Kazakstan se nasionale sport is boks. Myns insiens sal hulle veel meer internasionale aandag en buitelandse beleggings trek as dit verander word na dastrek. Stem jy saam? Lig vandag nog jou stem in die volgende opspraakwekkende meningspeiling(tm).
“De prijs voor die Franse steun was een huwelijk tussen Philips Willem en een Franse prinses, Eléonore de Bourbon. Aangezien Philips Willem aarzelde met het inlossen van zijn trouwbelofte, maakte Chesnaye hem enige tijd het leven zuur. In 1606 trouwde Philips Willem en nu kon hij ook een nieuwe gouvemeur benoemen, Grysperre, en de rechten van de katholieken volledig herstellen. Na klachten werd Grysperre vervangen door een andere gouvemeur, Croeser…Een eerste missie in 1628 leverde echter niets op, en tenslotte werd De Knuijt, een lid van de Haagse Domeinraad, gestuurd om het met geheime intriges en geweld te proberen.”
(Daar’s ‘n bug in omloop op WordPress – nuwe comments wys nie voordat ‘n nuwe inskrywing gemaak is nie. Hiermee dus ‘n post.)
Hierdie website gee my vlinders in die maag. (Of motte, as jy nog op laerskool is en in die grond rondkrap.) Lyk dit nie besonder onheilspellend nie? So asof tyd ‘n paar dekades vorentoe gedraai het en almal ‘n persoonlike slaaf kan koop…
Die pous besoek Turkye vandag in ‘n glaskas. Pallo Jordan is gelukkig nie op die toneel nie, so alle swart toeriste blyk veilig te wees.
Terwyl ek wag vir die gradeplegtigheid en die Helshoogte-Serruria jooltoer, hou ek myself besig met vakansiewerk by die DTNA-projek. Dit behels die proeflees van etlike geskandeerde Nederlandse argieftekste, ten einde hulle ellelange geskiedenis aanlyn te kry. (Nederlandse tiksters is glo vrek duur, so hulle gebruik Suid-Afrikaanse studente.) Ek het die mense by die Afrikaanse tak oortuig dat ek geeky genoeg is, so nou help ek hulle ook met die oorskakeling van rou data na XML.
Die voordeel van vervelige argiefmateriaal lees is dat jy op verskeie kostelike name en gebeure afkom. Ek speel op die oomblik met die idee om ‘n toneelstuk met ene Willem Wildbroek as hoofkarakter te skryf. Die motoriese moment sal natuurlik sy “verzoek van de regeerders van Zichem om bomen te mogen kappen in het bos” wees.
(Die ou in die foto se naam is Baruch Spinoza. Jy hoef nie te weet wie hy is nie, maar mense het destyds dinge oor sy belasting geskryf wat nagenoeg lyk soos die woorde waarmee ek nou werk. Check daai stralekrans…)
Soms droom ‘n mens dat jy saam met jou ouma en oupa op ‘n lughawe buite Kaapstad staan. Hulle het, soos wetenskaplikes, ‘n monster uit hulle destydse troukoek kom sny. (Net om te proe of dit nog eetbaar is. ‘n Mens moet proe of dit nog eetbaar is.) Tydens so ‘n droom is die kanse goed dat jy ‘n baie ou tannie met ‘n kitaar sal ontmoet, wat dink dat sy Bryan Adams is en jillend: “Back in the summer of SIXTY-NINETY-FIVE” bulk. Jy sal wonder wie haar leer tel het, wakker skrik en om geen spesifieke rede nie ‘n foto van jouself op jou eie blog post, besig om met die Serruria-Helshoogte venstersklankbaan voor Henno se rekenaar te peuter:
Eendag, sou ek ‘n dogtertjie hê en sy ‘n rockband begin, hoop ek dat sy dit Die Roomyskinders sal doop. (En omdat die hoop nie beskaam nie, sal sy daarop gaan sit en kwistig aan haar pen lek, totdat dit kan skryf – waarna sy in die hoop sal graveer soos dit haar behaag.) Snarse en vere sal in haar gemoed dobber en sy sal soos die wind wees.
En dit, my kind, is hoekom ek nie potlode koop nie.
My hare is te lank. Ek het dit gisteraand agtergekom toe Wessel foto’s van my en Naretha in ‘n MFM-studio geneem het, waar ons opnames gaan maak het vir volgende jaar se venstersklankbaan. Emo verby. Skêr, enigiemand?
Gepraat van opnames – ek het ‘n liedjie vir Werner Muller se tweede album geskryf. Hy gaan groot gaan daarmee en my vroeg laat aftree met die royalties. Ek weet dit sommer.
Volgens ‘n vorige meningspeiling raak 40% van hierdie blog se lesers emosioneel oor Annelie van Rooyen.
“Sien, dit word gemaak van kakaobone. Bone is mos groente. En dan is daar suiker by…suiker kom van suikerriet af…en melk……melk kom van koeie af. Nie dat ‘n mens hulle kan eet nie. Maar al hierdie dinge is goed vir jou, verstaan? So ek sien dit so – ‘n mens moet baie sjokolade eet.”
Ek kan nie mooi agterkom of sy ernstig is nie en gee nie eintlik nie om nie. My eksamen is verby.
‘n Groot deel van die bemeestering van enige stuk musiek behels dat jy kyk hoe ander musikante die betrokke note uitkarring. Kruisbestuiwing van idees is altyd prettig. (Ek onthou dae wat ek vir ure aaneen gesit en kyk het hoe Joe Satriani se vingers oor fretboards klief.)
Tussendeur Derrida en De Beauvior, wat ek vir Maandag se filosofievraestelle deurgaan, het ek op die volgende videotjie van Patrick Rondat afgekom. En het hierdie ou my mond laat oophang…
(‘n Nuwe meningspeiling is van stapel gestuur. Click gerus die regterkantste link om almal te laat weet wat jy wil wees as jy eendag groot word.)