Prim en P(r)opper

Helshoogte het vanmiddag primsirkus gehou en ek het gestaan. As grapkandidaat. Ek en Henno het ‘n hele bemarkingsveldtog vir my geloods met plakkate, slagspreuke en RealPopUp netwerkboodskappe. Tydens die sirkus (in die eetsaal) het ek ‘n entrance gemaak, my donkerbril reggeskuif en losgebrand op die koshuis met ‘n rasende elektriese kitaarsolo, wat dan ook as my beleidsverklaring gedien het. (Ons het ‘n ekstra speaker aan my amp verbind vir optimale geraasvlakke. En het ek geraas…) Die res van die sirkus was pret – terwyl die ander twee (baie kapabale) kandidate gesweet en strategiese antwoorde probeer formuleer het, het ek rustig op ‘n stoel gesit en die mees lukrake repliek moontlik op die koshuis se vrae verskaf. (Die toekomstige onderprimarius sal byvoorbeeld in my yskas woon en lewe op Klippies en Cola.) Inwoners stem op hierdie oomblik aanlyn op die koshuis se webblad. Die nuwe primarius se naam word binnekort bekendgemaak; ek het egter ‘n vreemde vermoede dat dit nie ek sal wees nie…

prim_klein.jpg

6 Responses to “Prim en P(r)opper”

  1. Appel Says:

    Afwesige kondoom-dispensers.
    Lyk my Die Matie het tog goeie werk verrig hierdie jaar.

  2. Johan Swarts Says:

    Voorwaar – ek haal my rockstarrish donkerbril vir julle af.

  3. jakie Says:

    Jammer oor jou yskas en kondome. Hoes daai vir koel kop bly!

  4. Kobus Ehlers Says:

    Hah – indrukwekkende beleidsverklaring. Tog raar dat iemand so skerpsnydend hul vinger (sic) op studente se diepste behoeftes (begeertes?) kan plaas.

    Jou negatiewe uitkyk op die resultate bekommer my egter. Laat weet as ek die resultate moet laat verander ;-)

    (Ons moes jou gekontrakteer het vir opwinding in die SR-verkiesingstyd… mens leer ook maar stadig)

  5. Stem « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Vanmiddag was primsirkus1. Ek beskou myself as ‘n gedugte grapkandidaat en het, soos verlede jaar, ‘n tweeledige beleidsverklaring gelewer. My buurman en sy kamera was regstreeks op die [...]

  6. Stem | Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] 15, 2007 Vanmiddag was primsirkus1. Ek beskou myself as ‘n gedugte grapkandidaat en het, soos verlede jaar, ‘n tweeledige beleidsverklaring gelewer. My buurman en sy kamera was regstreeks op die [...]

Leave a Reply