‘n Mens kom tot vreemde insigte wanneer jy ledig by jou heimat lê en muf. Ek het ‘n uur gelede ontdek presies hoé aaklig die ou omies van Metallica se album “Saint Anger” nou eintlik is. (My hardeskyf is soos my ma se Bybel…elke keer iets nuut…) Dit klink soos daai avant garde, offbeat punk waar die kitare so modderig soos New Orleans se teerpaaie en Lars Ulrich se snaredrum so oorbodig soos die metafore in hierdie sin is.
Nodeloos om te sê het ek dit summier afgevee…











June 13, 2006 at 9:48 pm |
Profoundly diep my ou…
Jy bly nou maar een maal ‘n skrywer..
PS. Ek sal nou in ‘n plassie gaan rondsplotter in ‘n vrugtelose poging om
myself weer tot op ‘n laer intellektuele vlak te laat daal. Die hoë woordeskat en gesofistikeerde sinskonstruksie het ‘n babelse verwarring van bombastiese proporsies in my brein veroorsaak…
June 14, 2006 at 11:57 am |
Wat sê julle????????????
June 15, 2006 at 11:17 pm |
Sodra ek klaar my oë ontgin het sal ek miskien ‘n deegliker persverklaring
uitreik rakende die betrokke aangeleentheid.
Ek waardeer u geduld.
Walter Cloete
(0wner 3xtraordinaire)
June 18, 2006 at 12:35 am |
hmm…