Das Man

foto-trek.jpg‘n Televisie-advertensie het my vanoggend oortuig om vandag my ou skooldas te dra, ter nagedagtenis aan diegene wat gesterf het tydens die destydse debakel oor skoolonderrig in Afrikaans. Dit, gepaard met ‘n berig in vandag se Burger, het my vir ‘n paar oomblikke met heimwee laat terugdink aan my skooldae. Ek wil dit nou nie juis gaan staan en herhaal nie, maar daar dryf nogtans ‘n hele paar goeie herinneringe van my sekondêre onderrigfase in my geheue rond.

Een van die prettige akwititeite waarmee ek en ‘n paar vriende onsself mee besig gehou het, was die onderlangse gepluk van mekaar se dasse. (Ons het ook gereeld ander skoliere natgespuit met groot, rooi brandslange, maar dis ‘n ander storie.) Die bostaande foto wys hoe Walter Cloete (regs) en die legendariese Christiaan Brand (nie regs nie) sake uitspook vir totale das-dominasie.

Wat my laat wonder: kan die regering nie eerder 16 Junie as nasionale Dastrekdag verklaar nie? Dit sal soveel meer vir ons land se ekonomie beteken as die massale hoop toesprake wat jaarliks op Jeugdag gelewer word. Ek meen, dis nie asof die mense wakkerbly tydens regeringsamptenare se voorgeleesde betoë nie en tyd, soos ons almal weet, is geld. Waar het jy nou al iemand gesien wat bewus is van tyd terwyl hy droom? Hmm?

17 Responses to “Das Man”

  1. Anna Morf Says:

    [pen vervaard haar (obskure) handtekening met haar nie-regterhand neer op die abstrakte petisielys en loer afwagtend rond]

  2. Rôsa met haar skoot vol Mos[a] Says:

    Gepraat van dasse en ander redelik nuttelose dog durabele bybehore – ek het vanoggend wakker geword van ‘n hemelse stem wat in my droom uitroep:
    “Push-up bra’s is soos ‘n lang sin met baie leestekens, maar sonder ‘n punt…dit het nie ‘n punt nie”
    Dit was volkome irrelevant in my droom ook.

  3. Dr Harold Lesch Says:

    Wat gaan daar op die bord aan? Kan mevrou…[loer]…Morf…ons asseblief help? Mevrou A Morf?

    …mevrou?

  4. Benepe Kriek Says:

    [kriek-kriek]

  5. Christiaan Brand [Legende] Says:

    Ek wil darem net ook my dankbetuiging betoon aan pragtige bekendstelling van hierdie internasionale sport. Mag DasTrek[tm] binnekort die sondagmiddag rondjae van karrietjies op SAUK3 vervang.

  6. Walter Says:

    Ek sien die brandweermanne van New York het in Berlyn teen die plaaslike brandweermanne gaan sokker speel. Hulle se alle brandweermanne is broers… of so iets…

    As ek eendag groot is wil ek ‘n brandweerman wees. Want wil in Berlyn gaan dastrek. Asseblief omie mag ek?

    Oh, in die lig van die onlangse Jeugdagvieringe moet julle Johan nie te ernstig opneem as hy sê ek is Regs nie.

  7. Max Kleynhans Says:

    Dit is nou darem nie altemit nie.

  8. daai andEr ou (Stefaan) Says:

    hmmm klomp drekkers…

  9. Jacques Says:

    Dis hoekom ek NIE das dra nie!!!

  10. Johan Swarts se bl0g » Blog Archive » Middernag Says:

    [...] Vandag was Nasionale Vrouedag. Alhoewel nie so gewild soos Nasionale Dastrekdag nie, het dit my tog die geleentheid gegee om baie kitaar te oefen; ek sou saam met Ruzelda in Serruria se sitkamer aan Joe Satriani se Midnight geskaaf het, maar sy moes kop uittrek weens omstandighede buite haar beheer. (As jy ‘n wrok teen eiename koester, vra ek nederig om verskoning vir die vorige sin.) Weens hierdie skielike gebrek aan aktiwiteit het ek oorgenoeg tyd gehad om Midnight perfek te leer speel in die afsondering van my kamer – en met perfek bedoel ek dat dit presies klink soos Saint Joe dit op die onderstaande video speel…  [...]

  11. shon Says:

    Mark this point.

    I think this article was interest for you.

  12. DAS « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Kazakstan se nasionale sport is boks. Moet dit na dastrek verander word? Lig jou stem – neem vandag nog deel aan die volgende opspraakwekkende meningspeiling(tm). [...]

  13. Blus « Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Dit was 2001. Christiaan Brand, dastrekker van formaat, wou nog altyd ‘n brandblusser leegspuit. Dit was sy droom. Toe, een fatale [...]

  14. Bulletjie Says:

    hmmm

  15. Middernag | Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Johan Swarts • August 10, 2006 Vandag was Nasionale Vrouedag. Alhoewel nie so gewild soos Nasionale Dastrekdag nie, het dit my tog die geleentheid gegee om baie kitaar te oefen. Ek sou saam met Ruzelda in [...]

  16. Verligting | Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] sal hulle veel meer internasionale aandag en buitelandse beleggings trek as dit verander word na dastrek. Stem jy saam? Lig vandag nog jou stem in die volgende opspraakwekkende meningspeiling(tm). [...]

  17. Blus | Johan Swarts se bl0g Says:

    [...] Johan Swarts • March 14, 2007 Dit was 2001. Christiaan Brand, dastrekker van formaat, wou nog altyd ‘n brandblusser leegspuit. Dit was sy droom. Toe, een fatale [...]

Leave a Reply