor maar dit was. Ek weet die ou regering was ver van perfek af, maar wil jy eerlik daar sit en vir my se jou nuwe regering is beter ? Wil jy jou self so belieg dat jy rerig glo hulle gee om vir jou en jou beste? Nee kinders hulle maak seker dat jy nie meer kan bestaan in die land nie en of uit gemoor word deur crime of vlug na die buiteland.
Wat ons moet raak sien is dat dis tyd om weer boere te word en uit te find vir ons self wat dit beteken om een te wees. Onthou die laaste Boere regering was meer as 100 jaar gelede. apartheid was maar net 40 jaar van die afrikaaners se geskiedenis. Ons het ‘n langer geskiedenis as dit. Plus onthou julle wat jul ouers en hule ouers wil haat oor apartheid, Dit was ‘n britste stelsel wat ons net meer wette aan geplak het en vernoem het toe ons die Union verlaat het.
Instede dat ons almal saam staan, en weer trots vind en Boer word, luister ons vir die mense wat ons ondergang soek, ons maak dit maklik om oorwonne te wees. Teminste het die ou met die T-hemp i idea beet. Dis nie sy skuld dat niemand hom die volle meening van Boer wees wil leer nie. As hy uit draai dat hy die groot slegte rassis word wat julle hom nou uit maak, is dit meer julle skuld wat kenis gehad het en dit nie wou gee nie want…julle is soveel beter en soveel meer ingelig.
Ok, my storie is klaar … laat die hoer en remoer begin dan.
October 27, 2007 at 12:02 pm
Om Afrikaner en Boer te wees (vir my) beteken nie om ander se argwaan te ontketen nie. Die ou vlag het vir my ook sentimentele waarde, maar vir ander en ‘n baie groter deel van ons land as die Afrikaner, het dit pyn, leiding, diskriminasie ens beteken of ons dit nou wil glo / aanvaar of nie. DUS, as ek moet kies tussen ‘n kamptige ‘trots Boer/Afrikaner’ stelling maak deur so ‘n T-shirt te dra met die ou vlag op, of brue bou in die land en nie af breek nie, kies ek die laasgenoemde en basta met die ou vlag. Dis nie ‘n groot prys om te betaal nie en dis NIE te veel gevra nie en ek is NOGSTEEDS trots Boer en Afrikaner.
October 27, 2007 at 2:31 pm
Ek voel ‘n opvolg aan my broek…
October 27, 2007 at 7:16 pm
Ekke hou van Patricia Lewis en sommer van al my dierbare, mede-Boere/Afrikaners/Afrikaanses, my ou landsvlag, my mams, paps en Ouboet!
March 23, 2008 at 11:38 am
hi jul almal. dis gr8t om te sien ons afrikaanses kan darm nog redineer oor iets , ekt gedink ons is almal besig om in n skaapmentaliteit in te val.
Koos jy is n doring,bly om te sien daar is nog mans wat trots is op wie hulle is.
EN dan n vraagie, kan ek jul comments in my geskiedenis taak gebruik?
March 23, 2008 at 12:36 pm
vrystaat blom – Ek kan jou mos nie forseer om enigiets te doen nie
Haal gerus aan, maar give credit where credit’s due. As jy byvoorbeeld Cobus se standpunt wil gebruik, maak seker jou dosent / onderwyser weet dis Cobus s’n.
March 23, 2008 at 12:37 pm
(Ek sal graag die opstel wil lees as dit klaar is.)
March 24, 2008 at 1:10 am
johan, ek sal met graagte dit vir jou aan stuur. opstel is dit nie ,maar n voledige taak van sowat 3000 woorde. Ek wil jul comments gebruik in een van my onderafdelings waar ek die gevoel van verskillende mense wil uitdruk oor die ou en nuwe vlag.
April 3, 2008 at 6:22 pm
[...] van hulle op veralgemenings sal steun. Selfs ‘n jaar ná die (volgens statistieke) berugte Aan die twat met die vlag op sy t-hemp-inskrywing, raai ek mense sal nagenoeg dieselfde reaksies toon as iemand weer iets sê wat vir [...]
April 3, 2008 at 7:01 pm
Jislaaikit, maar julle kan darem ‘n klomp tjol praat. Almal weet Japan se vlag is die beste.
October 25, 2008 at 5:53 pm
hallo julle!
ek is uit Duitsland maar het n Suid.Afrikaanse Passport! Ek het afrikkans leer praat as ek was n paar weeke in SA, so julle moet asseblief nie lag oor my faute nie.
Ek will netnou n report oor SA hou, en ek will baie graag oor die liedtjie de la rey praat. Maar ek weet nie weerklig wat daar onder in Sa alles gebuir het nie. sal imand asseblief vir my will vertel wat daar angegaan het?