Swanesang van ‘n flonkerende inkVis

fokofmatiemetfoto.jpgHopelik dra die linkerkantse resensie (click om te vergroot) by tot die huidige afwesigheid van diskoers oor Swanesang. Ek het ‘n voorgevoel dat party mense die josie in gaan wees oor my verwysings na Jesus en die skeppingsverhaal, maar dis nou maar een maal hoe tonge na kieste pilgrimeer en fonemiese parafrases hulleself bekeer. Dalk is daar oor twee weke ‘n paar interessante bydraes in die briewekolom.

(Ek het vandag ‘n pizzaskyf gekoop, maar daar was nie ‘n ertjie in nie.)

(Die Matie, 27 September 2006)

 

5 Responses to “Swanesang van ‘n flonkerende inkVis”

  1. Appel Says:

    Wel hiermee verbreek ek kan dan ons verlowing (al het biskop Tutu ons gemeenskap geseen op die voorblad van Die Burger vandag) om twee redes:
    1) Die kont-roversie rondom jou resensie
    2) Omdat jy nie oor daai bergie geblog het nie!

    Ek sal nou maar self moet. Bliksem

  2. Annelie Says:

    Dude – jammer ek het nie vroeër laat weet oor die opskrif wat verander het nie (ek haat eintlik daai cheezy verkorte weergawes van hulle naam, maar nou ja)…het ook eers vandag gehoor dat Shané die paragraaf oor Jesus wat saam met die musiek mosh uitgehaal het…en ja, ons het reeds ‘n klagte ontvang oor die eerste paragraaf…

  3. Johan Swarts Says:

    Score!

  4. “Kan jy jou idee van normaal by jou…” « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Ek tik hierdie inskrywing terwyl ek muesli en aarbeijogurt uit ‘n bierglas eet. Daar is ‘n handdoek om my lyf en El Tango De Roxanne (uit Moulin Rouge) blaas die ongejelde hare op my kop rond soos ‘n lappop in ‘n windtonnel. Fokofpolisiekar se Kaapstadse CD-launch is vanaand om 21:00 in Mercury Live – ek en Melanie gaan binnekort soos besetenes in kort rompies rondm0sh en nikotiendampe inasem. (Goed, ek mag dalk nie ‘n kort rompie dra nie. Maar ek gaan m0sh.) Die skryf van resensies het soms ‘n vreemde manier om skrywers van VIP-kaartjies te verskaf… [...]

  5. “Kan jy jou idee van normaal by jou…” | Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] inasem. (Goed, ek mag dalk nie ‘n kort rompie dra nie. Maar ek gaan m0sh.) Die skryf van resensies het soms ‘n vreemde manier om skrywers van VIP-kaartjies te [...]

Leave a Reply