Die superster in jou

tannie-patricia.jpgSlaan my met ‘n aambeeld en noem my ‘n backtrack. Ek het gister, uit pure verveeldheid, die televisie aangeskakel – Patricia Lewis se Supersterre 2 was op. Dis amper soos Idols, met die verskil dat deelnemers in Afrikaans moet sing. (Goed, dalk nie “sing” nie. Hulle maak geluide.) Elke deelnemer ontvang gratis sangonderrig by ‘n reeds bekende, Suid-Afrikaanse superster. Die eindproduk is dan iets soos: “Gé Korsten onderrig vir deelnemer X en ding mee teen Jan de Wet, wat vir deelnemer Y bearbei het.” Ingewikkeld.

Die beoordelaars, onder wie Niekie van den Berg en Theuns Jordaan, luister na deelnemers se gekose liedjies en komplimenteer hulle daarop. (Ek het in die loop van die hele program nie één negatiewe opmerking gehoor nie.) Komplimente klink rofweg as volg: “Jy het die superster in jou…en jy het die liedjie joune gemaak! Die kamera loooove jou absoluut en jy’s amazing – jy het ‘n toekoms!”

Wat ons natuurlik met ‘n paar ingewikkelde, filosofiese vrae laat. Wat is ‘n innerlike superster? Doen dit stamselnavorsing? Red dit die walvisse? Kan ‘n mens dit melk? En hoekom wil enigiemand dit vry laat? Hmm…

12 Responses to “Die superster in jou”

  1. plompie Says:

    ek en leani het gisteraand oor min of meer dieselfde ding gewonder toe ons dit op tv sien. hoeveel van dié programme gaan nog hulle verskyning maak en naïewe jongmense laat glo dat hulle vir die sangbedryf geskep is?? daar’s vir seker ‘n paar van daai wat ‘n mens sal kan melk… en die enigste walvis wat gered kan word sal dalk die innerlike superster wees… as dit nie alreeds te laat is en hulle vrygelaat is deur patricia en haar span nie!

  2. Leani Says:

    Ja-Nee! So gaan ons almal sing-sing deur die lewe…sommiges net meer van die noot af as ander!! Gun hulle maar hulle pret (dalk is dit die arme popsterre se enigste vermaak!) :)

  3. Kobus Ehlers Says:

    Hah – en hier dog ek dis net ek wat besig is om in my siniese bestaan te verval. Ek het deur die hele program gesit en histeries giggel terwyl en naar voel oor (veral die “manlike”) deelnemers. Dit is regtig tragies – en om alles te kroon probeer NIEKIE snaaks wees en sit Danny K (ek het baie geleer) in die agtergrond en maak sulke oplig bewegings met sy hande.

    Sjoe – ek onthou nou hoekom ek nie TV mis by die koshuis nie.

  4. Appel Says:

    Ek onthou nou hoekom ek nie TV kyk nie – op ‘n Vrydagaand nie.

  5. Piet Says:

    Vyftig randjies vir elke ster en ‘n bonus as hulle die Leeuloop kan doen.

  6. Frikkie Says:

    hey f0k0f

    Patricia is n babe

  7. carel Says:

    Dalk moet ek meer TV begin kyk, maar ek was die naweek by die huis, en toe vir die eerste keer, het ek die show gesien op TV (het al gehoor daarvan, maar nie regtig omgegee nie).

    Anyway, wat ek eintlik wil se is…hulle klank is way beter as idols s’n (of altans die een episode wat ekgekyk het).

    Verder is dit ook nogals impressive hoeveel celebs sy op haar show kon kry.

    Maar nou ja.

  8. Melanie du Toit Says:

    EK is, glad nie teen my spyt, ‘n kolosale aanhanger van Patricia Lewis…

    Sy het ‘n goeie hart (wat tien teen een flashpoints pomp) en dis seker al rede sy vir skobbejakke soos Randal Abrahams en die gesogde Simon Cowell wou wys dat jy eerder oneerlik moet wees om mense se gevoelens te spaar as wat jy haat en onselfversekerheid in hulle vas ets…

    liefde
    Patricia se #1 fan

  9. RITA VAN DER MERWE Says:

    Hi

    ek hoop daar is iemant wat my email lees ek het n wonderlike man ontmoet ons is n maand terug getrou, met n fantastiese stem.
    Ek het al aan al die kunstenaars email gestuur maar niemant kom terug na my toe nie
    Ek wil net weet of daar iemant is wat hom kan help en bevorder met sy talent
    Asb ek is baie lief vir hom en wil net die beste gee en al my ondersteuning gee vir sy sang loopbaan

  10. Ruzelda Says:

    Ruzelda gee raattt:
    Liewe Rita,
    Ek verneem dit verrig wonderde vir ‘n man se stem om elke dag ‘n koppie uiesap warm te gorrel en dit daarna in te sluk. Dalk kan jy dit vir jou man (julle is ‘n maand terug getrou, met ‘n fantastiese stem) aanbeveel.

  11. Johan Swarts Says:

    Jy moet sooo ‘n blog begin…

  12. H.O.L.D Says:

    Ek wil net se…

    Ek IS Patricia Lewis se No #1 fan! Sys AMAZING!!!!!!!
    Supersterre is ‘n GROOT sukses, en ek was nog nooit so trots op haar nie!!!!!!!
    HOU SO AAN PATRICIA!!!

    H.O.L.D

Leave a Reply