Anders as wat meeste mense glo, loer ek nie altyd onderlangs na kamera’s nie.
Kringfluit
February 25, 2007
Ek haat goeie romans, want dis onmoontlik om hulle neer te sit en aan te gaan met jou lewe. Goeie romans maak dat jy nie eet, kleedkamer toe gaan of opstaan om jou been (wat slaap) te verskuif nie. Dit steel jou aandag soos ‘n ontfutselde pornmovie ‘n skoolseun boei – en dis lekker. En as dit verby is, wens jy dit kan net so ‘n rukkie langer aanhou.
Damn jou, Vincent Pienaar. Damn jou.
Sensitiewe origheid
February 22, 2007Ek het vergeet om jou in te skryf
February 21, 2007“Nee, jy wil nie ‘n poppie wees nie – hulle het flos tussen die ore” – Marlene van Niekerk
Ek deel my kamer met ‘n hoop klere. Dis nie skaam om op die vloer te lê nie, so wanneer ek gaan slaap voeter ek dit op die blou matjie voor my koshuiskas neer. My hoop is nomadies. Soggens vroetel ek met my oë, ploeter na die kas en wend my hoop tot my bed. Dit los my kasdeur skoon, sodat ek daarin kan grawe vir nog klere om later by my hoop te voeg. My hoop groei. Dit praat nie baie nie, maar giggel soms as dit die wasgoedmandjie agter in my kas raaksien. Een keer het dit tot in my skoene gesak, toe versmoor die veters.
Mik
February 18, 2007As ‘n groot persentasie van die menslike liggaam uit water bestaan, hoekom wys waterwysers se mikstokkies nooit na hulleself nie?
Blohmmende wanopvattings
February 16, 2007Ek weet nooit lekker hoe om die vraag: “so – wat is jou gunsteling soort musiek?” te beantwoord nie. In die meeste gevalle wil ek skroomloos “rock” sê. Dit sukkel egter, omdat baie Suid-Afrikaners wat ek teekom se opvatting van rockmusiek nog steeds ‘n septiese kombinasie van blues en bekfluitjies is.
Rock is, in teenstelling met dit wat die Huisgenoot jou vertel, nie Jan Blohm nie. Rock is nie Piet Botha of Koos Kombuis nie. Rock is nie eers Valiant Swart, Johannes Kerkorrel of Anton Goosen nie. Hulle het elkeen ‘n welverdiende, unieke plek in die Afrikaanse musiekgeskiedenis, maar rockers is hulle nie. Om met ‘n bottel whiskey en ‘n slap sigaret kitaar te speel terwyl jy iterasies van pentatoniese toonlere kwyt raak, maak van jou ‘n blues-speler. Rock is, myns insiens, iets veel meer kragtiger. Iets soos:
Soms soek mense aandag. Sal jy armdruk vir ‘n foto van Riaan Cruywagen?
Voorskou
February 13, 2007(Nominasies vir die SA Blog Awards is nou oop.)
‘n Paar aande gelede het ek doodluiters in ‘n bossie voor Admin-A gepiepie. Niemand (behalwe ‘n goeie vriend wat kywie gehou het) het my gesien nie; in totale verlatenheid kon ek, met ‘n BP pie onder die blad, ‘n uitgelate straaltjie van tevredenheid na buite wend en verlig verder oor die rooiplein slenter. Die USBD was besig om ‘n klomp eerstejaars te roskam oor die riete wat hulle gesteel het (vermoedelik om perde à la die Simonsberg MET mee te bou) en kon nie minder getraak wees met my doen en late nie. Tewens, hulle het nie die vaagste benul gehad dat daar iewers ‘n nagraadse taalstudent besig was om die burokrasie se blombedding nat te lei nie.
Word vervolg
Wanneer ses te min is
February 10, 2007Ek staan oor sewe ure op om verskeie beskeie bydraes te lewer tot die skiet van Kaleidoskoop se heel eerste musiekvideo. Hiermee dus, net omdat ek kan, sewe redes hoekom elektriese kitare cool is:
1. Pick tapping
2. Sweep picking
3. Bends
4. Whammy bars
5. Eindelose vibrato-moontlikhede
6. Hammer-ons en pull-offs
7. Beheersde feedback

Posted by Johan Swarts
Posted by Johan Swarts 
Posted by Johan Swarts 











